Cape Pulpit / Kaapse Kansel
GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL
Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: capepulpit.co.za
Author
Cape Pulpit / Kaapse Kansel
Category
Podcast website
Latest episode
Sep 22, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rudi Nagel - Rubberboom Retuureis: Genade en Terugkeer na Vader se Hart 21.01.2025 10:24
In hierdie episode bespreek Rudi Nagel die simboliek van die rubberboom, wat as 'n metafoor dien vir elastisiteit en die vermoë om terug te keer. Hy verbind dit met die geestelike konsep van terugkeer na God, waar die rubberboom se vermoë om op te hop na 'n val, vergelyk word met ons geestelike reis van vernuwing en genade. Nagel fokus op die belangrikheid van terugkeer na die "oorspronklike huis"...
Rudi Nagel - Rubberboom, Rekbaarheid: Genade in die Elastisiteit van die Lewe 14.01.2025 10:22
In hierdie episode bespreek Rudi Nagel die rekbaarheid van die rubberboom as 'n metafoor vir die rekbaarheid van die menslike gees. Hy beklemtoon hoe ons dikwels die druk en spanning van die lewe ervaar, maar net soos die rubberboom, kan ons veerkragtig wees en weer terugkeer na ons oorspronklike toestand. Hy verbind dit met die liefde en teenwoordigheid van God, wat altyd by ons is, selfs wanneer...
Rudi Nagel - Nuwejaars Boodskap 07.01.2025 10:22
In hierdie inspirerende episode begin Rudi Nagel die nuwe jaar met 'n refleksie oor vooruitgang en verandering. Hy bespreek hoe die nuwe jaar nie net 'n kans is vir nuwe beginne nie, maar ook vir die ontdekking van nuwe maniere om God se onveranderlike waarheid te ervaar en toe te pas in ons lewens. Rudi herinner ons dat alhoewel die Skrif onveranderlik is, daar altyd nuwe fasette van God se liefd...
Rudi Nagel - Oujaars Boodskap (2024) 31.12.2024 10:25
In hierdie spesiale Oujaars Boodskap, deel Rudi Nagel sy gedagtes oor die afsluiting van 2024 en die vooruitgang na 2025. Hy reflecteer op die herinneringe van die jaar wat verby is en die lesse wat elke dag aan ons bied, selfs al is sommige herinneringe nie altyd lekker nie. Rudi bespreek die simboliek van die "Oujaars Bos", wat verskillende fases van groei en verandering in ons lewens verteenwoo...
Rudi Nagel - Moet Kersbome Gestenig of Geniet Word? 24.12.2024 10:14
In hierdie episode deel Rudi Nagel sy refleksies oor die betekenis van Kersfees. Hy bespreek hoe sy ervaring van Kersfees in sy jongjare gesentreer was rondom feestelikheid, sonder om Christus te erken, en later, wanneer hy Christus wel erken het, het die fees nie dieselfde vreugde gebring nie. Rudi verduidelik hoe Immanuël, God met ons, gekom het om vir ons te leer wat ware feesviering beteken –...
Rudi Nagel - Hoe my Somerkersfeesbome verlep het (Deel 2 van die Tannenbaum Trilogie) 17.12.2024 10:26
In hierdie episode deel Rudi Nagel sy persoonlike ervaring van ontnugtering oor die kommersialisering van Kersfees. In Deel 2 van die Tannenbaum Trilogie, verduidelik hy hoe sy somerkersfeesbome vir 'n lang tyd verlep het, wat vir hom simbole van die valsheid rondom die feestyd geword het. Rudi reflekteer op hoe die kommersiële aspekt van Kersfees dikwels die werklike betekenis van die feestyd ver...
Rudi Nagel - O Tannenbaum (Deel 1 van die Tannenbaum Trilogie) 10.12.2024 10:19
In hierdie episode deel Rudi Nagel sy herinneringe aan die Kersfeesvieringe van sy kinderjare in Duitsland, waar hy die tradisies van "O Tannenbaum" en die magiese atmosfeer van 'n wit Kersfees beleef het. Hy bespreek hoe die kerstsfeerelemente, soos Kersbome, liedere, en geskenke, hom as kind bekoor het, maar hoe hy later besef het dat Kersfees nie net oor die buitekantige feeste gaan nie. Rudi o...
Rudi Nagel - Hierdie Boom is 'n Opslag Uitskieter 03.12.2024 10:15
In hierdie episode van Rudi Nagel, duik ons in die betekenis en impak van 'n uitskieterboom, wat simbolies is vir groei, verandering, en die potensiaal om uit die gewone te styg. Rudi bespreek hoe sulke "boom" metafore inspirasie kan bring in jou eie lewe en reis.
Rudi Nagel - Koffieboom Konnosieurs 26.11.2024 10:22
Lekkerbekkige lidmate word aan hul neus rondgelei. Vredes-fynproewers volg shalom na. Jou besluit waar om in die gemeenskap en gementelewe betrokke te raak, maak saak. Laat Vader se smaakvoorkeur jou lei.
Rudi Nagel - Broodboom in die Oondjie 19.11.2024 10:09
Die totale uitwissing van alle vorme van lewe. Daardie gedagte kan jou emosies laat vries van vrees. Daar is egter 'n selfs groter gevaar:. Naamlik as jy self ophou lewe, nog lank voordat jy gesterf het. Laat die Sonstrale van hoop jou emosionele oond verhit!
Rudi Nagel - Waboom, Wind in die Hare, Wiele aan die Blare 12.11.2024 10:22
Fynbos, growwe stakings, en Voortrekker ingineurswese, rol voor ons ore verby in hierdie gesprek. Net soos 'n Mercedes bus se wiele, maak ons lewens baie draaie. Die God van Genade is in elke draai saam met ons.
Rudi Nagel - Bring vir die Harlekyn nog Boomalwyn 29.10.2024 10:12
Harlekyne is nie die enigste narre wat hul ware emosies soms verskuil tydens sosiale interaksies nie. 'n Glasie wat geskink en geklink word, mag soms wel tydelik troos bring. Die klank van 'n hart wat uitgestort word voor die Lewende God, is egter die begin van ware troos.
Rudi Nagel - Wattel, wattel kant toe nou? 22.10.2024 10:00
Wattel, Wattel, o watter kant toe nou? Die Jaar van inperking was ook 'n jaar van Indringers. Virusse, wattels en ongenooide emosies het ons land en lewe ingeval. Vader is nooit onsydig wanneer ons vra "Watter kant toe nou?"
Rudi Nagel - Wattel, Wattel, o watter kant toe nou? 22.10.2024 10:00
Die Jaar van inperking was ook 'n jaar van Indringers. Virusse, wattels en ongenooide emosies het ons land en lewe ingeval. Vader is nooit onsydig wanneer ons vra "Watter kant toe nou?"
Rudi Nagel - Tambotie Tameletjie 15.10.2024 10:07
Wanneer jy tambotie-hout gebruik om meubels te maak, kan dit bewondering ontsluit. Wanneer jy egter tambotie-hout vir 'n braaivleisvuur gebruik, kan jy krampe, en selfs lewesngevaar ontsluit. So het sommige tammeletjies in my binneste, ook al heel onvoorsiene reaksies ontsluit.
Rudi Nagel - Tiptol en Taaibos 08.10.2024 10:16
Hoekstene en vuuryle se interaksies met swaartekrag verskil. Net so kan jou belewnis verskil: Jy voel dalk asof jy vassit, of dat jy vasgehou word. Hoe dit ook al sy, Hy bly aan jou sy!
Rudi Nagel - Kastaiing Fraiing 01.10.2024 10:03
In vergange jare was daaglikse probleme, en ook Kastaiing bome baie algemeen. In moderne tye is daardie daaglikse probleme steeds algemeen. Die kastaiing verspreiding het egter heeltemal uitgerafel. In hierdie gesprek begin ons 'n paar los drade bymekaar trek, om so die knoop te probeer deurhak.
Rudi Nagel - Diepgewortelde Vreugde 24.09.2024 10:12
Vuur, vleis en Vriendskap belowe 'n bakgat braai. Maar eers help my raai: Watter van ons land se diverse stambome het 'n enkele reguit penwortel? Die meeste van ons is stewig geanker in die vermening van veelvoudige kultuurooorspronge. Koning Jesus kroon elke kultuur met waardigheid, wanneer ons Hom as stamhoof erken.
Rudi Nagel - In die Lente maak Konings Oorlog, en Bome Bloei 17.09.2024 10:13
Jesus is Vredevors, maar ook die Bevelvoerder van die lêer van die Here. Terwyl ons altyd vredemakers bly , moet ons nie toelat dat boelies, skurke en terroriste die vryheid kry om te intimideer nie. Saam met koning Dawid, klim ons van die dak van ledigheid af. Kom neem aktief en paraat stelling in!
Rudi Nagel - Plant 'n Boom, en hou op om te Droom! 10.09.2024 15:10
Kom ons vat ons goeie bedoelinge, rol ons moue op en begin! Ons kry ons hande vuil om 'n werklike verskil te maak in die mense rondom ons. Bome, steggies en kindergesiggies kan almal baat darby as ons oor gaan tot aksie.
Rudi Nagel - Plant 'n Boom en begin te Droom 03.09.2024 11:16
Vir Boomplantdag, word in hierdie lewendige ateljee gesprek babers, akkers en 400 gestorwe steggies genoem. Maar die eintlike diepte van Boomplantdag lê in die hoop op 'n beter, groener toekoms. Hierdie hoopvolle toekoms spruit nie voort uit bome nie, maar kan wel daardeur geïllustreer word.
Rudi Nagel - Sekelbos Sny jou Los 27.08.2024 9:46
Die sekel in dood se hand, is ons almal se grootste indringer. Tog is dood se angel oorwin. Wanneer trane, miskrame en ander tragedies voel of hul gaan indring, is daar 'n geborge Gasheer wat jou Veilg kan laat tuiskom.
Rudi Nagel - Ysterhout, nes Goud, Roes Nie! 20.08.2024 10:13
Hierdie held in die bos, is swaar om te bewerk. Volwassenheid, Gedelegeerde gesag en Interafhanklikheid, is nie net moeilik om te spel nie. Dis ook moeilik in spel te bring in ons lewens. Veral wanneer die skroewe van my lewe loskom. Sommige moeilik verwerkbare lesse is duursaam en waardevol... selfs meer as goud.
Rudi Nagel - Kweper Peper, word Beter en Beter 13.08.2024 10:24
Kwepers word ryp, en dan ook smakliker. Peperkorrels raak geurig, en daardeur bruikbaar. Kinders raak vlowassenes, en o so kosbaar. Laat my hart ook grootword, om U te ken.
Rudi Nagel - Witstinkhout Lekker Ruik 06.08.2024 10:23
Vaaljapies en kleursensasies, te kies en te keur. Wat bedoel jy as jy sê, " Ons mense?" Net diesulkes wat dieselfde hoeveelheid kleurpigmente met jou deel, of die aangename geur van gesamentlikheid ?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.