Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jou Bron Van Krag 20.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 18:33,34 God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. (NLV)  Ek het onlangs 'n vooraanstaande sielkundige hoor praat oor hoe die kos wat ons eet ons luim kan verander. Deesdae eet baie mense sommer gemorskos in plaas van voedsame kos wat hulle krag sal gee en hulle beter sal laat voel. ...

Struikel, Maar Moenie Val Nie 19.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.  Enigiemand wat al ooit probeer het om gewig te verloor (ek dink dit is deesdae omtrent 90% van die bevolking) sal daardie verskriklike gevoel wanneer jy voor die versoeking swig, maar al te goed ken – daardie onbeteuelbar...

Volmaakte Vreugde 18.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 28:7 Die Hereis my sterkte en my skild; my hart het op hom vertrou, en ek is gehelp; daarom is my hart baie bly; en met my lied sal ek Hom loof. (CAB23)  Daar kom telkens 'n tyd wanneer ons 'n groot geloofsprong moet neem. En op daardie oomblik wat jou voete in die lug is, met niks solied onder jou nie, kan jou emosies maklik die oorhand kry. Jy weet hoe dit voel,...

So Wonderlik 17.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 23:6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.  Is dit nie wonderlik wanneer iemand onverwags vriendelik teenoor jou is nie? Wanneer iemand uit die bloute iets vir jou doen wat jy nie verwag het nie? Maar ek wil jou nou van iets nog beter vertel. So, wat kan beter wees as 'n daad van onverwagte vr...

Hoe Om Die Wêreld te Verander 16.02.2025

Send us Fan Mail Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)  As jy die wêreld kon verander, wat sou jy verander? Ek sou graag 'n einde aan alle oorloë wou maak. Ek sou ook wil sien dat mense van verslawing, uitbuiting of misbruik gered word. Daarby sou ek wil hê dat almal toega...

As Hulle Hulself Net Wou Gedra 15.02.2025

Send us Fan Mail 1 Johannes 5:18-19 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie. Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê  Mense gedra hulle dikwels baie sleg en hulle neem nie in ag wat die impak van wat hulle sê of...

Onderbenute Vryheid 14.02.2025

Send us Fan Mail Fillipense1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV)  Het jy opgelet hoe moeilik dit word om jou mening te lug; om met vrymoedi...

Word Vrygemaak 13.02.2025

Send us Fan Mail Filipense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.  Daar kom 'n tyd vir ons almal wanneer ons voel asof ons op dieselfde ou plek vasgevang is, in daardie selfde ou groef. Niks verander ooit nie. Jy staan botstil. Jy beweeg nie vorentoe na die nuwe dinge waarvan jy droom nie. Dit kan vir ander mense lyk asof jou omstandighede absoluut perfek is –  jy’t 'n g...

Raaisels van die Lewe 12.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.  Die lewe kan 'n raaisel wees, veral as jy aan die toekoms dink. Wat hou die toekoms in? Hoe gaan dit afloop ? Ons hoop almal op 'n blink toekoms. Al is dinge vandag dalk donker of somber … sal dit sekerlik môre 'n helder, sonnige dag wees. Daardie hoop op 'n blink toekoms bestaan in elke...

Ontdek Potensiaal 11.02.2025

Send us Fan Mail Filipense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,  Verantwoordelikhede, druk en pligte voel asof hulle ons wil vasdruk en verswelg. Ja, dis die werk, die kinders, die huishouding … Ek mo...

Die Boek van Vreugde 10.02.2025

Send us Fan Mail Filipense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Kan ek jou vra om al die dinge wat jou gedagtes besighou – die druk, die verantwoordelikhede, die stryd, die dinge wat jou frustreer – af te skakel en om in jou verbeelding saam met my op reis te gaan? Ek wil hê jy moet jou verbeel dat jy in hierdie oomblik met 'n vreugde gevul kan word wat eenvoudig nie in woord...

Vertrou op God 09.02.2025

Send us Fan Mail Spreuke3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.  Dis nie maklik om dapper te wees wanneer jy benoud voel nie. Trouens, dapperheid is basies om, ten spyte van die vrees, te doen wat jy moet doen. Maar dit word baie makliker as jy selfvertroue het. Die vraag is, hoe kry jy dit? W...

Net God Weet 08.02.2025

Send us Fan Mail Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”  Het iemand jou al tot die dood toe verveel deur vir jou iets in soveel detail te vertel dat jy kon slange vang? Op 'n stadium … het jy totaal alle belangstelling v...

Die Maklike of die Moeilike Pad 07.02.2025

Send us Fan Mail Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.  Weet jy, ek vind daar is twee maniere om mense in ons lewens, veral die moeiliker, die meer iesegrimmiges te hanteer. Die moeilike of die makl...

God is in Jou Midde 06.02.2025

Send us Fan Mail Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:  Of dit nou reg of verkeerd is, mense doen slegte dinge aan ons. Of dit reg of verkeerd is, slegte goed gebeur. Reg of verkeerd (en, kom ons erken dit, meer verkeerd as reg) ons reageer nie altyd so goed nie, of hoe? Die druk van...

Jou Beloning vir Jou Opregtheid 05.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 18:20-21 Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld.  Dit klink mos maklik om dít te doen, wat ons voor ons siel weet die regte ding is om te doen. Maar, as ons eerlik met onsself is, kan dit party dae baie uitdagend wees … veral as jy onder druk verkeer, of as die een of ander idioot jou nog kom ontstel ook.....

Skyn Jou Lig 04.02.2025

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.  Ek het die idee dat daar twee soorte mense in hierdie wêreld is – energiegewers en energienemers. Diegen...

Uiteindelik is daar Vryheid 03.02.2025

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.  Vryheid. Daar’s nou 'n woord waarvan ons almal hou ... tog beteken dit verskillende dinge vir verskillende mense op verskillende tye in hul lewens. Ek wonder, wat beteken dit vir jou, hier waar ons nou gesels? Is daar iets waarvan jy vrygemaak wil word? Wat is dit? Die re...

Jesus se Blydskap (3) 02.02.2025

Send us Fan Mail Lukas 15:8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor ee...

Jesus se Blydskap(2) 01.02.2025

Send us Fan Mail Lukas 15:1-7 Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en neg...

Jesus se Blydskap (1) 31.01.2025

Send us Fan Mail Hebreërs 12:2 ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! (NLV)  As ek jou sou vra: "Wil jy vreugde in jou lewe ervaar?" E...

‘n Uitverkore Volk 30.01.2025

Send us Fan Mail Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees  Stel jou voor jy kan die horlosie terugdraai en die vele foute wat jy, net soos ek, in jou lewe gemaak het, ongedaan maak. Wat sou jy verander? Wat sou jy anders doen ... as jy kon oor begin? Die slegte nuus is dat ons nie die...

‘n Spesiale Dag 29.01.2025

Send us Fan Mail   Eksodus 12:14,17 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier. … “Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte bevry het. Julle en julle nageslagte moet...

‘n Ander Perspektief op Paasfees 28.01.2025

Send us Fan Mail Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.  Deu...

Die Swaarkry van die Mensdom 27.01.2025

Send us Fan Mail Eksodus 3:7-8 Die Here sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is ’n land met oorgenoeg kos. (NLV)  As jy n...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.