Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Smeltkroes van Lyding 04.09.2025 2:55
Send us Fan Mail Jesaja 48:10 Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie. Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding. Kyk, ek weet nie watter soort lewe jy tot op hierdie punt gelei het nie ... maar ek neem aan jy is nie so boos soos Adolf Hitler of Pol Pot nie. Maar ons weet almal dat ons foute het; ons het gewoontes wat aangespreek en verfyn moet word. Nie een van ons is immers per...
‘n Les Wat Geleer Moet Word 03.09.2025 3:10
Send us Fan Mail Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag...
Onderskei Begeertes van Behoeftes 02.09.2025 3:07
Send us Fan Mail Spreuke 30:8-9 [God] moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie. Hoe meer geld ons het, hoe moeiliker word dit om te onderskei tussen ons begeertes; dit wat ons wil hê, en o...
Die Plek Sonder Vrede 01.09.2025 3:16
Send us Fan Mail Jesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here. Ons wil almal vrede hê, nie waar nie? Ja, wie wil nou nie 'n vreedsame lewe, vry van konflik hê nie? Wie begeer nie ‘n vreedsame tuiste nie? En wat van daardie diep, innerlike vrede? En tog is daar baie mense, wat die een of ander ding het, wat oor en oor by hulle spook; daardie ding wat hulle van dié...
Om Soos Jesus te Wees 31.08.2025 2:58
Send us Fan Mail Matteus 26:14-16 Toe het Judas Iskariot, een van die twaalf dissipels, na die priesterhoofde toe gegaan en gevra: “Wat is julle bereid om my te betaal as ek Jesus aan julle besorg?” Hulle het hom toe 30 silwer geldstukke aangebied. Van toe af was hy op die uitkyk vir ’n geskikte geleentheid om Jesus aan hulle uit te lewer. Jesus was en bly nogal 'n persoon wat jy nie in ‘n g...
Dis Lank om Verkeerd te Wees 30.08.2025 2:55
Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 1:6,9 God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag. Kan ek jou iets vra? Geniet jy dit om te dobbel? En indien wel, waarmee sou jy bereid wees om te dobbel om 'n prys te wen? Die laaste keer wat...
Koninkryke Sal Tot Niet Gaan, Maar... 29.08.2025 3:07
Send us Fan Mail Jesaja 40:6-8 Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. Op 'n stadium in ons lewens droom ons almal seker daarvan om iets groots te bereik en beroemd te word. Dis...
Totaal Oorgegee 28.08.2025 3:13
Send us Fan Mail Galasiërs 2: 19b, 20... Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV) “Oorgawe” is 'n woord wat 'n hele klomp negatiewe konnotasies meebring. En tog kan oorgawe 'n magdom voordele en seëni...
‘n Afgewaterde Geloof 27.08.2025 3:07
Send us Fan Mail Romeine1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy...
Hy is Wie Hy Is 26.08.2025 3:11
Send us Fan Mail Eksodus 3:13-14 Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” Wanneer jy te kampe het met iets wat vir jou...
Wees Versigtig Wie Jy Vertrou 25.08.2025 2:49
Send us Fan Mail Spreuke 20:6 Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is? (NLV) Een van die grootste behoeftes wat ons elkeen het, is om liefgehê te word. En 'n belangrike voorwaarde daarvoor is ‘n wedersydse vertroue. As jy dit mooi deurdink, kan jy sien dat liefde sonder vertroue onmoontlik is. Maar ek dink nie daar is een van ons...
Jaloesie Vernietig 24.08.2025 3:04
Send us Fan Mail Genesis 4:9-12 Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My. Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs...
Gebruik Dit Met Oorleg 23.08.2025 2:56
Send us Fan Mail Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. Ek weet nie van jou nie, maar elke nou en dan stop ek om te dink oor hoe lank ek no...
Bereik Jou Volle Potensiaal 22.08.2025 2:58
Send us Fan Mail Efesiërs 5:1-2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. Byt vas … die lewe is besig. Druk van duskant, probleme van daardie kant, en hier kom hulle en jy sit in die middel vas. Jy is moeg. Jy...
Die Teenoorgestelde van Boosheid 21.08.2025 3:14
Send us Fan Mail Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Die probleem met slegte gewoontes is dat dit so ongelooflik moeilik is om hulle af te skud. Ons weet hulle is verkeerd, maar dis asof hulle di...
Augustus nuusbrief 20.08.2025 5:31
Send us Fan Mail Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier . Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Oorwin Jou Demone 20.08.2025 2:53
Send us Fan Mail Efesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wanneer ons iemand as “boos” bestempel, dink ons aan Adolf Hitler of Idi Amin. Ons pas selde, indien ooit, daardie woord op onsself, op ons eie gedagtes en dade toe. En tog moet ons dit tog oorweeg! John Newton was 'n 18de-eeuse Engelse matroo...
Moenie God se Hart Breek Nie 19.08.2025 2:43
Send us Fan Mail Efesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Almal wil 'n beter lewe hê. Ek dink nie ek het al ooit 'n enkele persoon ontmoet wat nie die een of ander dingetjie het, wat hulle wens hulle kon verander nie. Het jy al? Ja, ek weet ons almal verstaan daardie gevoel van onverg...
Probeer Altyd Eers Verstaan 18.08.2025 2:42
Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer?...
Verander Bekommernis in Lofprysing 17.08.2025 2:50
Send us Fan Mail 1 Petrus 5:6-7 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Hoop is 'n goeie ding. Maar vir hoop om effektief te wees, moet jy kan glo dat dit waar sal kán word, ten spyte van die goeie kans dat dit kan misluk. Dink daaroor na. As jy ho...
Jou Hoop is In Sy Getroue Liefde 16.08.2025 3:05
Send us Fan Mail Psalm 33:16-19 ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. (NLV) Het jy al opgelet, dat ten sp...
‘n Anker Vir Jou Siel 15.08.2025 3:14
Send us Fan Mail Hebreërs 6:18-19 Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. (NLV) Het...
Wanneer Jy Nie Kan Bid Nie 14.08.2025 2:46
Send us Fan Mail Romeine 8:26-27 Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gel...
Wag Geduldig 13.08.2025 3:17
Send us Fan Mail Romeine 8:24-25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. Hoop’ is nogal 'n vreemde woord. Dis in 'n sekere sin soos 'n tweesnydende swaard. Want hoewel hoop ongetwyfeld 'n goeie ding is, implis...
Wag vir die Begin 12.08.2025 2:58
Send us Fan Mail Romeine 8:22-23 Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. (NLV) Geboorte is ‘n feit van die lewe. 'n Vrou dra 'n ander klein men...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.