Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
In die Skadu van die Allerhoogste 11.04.2025 2:47
Send us Fan Mail Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Dit lyk deesdae asof die wêreld permanent op die rand van die een of ander groot ramp is. Of dit die Koue Oorlog van die vorige eeu is, waar Rusland en Amerika mekaar gedreig het dat hulle duisende...
Stop Vloeke van die Voorgeslag 10.04.2025 3:13
Send us Fan Mail Johannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. He...
Moenie Jou Geloof gebruik as verskoning vir Aggressie Nie 09.04.2025 3:01
Send us Fan Mail Sagaria 7:9-10 So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; moenie bose planne teen mekaar bedink nie. As daar wel 'n God in die hemel is, wil jy sekerlik hê dat Hy 'n God van liefde, 'n God van geregtigheid en 'n God van h...
Die Here is Getrou 08.04.2025 3:02
Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV) Dit is maklik om so baie dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Neem byvoorbeeld jou vyf sintuie – reuk, smaak, sig, tas en gehoor. Stel jou voor as jy een daarvan verloor het. Of beter nog: stel jou voor dat jy twee daarvan verloor het - kom ons sê: sig en gehoor. Ewe skielik is jy...
Net Omdat Jy Kán … 07.04.2025 2:50
Send us Fan Mail Spreuke 12:18 Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woord bring eerder genesing. (NLV) Dit lyk vir my of daar twee kategorieë mense in hierdie wêreld is. Diegene wat slim genoeg is om stil te bly en om hulleself te gedra wanneer iets onverwags gebeur. En diegene wat nie kan briek aandraai nie, wat dikwels, tot hul eie nadeel, die eerste ding wat in hul kop...
Smag na Meer 06.04.2025 3:16
Send us Fan Mail 1 Petrus 2;2-3 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is. (NLV) Wanneer jy terugstaan en daaroor nadink, besef jy dat dit ‘n enorme groot belegging is wat ons in ons kin...
Op die Skouers van Reuse 05.04.2025 2:59
Send us Fan Mail Levitikus 19:32 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here. Hoe ouer ek word – en ek is nou nie eintlik so oud nie – hoe meer besef ek hoe noodsaaklik dit is om ons voorgeslag te respekteer en te eer. Daar is iets wat binne-in jou hart gebeur, wanneer jy besef dat die suksesse wat jy in die lewe behaal het, nie aan jo...
Droog die Trane Af 04.04.2025 2:56
Send us Fan Mail Jeremia 31:16-17 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom. Dit is 'n wrede feit van die lewe: jy kan jouself afsloof en jou heel beste lewe...
Onsekerheid en Hoop 03.04.2025 2:53
Send us Fan Mail Prediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is. Terwyl ons aan die toekoms dink, bevind ons onsself in ietwat van 'n dilemma. Aan die een kant smag ons na sekerheid. Ons wil regtig weet hoe dinge vir ons gaan verloop. Maar aan d...
‘n Onveranderbare Lewensbeginsel 02.04.2025 2:56
Send us Fan Mail Spreuke 11:25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Sekere natuurwette is onveranderbaar. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer; hoe hard jy op hulle skree en skree nie, of wat jy ook al doen nie, hulle sal nie buig nie, hulle sal nie verander nie. Op 5 Julie 1687 het die fisikus en wiskundige, Isaac...
Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid 01.04.2025 2:49
Send us Fan Mail Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV) Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie …...
Onverdiend, Onbeperk 31.03.2025 2:50
Send us Fan Mail Efesiërs1:7-8 Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. Daar is twee soorte vergifnis in hierdie wêreld. Die eerste soort is die een wat jy ontvang wanneer jy jou fout regstel. Maar dan is daar die vergifnis wat vryelik gegee word, ten spyte van die fe...
‘n Nuwerwetse Ingesteldheid 30.03.2025 2:59
Send us Fan Mail 1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV) Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, ka...
Daar is ‘Wysheid’...Maar dan is daar Wysheid! 29.03.2025 3:10
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 3:18-20 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,” en op 'n ander plek: “Die Here ken d...
Wanneer Jou Self-Help-Plannetjies Misluk 28.03.2025 2:50
Send us Fan Mail Jakobus 1:13-15 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. Gister het ons...
Leef ‘n Oorwinningslewe 27.03.2025 2:49
Send us Fan Mail Kolossense 1:5-6 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die...
Bereik Jou Volle Potensiaal 26.03.2025 2:31
Send us Fan Mail Markus 6:7-8,12-13 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie...
‘n Splinternuwe Perspektief 25.03.2025 2:39
Send us Fan Mail Markus 6:7-9 Hy het sy twaalf dissipels nadergeroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. (NLV) Voel jy soms asof jy nooit die pyp sal kan rook nie? Tensy jy toevallig fenominaal talentvol, ryk en goed ge...
Daar Is Gevolge 24.03.2025 3:08
Send us Fan Mail Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Die meeste van ons wil die vryheid hê ons eie keuses te maak en om ons eie begeertes te vervul. Alhoewel ons omstandighede ongetwyfeld baie van mekaar verskil, verstaan ons dit almal. Maar so ‘n selfsugtige leefstyl het onvermydelike gevolge. Vir byna 50...
Opregte Liefde 23.03.2025 2:56
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:22 Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning. (NLV) Soveel van die venynigheid wat ons deesdae rondom ons beleef, spruit uit 'n diepgesetelde, trotse oortuiging dat "ek die enigst...
Die Lewe Is Kosbaar 22.03.2025 2:52
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Die lewe is kosbaar. Die waarde van 'n enkele menslike lewe is onberekenbaar … tog sal die bose mense in hierdie wêreld nie skuldig voel oor die honderde duisende lewens wat hulle vir selfs die kleinste persoonlike gewin, vernietig nie. Ek het an...
Hoe het jy Gereageer? 21.03.2025 2:53
Send us Fan Mail Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Hoe sal jy voel teenoor iemand wat so 'n groot opoffering gemaak het dat jy jou lewe aan dié persoon verskuldig is? Komaan, dink hoe dit jou sal laat voel? Die eerste suksesvolle nieroorplanting het in1954 plaasgevind. Dr....
Uit Genade Gered 20.03.2025 2:34
Send us Fan Mail Efesiërs 2:8-9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Ek is 'n groot voorstander van mense wat vasberade is en verantwoordelikheid vir hul dade neem. Mense wat skoonmaak en opruim waar...
God se Goedheid 19.03.2025 2:59
Send us Fan Mail Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks k...
Ongewone Genade 18.03.2025 2:45
Send us Fan Mail Efesiërs 2:4-6 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, Ons sal waarskynlik almal graag bekend wil staan as ‘n...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.