Cape Pulpit / Kaapse Kansel
GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL
Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Author
Cape Pulpit / Kaapse Kansel
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rudi Nagel - Mnr Besembos Bekker 10.10.2023 16:13
Met 'n besem in die hand en 'n vraag in die hart, stel ek Mnr Bekker bekend. Gaan my besembos se jaarringe so lank sigbaar bly soos hierdie besondere man s'n?
Rudi Nagel - Agter die Kap van die Byl kom 03.10.2023 16:58
Na heelwat 'stomp' gesprekke, wil ek skerper word. Bosbouers en houtkappers besoek Psalm-Saam 'n paar mylpale. Dan die moeilikste vraag: hoekom doen ek die dinge wat ek doen?
Rudi Nagel - Soetdoring Stilgeboorte 26.09.2023 16:19
Daar is Soet en daar is Dorings in die Lewe. Is daar steeds geboorte in ‘n Stilgeboorte?
Rudi Nagel - Afgestompte Akasia 19.09.2023 15:49
Ek en jy stap Psalm-Saam tot by 'n Afgestomte Akasia. Nadat ek 'n paar herinneringe deel, vra ek myself af: "Is Vader se onbeskryflike glorie vervelig?'' Sommige dinge kan my woorde net nie bykom nie... Kom bedink die vraag saam met my.
Rudi Nagel - Ek in my klein Boompie 12.09.2023 15:42
Hoe beinvloed gelowiges hul wye wêreld, sonder om “wêrelds” te raak? Ons kyk ook Psalm- Saam na wat als in 1975 gebeur het.
Rudi Nagel - Boompie vir Eensames 05.09.2023 16:58
Balade vir ‘n Enkeling. Een is ‘n Heelgetal. Enkellopend is nie half-gebak. Hoe dink die Drie-Enige God oor alleen wees?
Rudi Nagel - Anti- Meranti 29.08.2023 15:42
Meranti is gawe hout. ''Aunties'' is gawe Tantes. As ek ''anti" iets is, is ek daarteen. Daar is nog 'n ander, belangrike manier om "anti" te verstaan.
Rudi Nagel - Mahonie Polonie 22.08.2023 15:58
Mahonie (Mahogany) is duursaam. Polonie is alledaags. As die lewe jou stamp, is dit wat uitkom duursaam of is dit nietig?
Rudi Nagel - Gestuite Stompe 15.08.2023 12:19
Wat as dit nie net 'n klein , ligte stampie is wat jy kry nie? Na Wie gaan ek as ek 'n vernietigende stamp beleef?
Rudi Nagel - Gestampte Stompe 08.08.2023 15:47
As 'n motor 'n stamp kry, is daar 'n paneelklopper om dit reg te maak . Wat kom uit jou binneste te voorskyn, as die lewe jou 'n stamp gee?
Rudi Nagel - Makadamia Mike 01.08.2023 14:02
Rudi se ontmoeting met Mike, 'n Malawise Makadamia boer, laat hom wonder. Verkies hy 'n afgerammelde wegneemete of 'n gebalanseerde feesmaal?
Rudi Nagel - Stompe en Stampe 25.07.2023 13:30
Ons trek weg in Psalm 68, en maak 'n vinnige draai in 1968. Dan gaan sit ons op 'n Boomstomp om te dink. O, die sekerheid wat verwondering kan bring!
Rudi Nagel - Inni Bos 18.07.2023 13:41
Bosvelde-en Bos-feeste. Kaggelhout en kaggel-goud. Jy is meer werd as goud, daarom dat jy gesuiwer word!
Rudi Nagel - Sneeu, Snoei en Bloei 12.07.2023 13:56
Seisoene, terugsny en ander genades. Dit voel of jy bloei, todat jy begin groei.
Rudi Nagel - Hierdie Indringer Boom is 'n Inbringer 04.07.2023 11:55
Indringer Bome is 'n pes. Heilige Gees se werk in my kan soos 'n aangename koffie geur versprei. Behalwe as ek dit soos 'n ongewensde indringer op ander afdwing.
Rudi Nagel - Barbers, Bokke en Bome 27.06.2023 12:45
Elke diertjie het 'n tuiste. Waar gaan jou binneste sy rusplek vind?
Rudi Nagel - Bome by Waterstrome 20.06.2023 17:30
Bome benodig water. Mense benodig liefde. Wie sal 'n sterwende kind se liefdes-leivoor wees?
Rudi Nagel - Hierdie Hout het Habitat 13.06.2023 12:45
Bome kan amper ooral op aarde oorleef. Mense ook. Maar ons is nie net geskep om te oorleef nie!
Rudi Nagel - Hierdie Hout het Hart 06.06.2023 16:56
Hout bring Luuksheid. Bome kan getuie wees van 'n man wat sy hart volg. En hout kan selfs letterlik 'n hart verteer.
Rudi Nagel - Ons Oudste Posbus boom 30.05.2023 15:17
Ons Oudste Posbus boom. Bome, bootse, briewe en gebede. Kom ons gesels...
Rudi Nagel - Al Sou Jou Vyeboom Nie Bot Nie 16.05.2023 15:52
Droogtes en Donkertes is rondom ons. Lewe en Lig is nie ver van jou af nie.
Rudi Nagel - Die Boom Wat Die Geskiedenis Gekraak Het 09.05.2023 14:56
In die mensdom se hele verhaal is daar Een Boom wat alles verander het.
Rudi Nagel - Spontane Platane 02.05.2023 15:09
Wat is meer soos Jesus ? Vrye Spontaaniteit of Fyn Beplanning? Of dalk albei??
Rudi Nagel - Nog 'n Klip in die Bos Gooi 25.04.2023 13:39
Vader se skepping gooi 'n klip na jou kant toe. Nie om te stenig, maar om te getuig van Sy betrokkenheid.
Rudi Nagel - Nog 'n Keer om die Bos Lei 18.04.2023 13:22
Ons bedink egte hout meubels, egte bedoelings en veral die Vader van alle waarheid.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.