Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer 18.07.2025

Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)  Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie de...

Selfsug en Trots 17.07.2025

Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.  In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding ged...

Neem Standpunt In! 16.07.2025

Send us Fan Mail Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV)  Die manier waarop mense hul menings en bekommernisse oor besluite en die besluitnemingsproses uitspreek, word al hoe partydiger, al hoe onredeliker en getuig soms va...

Watter Tipe Mens is Jy? 15.07.2025

Send us Fan Mail Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV)  ‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke og...

Godsdienstigheid 14.07.2025

Send us Fan Mail Lukas 13:10-15 Een Sabbatdag, terwyl Jesus in die sinagoge onderrig gegee het, het Hy ’n vrou gesien wat deur ’n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê: “Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedan...

Heilige Gees Krag 13.07.2025

Send us Fan Mail Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wee...

Die Asem van die Lewe 12.07.2025

Send us Fan Mail Esegiël 37:5,6 So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”  Die eenvoudigste dinge in die lewe hou soms die grootste voordele in. En dan kom ons en ons ignoreer hulle tot o...

Asem Diep In 11.07.2025

Send us Fan Mail Job 33:4 Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.  Daar is soveel gawes in die lewe wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ja, ons dink nie aan die lewegewende vermoë om in te asem, uit te asem, in te asem en uit te asem nie. Ek praat van die asem van die lewe.  Elke minuut van elke dag asem elk van die 8,23 miljard mense op hierdie aarde onge...

Gesonde Verstand 10.07.2025

Send us Fan Mail Psalm 119:66-67   Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB)  Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie...

Die Aarde is Vol van God se Liefde 09.07.2025

Send us Fan Mail Psalm 119:64 Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. (DB)  Het jy al ooit gevoel asof niemand jou liefhet nie? Ja, ek bedoel, asof daar nie 'n enkele persoon op hierdie planeet is wat jou liefhet nie. Ek het dit beslis beleef toe ek destyds in ‘n desperate situasie in my lewe was. Ek is nie seker of alle mense weet waarvan ek praat nie, maar ek ve...

Julie 2025 Nuusbrief 08.07.2025

Send us Fan Mail Laai die geskrewe nuusbrief hier af. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY

Wees Vol Selfvertroue in ‘n Donker Tyd 08.07.2025

Send us Fan Mail Miga 7:8 “Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.  Onthou jy hoe jy as kind bang was vir die donker? Ja, en wanneer die duisternis oor jou lewe toesak, wil daardie emosie van vrees, wat jy destyds gevoel het, jou totaal ontsenu. Maar ek weet diep in my hart dat God jou wil gerus...

Moenie Berge van Molshope Maak Nie 07.07.2025

Send us Fan Mail Jesaja 40:25-26 ““Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV)  Wanneer jy 'n probleem ervaar, is dit regtig maklik om die omvang d...

Krag van Bo 06.07.2025

Send us Fan Mail Handelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”  Dit slaan my voete onder my uit wanneer iemand van wie jy dit nie in jou wildste drome verwag nie, iets briljants doen; iets heeltemal onverwags; iets wat niemand kon voorspel n...

Stop! Hou op om ‘n Beter Persoon te Wees 05.07.2025

Send us Fan Mail Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.  Deur die jare het dit my ongelooflik baie gefrustreer, dat hoe harder ek probeer het om my eie ingewortelde karakterfoute te hanteer (en ons almal het foute) dat ek nie in staat w...

Heilige Gees Krag 04.07.2025

Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.  Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo h...

Dis Waaroor Dit Gaan 03.07.2025

Send us Fan Mail Matteus 22:37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’  Hoe vinniger die lewenstempo raak en hoe meer druk daar op ons is deur al die duisende dinge wat ons dag vir dag moet...

Die Ware Christelike Lewe 02.07.2025

Send us Fan Mail Spreuke10:9-11 Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.  Egtheid en integriteit is eienskappe wat die meeste van ons baie hoog ag. Ongel...

Nie Genadig of Beeldskoon Nie 01.07.2025

Send us Fan Mail Handelinge 5:1-6 Maar daar was ook 'n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat 'n eiendom verkoop het. Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys vir hulleself agtergehou en net 'n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee. Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van...

Gevaar! Afgrond Voor! 30.06.2025

Send us Fan Mail Hebreërs10:26-27 As ons opsetlik bly sonde doen nadat ons die volle waarheid leer ken het, bly daar geen offer vir die sondes oor nie. Al wat oorbly, is die vreeslike vooruitsig van God se oordeel, ja ’n gloeiende vuur wat God se vyande gaan verteer. (NLV)  Verbeel jou net vir 'n oomblik dat jy op die rand van 'n styl krans staan. Onder jou is skerp rotswande en indien j...

Met ‘n Stralende Gesig 29.06.2025

Send us Fan Mail Psalm 34:5-8 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here di...

‘n Moeitewerd Lewe 28.06.2025

Send us Fan Mail 1 Johannes 5:11-12 En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.  Weet my, dis regtig nie my bedoeling om mense aanstoot te gee nie! Sommige dae is dit onvermydelik dat party mense sal voel dat ek op hulle tone trap … en dat dit wat ek sê, hulle...

Die Rit op die Tuimeltrein 27.06.2025

Send us Fan Mail Psalm 42:9-10 Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”  Gedurende moeilike tye in ons lewe bevind ons onsself op 'n emosionele tuimeltrein, oftewel ‘n rollerco...

Hoekom is Ek Neerslagtig? 26.06.2025

Send us Fan Mail Psalm 42:5 -6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder.  As jy nou regtig neerslagtig wil voel, moet jy aan d...

God se Geskenk 25.06.2025

Send us Fan Mail Romeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV)  Daar gaan tye in jou lewe wees wanneer dinge net te veel word vir jou; wanneer mense, omstandighede en se...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.