Cape Pulpit / Kaapse Kansel

GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

Religion AF ↓ 150 episodes

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.

Author

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Category

Religion

Podcast website

capepulpit.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rudi Nagel - Avokado Bravado 07.05.2024

Al ons Nagel-seuns het in hul groot word jare gehou van boomklim uitdagings. Net soos hulle, kan ek myself misgis oor die perke van my vaardigheid. Dan kom trots tot 'n (harde) val. Hoogmoed, en cholestrol, skuil ongesiens in die dieptes van my hartskamers. Avokado kan blykbaar bydra tot beter fisiese hartsgesondeid. Vol bravade sê ek: leef gesond! Is ek egter bereid om te gaan vir 'n hoogmoeds- h...

Rudi Nagel - Kuber Kamfer 30.04.2024

Hakke, kniee, hande, elmboë, hou van die strelende room...." Kamfer is verfrissend, selfs helend. Wanneer ons tweede oudste seun homself in 'n situasie bevind waar daar 'n growwe geskaaf en onnodige geskuur tussen mense plaasvind, bring sy kamfer benadering dikwels 'n strelende vars verligting. Die jaar 2000 was meer as net Y2K. Kom luister hoe 'Kuber Kamfer'' ons op die vooraand van die nuwe mill...

Rudi Nagel - Agter die Blad en Voor die Wind 23.04.2024

In my 100ste gesprek met 'n Boom Tema kyk ek met dankbaarheid terug. Ebenezer, tot hier toe het die Here my gehelp! Ek sien ook dat ek nou my wortels dieper in hierdie vrugbare grond kan laat sak. En ek sien uit om my verstaan takke na nog hoër Hoogtes uit te strek. 'n Boom Website, Videos en Psalm reeks wink in die wind! Maak vir jou 'n grys koppietjie tee, en Stap saam met my verder in die kleur...

Rudi Nagel - Papaya,Nou, nou gaan ons Braai, ja 09.04.2024

Papaya, Nou gaan ons Braai, ja! Wat ‘n lekkerte as jy nie hoef te kies tussen ‘n stuk papaya of ‘n stuk braaivleis nie! Albei saam is beter as enige een op sy eie. Net so behoort ons nooit te hoef kies tussen ‘binnekamer’ en ‘deurentyd’ gebed nie. Albei is nodig. Nou, nou gaan ons Bid, ja!

Rudi Nagel - Hier volg die Nies, hout 02.04.2024

Hier volg die Nieshout! Ek hou daarvan om op hoogte van sake te wees. Daarom luister ek amper elke dag na die nuus. Ek geniet natuurlik goeie nuus die meeste. Maar ek geniet ook 'n goeie nies! Ek weet nie so baie van hout nie, maar dis besig om geleidelik te verander. Vandag leer ek van Nieshout... Hier volg die Nies...hout!

Rudi Nagel - Bottelbrush Bababoompie 26.03.2024

Trotse ouers voel dikwels oorweldigende vreugde by hul kleinding se eerste verjaarsdag. 'n Selfs nog meer standhoudende vreugde is ons s'n, wanneer ons besef ons lewens is gewas, gesterilliseer met Jesus se vergifnis. Beter as enige borsel, Hy was witter as sneeu.

Rudi Nagel - Eikeboom Eersgeborene 19.03.2024

Vandag se gesprek is vir my baie spesiaal. Dit bring vir my kosbare onthou van ons eerste swangerskap, geboorte en pienkvoet prins.... Ons het almal 'n "Rakker" streep in ons, maar net soos 'n eikeboom Akkers dra om voort te plant, kan ons ook Oaks of Righteousness voortbring.

Rudi Nagel - Denne Deining 12.03.2024

Die deinng van Denne bome in stormwind, kan herinner aan die gedruis van die see. Die deining van 'n slapende baba koppie op moederbors is tekenend van vrede. Laat hierdie twee uiteenlopende beelde jou herinner dat jy die deining van Vader se hart kan voel, selfs wanneer die lewenstorms rondom jou woed.

Rudi Nagel - Hier, Daar of nog 'n Hele Ent Verder die Bosse in 05.03.2024

Vandag se 'boom' vra: Is jy ook 'n boom herder? Die Ente leer ons ook dat ons kan wortel skiet. Swerwers, toeriste, nomade, pelgrims en ander reisigers vind hulle toevlug en tuiskoms by ons Veilige Bergvesting.

Rudi Nagel - Hier Daar en 'n ent Verder die Bosse in 27.02.2024

Ook in 1993 was die lewe vol veranderinge en was baie van ons swerwers. Vandag se "boom"" help my om te besef dat reisigers kan Tuiskoms vind. Al bly daar omwentelinge rondom ons gebeur, kan ek tot ruste kom. Nie 'n Ent vorentoe nie, maar hier en nou .

Rudi Nagel - Blinkoog Blinkbaar 20.02.2024

Die wag-'n -Bietjie Blinkblaar Doring boom is aan die woord. In 1992 was ek jonk en hiper-aktief. In 2024 is ek ouer, wyser en hiper-dankbaar. Blinkblaar aktiwiteit kan groei tot blinkhaar genade...

Rudi Nagel - Doring Bekoring 13.02.2024

In die mooie Bosveld is daar baie Soetdorings, Knoppiesdorings, en ook Haak-en-Steekdorings. Voel dit asof jou lewe meer dorings as hele Springbokvlakte het? Psalm 91 herinner jou dat die Here 'n skild, 'n vlerk en 'n donsveer van beskerming bied, te midde van die steke van die lewe.

Rudi Nagel - Nuuskierige Noem-Noem 06.02.2024

Ons Vader Noem jou Sy geliefde. Wat Noem jy Hom? Hy is fassineerend, is jy nuuskierig genoeg om uit te vind hoekom? En anders as vanag se boom, die veldvrug noemnoems, los ons tye met Hom nooit 'n bitter smaak in ons mond nie.

Rudi Nagel - Begaafde Boomklim 30.01.2024

In hierdie broos gesprek deel ek hoe Vader my vashou, selfs toe ek kies om van die stewigste takke in my lewensboom te laat los ....

Rudi Nagel - Dwergbroodboom Dissipelskap - 23 Jan 2024 23.01.2024

Die dertig sentimeter hoë Dwergbroodboom herinner ons dat ook ons lewens drome gedisspel kan word. Jou waarde lê nie in jou posisie en status nie. Hy stap 'n pad met jou. Deel van hierdie pad behels vir my dat ek een of meer vertrouelinge toelaat om in elke deel van my lewe in te spreek.

Rudi Nagel - Kameeldoring Kibbutz 16.01.2024

Geleerde Bybelkenners het die voorreg om baie agtergrond kennis te kon opdoen, Maar elke Kaalvoet Klonkie het volle toegang tot ons Vader. Hy wil Homself aan ons elkeen bekend maak. Gaan jy saam op ontdekkingsreis?

Rudi Nagel - Uitkap en Uitsien 09.01.2024

Ondankbare klagtes en ontevredenheid kom spontaan by ons op, soos indringerbome. Vroeg in die nuwe jaar, en elke dag hierna, het ons die keuse om aan te hou of op te hou. Kom ons vervang indringers met met 'n uitsien verwagting: Wat gaan ons Goeie Vader volgende doen?

Rudi Nagel - Rateltaai Rosyntjiesbos: 12.12.2023

Dra 'n Rosyntjiebos Rosyntjies? Het 'n Ratel 6 wiele of 4 pote? Daar is die begeerte om te weet: wat is feite, wat is flaters ? En dan is daar soms die verlange om soms te wil vergeet. Daar is dalk tydelike vergeet wat 'n oormaat drank kan bied, maar Vader wil meer as net 'n verdower wees. Kom ons kom oop en eerlik voor ons Geneesheer!

Rudi Nagel - Rosa Rosarium 05.12.2023

"To tree or not to Tree'' is iets wat ons vir die Roos "Boom" vra. ''To soldier or not to Soldier for our country'', is 'n vraag wat ek as jong man eintlik moes gevra het. Verblindende patriotisme het my destyds verhoed om te vra waarom ek die wapen opneem teen my mede-landsburgers. Wat verhinder my vandag om te vra "can I dance while praying?"

Rudi Nagel - Apiesdoring Applous 21.11.2023

My goeie skoolvriend se jong jare was dikwels vol aapstreke. Ek en hy woon 'n Jeugkongres in Washington DC by. Sedertdien vervang onbaatsugtigheid my vriend se onnutsigheid. Kom staan onder die Apiesdoring om te hoor...

Rudi Nagel - Kiaat Katalis 14.11.2023

"A Tree is a seed that took a stand!" My beginjare met die Here, was loop, val, opstaan en dan maar weer omval. 'n Katalis het my gehelp om te staan en te groei. Hierdie katalis is eenvoudiger , tog ingrypender as verwag... Ek deel so graag hierdie saad met jou , wat selfs meer waardevol as kiaathout is..

Rudi Nagel - Terwyl Geen meisie wil vertoef, wil elke Mango Groove. 07.11.2023

Ek en my skool maats is enkel lopend, mango's is asemrowend en Mango groove is ooglopend. Tussen al hierdie Lopende sake, Staan baie verhoudings in ons lewens en in ons land stil. Hou op om te probeer beïndruk en beheer en begin eerder saam geniet, saam move en groove.

Rudi Nagel - Pere of Gewere, voel ek dan Vere? 31.10.2023

Terwyl ek en my spierwit skoolmaats onder 'n peerboom gestaan en praat het oor meisies en dinge, was my bruin en swart tydgenote dikwels aan gewere en gevare op hul skoolterrein blootgestel...

Rudi Nagel - Om te Stamboom 24.10.2023

Om te Stamboom 'n Groot deel van wie ek is, het te make met my herkoms en ook met my voorouers. Ek leer egter nog daagliks dat ek meer is as net 'n afstammeling. Ek is ook ingeënt...

Rudi Nagel - My Nooi is in 'n Nartjie 17.10.2023

Drie Digters gee rigting aan ons gesprek. Die eerste digter met pen en papier. Die ander twee digters is met penwortel en blomme versier.

Listen to the GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.