Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Niks Meer Word Vereis Nie 17.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 19:28-30 28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring! Toe het Hy sy kop vooroor laat sak...

Streef na Dié Drie Dinge 16.03.2025

Send us Fan Mail Spreuke 11:3 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.  Ons word so maklik beïndruk deur die sukses van ander mense. Dink nou aan suksesvolle mense soos die sakeman en belegger Warren Buffet. Hy is gebore in ‘n onnoemenswaardige stad, Omaha, Nebraska. Maar weet jy, hy besit tans sowat 140 miljard Amerikaanse dollar,...

Hoe Om Mense te Behandel 15.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.  Die meeste van ons kom seker daagliks met 'n hele paar mense in aanraking. By die werk, by die huis, wanneer ons openbare vervoer gebruik, op die paaie, in die winkelsentrum... Selfs wanneer jy alleen is, dink jy beslis...

Moenie die Stelsel Blameer Nie 14.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”  Weet jy, ons dink nie te dikwels daaraan nie, maar die wêreld – my wêreld en jou wêreld – word oorheers deur mensgemaakte stelsels. Ekonomiese stelsels, politieke stelsels, sosiale stelsels, gesondhe...

Moenie Leuens Vertel Nie 13.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.  Ek wil nie soos...

Is jy Gek? 12.03.2025

Send us Fan Mail Matteus 7:13-14 “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”  Dit is nooit 'n lekker gevoel om die swaan in die eendedam te wees nie; die een wat nie inpas nie. Hoe laat dit jou voel, as jy d...

Die Aanklag en die Verdediging 11.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  Ek probeer my soms indink in...

Daar is Geen Kortpad Nie 10.03.2025

Send us Fan Mail 1 Samuel 16:13 Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, neem Samuel die olie wat hy saamgebring het en gooi dit uit op Dawid se kop. Van toe af het die Gees van die Here kragtig in hom gewerk. (NLV)  Ek dink nie daar is een van ons wat nie graag 'n kits-sukses wou gewees het nie. Ag man, kan ons tog nie maar asseblief tog net van die vervelige harde werk wegkom nie? Wat dit...

Die Tyd Stap Aan 09.03.2025

Send us Fan Mail Psalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.  Tyd staan nie stil nie. Dis ‘n feit wat ons nooit kan betwyfel nie. Ja, my vriend, eendag sal ons horlosie op hierdie aarde ophou tik. Permanent. Het jy opgelet hoeveel van die akteurs wat jy ‘n paar jaar g...

Die Gyselaarsonderhandeling 08.03.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:18-19 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV)  Die idee om gyselaar geneem te word, is een van die vr...

Dit is Waarvoor ons Bid (3) 07.03.2025

Send us Fan Mail Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy won...

Dit is Waarvoor ons Bid (2) 06.03.2025

Send us Fan Mail Kolossense 1:9-10 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.  Die verskil tussen...

Dit is waarvoor ons Bid (1) 05.03.2025

Send us Fan Mail Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,  Dit is baie raar dat enigiemand, ongeag of hulle gelowig is of nie, sal nee dankie sê as iemand aanbied om vir hulle te bid. Dit gebeur af en toe, maar die meeste mense...

God se Modus Operandi (2) 04.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 20:21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”  Mag ek jou vra, wat is jou missie in die lewe? Wat wil jy doen sodat jou lewe op die ou end, 'n lewe sal wees wat ‘n betekenisvolle impak gemaak het; 'n lewe wat nie vermors was nie? Ek kan eenvoudig nie aan 'n slegter uitkoms dink, as wanneer ‘n persoon aan...

God se Modus Operandi (1) 03.03.2025

Send us Fan Mail Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.  Daar is twee tipes mense in hierdie wêreld – dié wat praat oor die dinge wat hulle gaan doen...

Die Euwel van Selfverheffing 02.03.2025

Send us Fan Mail Lukas 14:7-11 Toe Jesus sien dat almal wat na die ete genooi was, naby die kop van die tafel probeer sit, het Hy hulle hierdie raad gegee: “As julle na ’n bruilof genooi word, moenie altyd die beste plek uitsoek nie. Wat as daar iemand belangriker as jy ook genooi is? Die gasheer sal sê: ‘Laat hierdie persoon asseblief hier sit.’ Dan sal jy met ’n rooi gesig opnuut moet plek soek...

As Ek Maar Net Geluister Het 01.03.2025

Send us Fan Mail Jesaja 48:17-18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos 'n rivier, soos die golwe van die see.  Sê my, as jy terugkyk oor jou lewe, hoeveel keer het ‘n o...

Stop en Word Stil 28.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” (NLV)  Konflik is een van daardie dinge wat ons almal eerder wil vermy. Maar ongelukkig is dit dikwels óns wat die probleme veroorsaak; ons eie gedagtes; ons woorde en aksies, wat die konflik wat ons probeer vermy het, aanblaas. So, waarmee stoei jy op die oomblik? Watte...

Bly Stil 27.02.2025

Send us Fan Mail Spreuke 21:23 Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid. (NLV)  Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat woede-uitbarstings geweldig baie skade aan jou liggaam, veral aan jou hart, kan aanrig. Ons weet intuïtief dat ons emosies en die metabolisme van ons organe inherent gekoppel is. Dit behoort dus nie 'n verrassing te wees dat woede ongelo...

Oorwin Reuse 26.02.2025

Send us Fan Mail 2 Samuel 11: 2,3 Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou. Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”  Sukses is 'n onberekenbare ding. Jy kan vir die mense rondom jou na &apos...

Geloof is Nie ‘n Emosie Nie 25.02.2025

Send us Fan Mail Matteus 4:1-4 Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘’n Mens het...

Kom Huis toe 24.02.2025

Send us Fan Mail Lukas 15:17-20 “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde wer...

Loof die Here! 23.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 147:1-5 Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys. Die Here herbou Jerusalem en versamel bannelinge van Israel. Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. (NLV)  Wel, dit is Sondag, so, wat is jou planne? Toe...

Altyd Getrou 22.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 138:8 Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)  Ek het onlangs op 'n belaglike artikel afgekom waarin 'n vrou die voordele van 'n oop huwelik ophemel. Dit is blykbaar 'n huwelik waar sy en haar man albei vry is om met ander mense uit te gaan en saam te slaap! Mense i...

Beskerming en Seën 21.02.2025

Send us Fan Mail Psalm 84:12 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.  Die meeste mans hou daarvan om hulle gesinne gelukkig te maak: hul vrou, hul kinders en in my geval, ook my kleinkinders. Dit is net so 'n plesier om diegene te kan seën vir wie ons die liefste is. Maar daar is iets anders wat mans ook graag...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.