Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hy het my Smeekgebede Gehoor 24.06.2025 2:39
Send us Fan Mail Psalm 116:1-6 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was m...
Herskryf jou Draaiboek 23.06.2025 2:46
Send us Fan Mail Romeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. As jy byvoorbeeld op tienjarige ouderdom ‘n draaiboek vir jou lewe geskryf het, wat sou daarin gestaan het? Wat sou jou ideale gewees het? Maar wag, die belangrikste vraag is sekerli...
Onderstebo en Agterstevoor 22.06.2025 2:56
Send us Fan Mail Matteus19:29-30 En elkeen wat ’n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ’n pa of ’n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees. Ons moet elkeen êrens langs die pad opo...
Jou Verborge Potensiaal 21.06.2025 2:58
Send us Fan Mail Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Weet jy wat regtig tragies is? Wanneer iemand nooit sy volle potensiaal bereik nie omdat die wêreld nie sy potensiaal kan raaksien nie. Wat nog erger is, is wanneer die persoon self dit nie eers...
In Daardie Gevaarlike Geheime Oomblikke 20.06.2025 3:14
Send us Fan Mail Romeine 13:13-14 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. Nee, soos ’n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie ’n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur...
Kies jou Vriende Versigtig 19.06.2025 2:49
Send us Fan Mail Spreuke 26:24-25 Iemand wat in sy hart haat en bedrog koester, steek dit weg agter sy woorde. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings. (NLV) Het jy geweet dat jy nou 'n KI-vriend kan koop? Kan jy dit glo! 'n Kunsmatige intelligensiemaatskappy, "Replika," sal aan jou, en ek haal aan: ‘n KI-metgesel wat omgee; wat...
Vergewe 18.06.2025 2:53
Send us Fan Mail Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Ek het vandag ‘n vraag vir jou, nee, eintlik 'n paar vragies. Wie is die een, of twee, mense in jou lewe wat jou die seerste gemaak het? En sê my, kon jy hulle vergewe? Ek bedoel, het jy hulle heeltemal vergewe en vrygespreek asof hulle jou nooit seergemaak...
Wees Versigtig met wat julle Oorsien 17.06.2025 3:11
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 5:9 -13 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie. Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! Wat ek bedoel het, is wat ek nou in h...
Vriende wat jou Las ligter Maak 16.06.2025 2:46
Send us Fan Mail Job 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp. Sommige van jou vriende is sulke oulike mense, dat jy sommer wil glimlag as jy net aan hulle dink. Dit is 'n fantastiese gevoel, nè? Ek het 'n goeie vriend in Suid-Afrika met die naam Jonathan. Hy is 'n radio-aanbieder wat die oggendprogram aanbied. Oggendprog...
Jesus se Liefdevolle Betrokkenheid (2) 15.06.2025 2:47
Send us Fan Mail Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor e...
Jesus se Liefdevolle Betrokkenheid (1) 14.06.2025 2:50
Send us Fan Mail Markus 2:13-14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Wanneer jy na al die suksesvolle mense rondom jou kyk, diegene in die kollig, diegene wat gereeld die klop op die sko...
‘n Afdraande Resies 13.06.2025 3:17
Send us Fan Mail Matteus 23:5-7 Alles wat hulle (die skrifgeleerdes en Fariseërs) doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word. Die basiese r...
Van Drome tot Werklikheid 12.06.2025 3:01
Send us Fan Mail Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. Ek hou daarvan om te dagdroom – om aan dinge te dink wat my inspireer; ek peins daaroor, kyk hoe hulle vorm, dan weer verander, dan weer vorm. Ja, droom is baie pret. Maar daar is 'n groot verskil tussen ‘n droom en die werklikheid. Howard Schultz is in 1953 in 'n arm gesin uit die werkersklas in Br...
Deur God Geskud 11.06.2025 3:05
Send us Fan Mail Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense...
Vrymoedigheid 10.06.2025 2:49
Send us Fan Mail Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloo...
Krag wanneer jy Vervolg Word 09.06.2025 2:58
Send us Fan Mail Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde...
Ek Verheug my in U 08.06.2025 2:42
Send us Fan Mail Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie. Daar is iets nogal verstommend, selfs bedwelmend, daarin om te doen wat reg is en wanneer jy dit doen; in jou hart te weet dat jy geslaag het. Ek vermoed dat d...
Groot is sy Getrouheid 07.06.2025 3:05
Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Soms ervaar ons tye in die lewe waar ons absoluut magteloos en heeltemal verlate voel. Ander kere pas ons omstandighede ons soos ‘n handskoen; ons voel dat ons pre...
Jou Liggaam is ‘n Tempel 06.06.2025 2:52
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want...
Party Kerke is nie So Vriendelik Nie 05.06.2025 2:52
Send us Fan Mail Jakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of:...
My Gevolgtrekking 04.06.2025 2:58
Send us Fan Mail Spreuke 17:28 en 29:20 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink. (NLV) Sosiale media het vir mense 'n onmiddellike platform gegee om hul sienings aan die wêreld uit te basuin. Dis nou regtig nie iets nuuts nie, want men...
Vertrou op die Here 03.06.2025 3:01
Send us Fan Mail Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Stres, of die behoefte om...
Verdraagsaamheid teenoor Goedkeuring 02.06.2025 3:01
Send us Fan Mail Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” As daar net een woord is om die oorheersende morele waardes van hierdie tyd te beskryf, sal dit ongetwyfeld die woord "...
Kom na Jesus 01.06.2025 3:07
Send us Fan Mail Mattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” As daar ooit 'n tyd in die mens se geskiedenis is wanneer gewone domkoppe soos ek en jy weer die kuns van rus moet herontdek, dan sal...
Die Sabbatsrus van God 31.05.2025 2:52
Send us Fan Mail Genesis 2:1-3 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. Van al die dinge wat ons in die lewe ervaar; die goeie, di...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.