Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Dink Verder as Vandag 06.05.2025

Send us Fan Mail Filippense 3: 19 -21 Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge. Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor s...

God se Ontferming oor Jou 05.05.2025

Send us Fan Mail Psalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.  'n Sagte hart sal, wanneer dit iemand sien ly, daardie persoon se pyn ervaar asof dit sy eie is ... Maar, dink mooi - op watter stadium is dit geregverdigd om ‘n ander persoon se pyn so vir jouself aan te trek, dat dit gedeelde lyding word? Op verskillende tye van ons le...

Moenie Trots Word Nie 04.05.2025

Send us Fan Mail 2 Kronieke 26:15-16 Hy (Ussia) het in Jerusalem bedrewe manne gehad wat uitvindsels gemaak het waarmee pyle en groot klippe bo van die torings en die hoeke van die muur af geskiet kon word. Sy roem het ver en wyd versprei, want hy het wonderlike hulp ontvang en het só baie magtig geword. Maar toe hy magtig geword het, het hy ook hoogmoedig geword. Dit het tot sy ondergang gelei. H...

Moenie ‘n Onmiddellike Reaksie Verwag Nie 03.05.2025

Send us Fan Mail Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”  Jy kan vir ‘n KI-rekenaar 'n vraag vra, en binne enkele sekondes sal dit sulke deeglike navorsi...

Dink Mooi oor jou Besteding 02.05.2025

Send us Fan Mail Filippense 4:11-12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV)  Goed, vandag is die dag wat ek ‘...

Wanneer Jy Sukkel Om te Bid 01.05.2025

Send us Fan Mail Romeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.  Navorsing toon dat ten minste 'n miljard mense tydens d...

Kom Terug na die Ou Waterputte 30.04.2025

Send us Fan Mail Genesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee.  Daar is 'n neiging in hierdie hoogs-tegnies, vinnig-bewegende, KI-gedrewe wêreld waarin ons leef, om die wysheid van ons voorvaders (as ek so 'n outyds...

Wat ook al, Wanneer ook al, Waar ook al 29.04.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit...

Moenie Onsigbaar Wees Nie 28.04.2025

Send us Fan Mail Filippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV)  Hou jy daarvan om uit te staan in ‘n skare en raakgesien te word, of sal jy eerder net op die agtergrond bly? Dit is 'n interessante...

Die Tyd Vlieg Verby 27.04.2025

Send us Fan Mail Jakobus 4:13-14 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg.  Stel jou voor dat jy 'n uurglas het waar elke sandkorrel een uur van die tyd wat jy op...

Trek die Sluise van Dankbaarheid Oop 26.04.2025

Send us Fan Mail Efesiërs 5:20 Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)  Hoe sleg moet dinge met jou gaan om ‘n “jammerpartytjie” vir jouself te reël? Ja, ek praat van daardie “arme-ekke” gevoel. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek dryf nie die spot met die beproewings wat jy in die gesig staar nie. Ek verstaan jy dink jy het sekerlik goeie...

‘n Verandering van Tempo 25.04.2025

Send us Fan Mail Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.  Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een! Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gel...

God se Waarborg 24.04.2025

Send us Fan Mail Efesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV)  Deesdae het die meeste produkte 'n soort waarborg ... en tog is sommige waarborge, inderdaad, abso...

‘n Nuwe Lewe Ontvang 23.04.2025

Send us Fan Mail Romeine 8:11 Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. (NLV)  Daar is 'n paar mense op ons dierbare planeet, aarde, wat ek seker is dat nie een van ons in die hemel sal wil ontmoet nie. Mense wat so gemeen, so boos...

‘n Geboorte tot ‘n Nuwe Lewe 22.04.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop  Het jy jouself al ooit in sulke moeilike omstandighede bevind, dat jy desperaat was en gewonder het of jy selfs die volgende dag gaan oorleef? Of het jy al vir...

Beslis ‘n Oorwinningsdag 21.04.2025

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sa...

Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek 20.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”  Ek ken twee soorte mense in...

Saterdag - Wagdiens 19.04.2025

Send us Fan Mail Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is...

Die Finale Oordeel 18.04.2025

Send us Fan Mail Markus 15:12-15 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelew...

Die Komplot Vererger 17.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 11:49-53 Een van hulle, 'n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.” Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die n...

‘n Persoonlike Aanval 16.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”  Ons k...

Suiwer en Eenvoudig 15.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 7:45-48 Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie? Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van di...

Wat Verwag Jy? 14.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.  Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir...

Wat Beteken Dit Vir Jou? 13.04.2025

Send us Fan Mail Markus 8:36 Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?  Hoe kan jy 'n waarde op 'n menselewe plaas? Op die oomblik is daar immers meer as 8,1 miljard mense op hierdie aarde van ons. Dis nogal baie. So, hoeveel is net een mens werd as jy die sommetjies maak?  Wel dit hang af. In sommige kulture heg mense baie minder waarde aa...

Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie 12.04.2025

Send us Fan Mail Deuteronomium31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie,...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.