RSG
Brêkfis met Derrich
'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Omgewingspraatjie 18 November 2023 18.11.2023 8:17
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor maanrots wat behulp van nuwe tegnologie, weer ontleed is. Sy raak ook aan mitiese verhale oor die ontstaan van die maan.
Hengel 18 November 2023 18.11.2023 6:20
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 11 November 2023 11.11.2023 6:06
Nico Smit beantwoord luisteraarsvrae.
Groenvingers 11 November 2023 11.11.2023 6:05
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor die gebruik van gebruikte teesakkies, piesangskille en eierdoppe in die tuin; en gekleurde varkore. Die plant van die week is Agapanthus Twister.
Omgewingspraatjie 11 November 2023 11.11.2023 7:27
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die impak van hoë omgewingstemperature. Dis nie net die mens, diere en plante wat swaarkry nie. Masjinerie en toerusting sukkel ook.
Hengel 11 November 2023 11.11.2023 6:32
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 4 November 2023 04.11.2023 6:39
Nico Smit praat oor die grootte van enjins.
Groenvingers 4 November 2023 04.11.2023 8:07
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor bolplante en baardirisse. Die plant van die week is Hibiskus Grace en die splinternuwe Hibiskus Adonicus Oranje.
Omgewingspraatjie 4 November 2023 04.11.2023 8:15
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor brilpikkewyne, die enigste pikkewynspesie wat endemies tot Afrika is. Hulle voortbestaan word deur die mens bedreig. Sy gesels oor die redes vir die verminderde getalle, en wat die regering en bewaringsorganisasies doen om die spesie te probeer bewaar.
Hengel 4 November 2023 04.11.2023 8:58
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 28 Oktober 2023 28.10.2023 5:48
Nico Smit bespreek twee luisteraarsvrae oor brandstofverbruik.
Groenvingers 28 Oktober 2023 28.10.2023 6:27
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor Nieu-Seeland se nasionale blom, wat eintlik ’n boom is, en pragtige geel blomme dra, Kōwhai; die algemene probleme wat binnenshuise plante ervaar; somergroent wat jy nou kan saai of plant; en watetenks. Die plant van die week is Hydrangea macrophylla Endless Summer ‘Summer Love’.
Omgewingspraatjie 28 Oktober 2023 28.10.2023 8:03
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor haaie wat hulle 'asem ophou' om nie te koud te word nie wanneer hulle diep duik.
Hengel 28 Oktober 2023 28.10.2023 7:04
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 21 Oktober 2023 21.10.2023 6:37
Nico Smit praat oor Nederlandse studente wat die wêreld se eerste veldry-sonkragvoertuig gebou het.
Groenvingers 21 Oktober 2023 21.10.2023 7:47
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor naakslakke; die oes van saad; steggies; en Jakarandas. Die plant van die week is ‘n kruising tussen die gewone bosmalva en die rankmalva - Pelargonium interspecific.
Omgewingspraatjie 21 Oktober 2023 21.10.2023 8:25
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die Wêreldgesondheidsorganisasie wat 'n tweede malaria-entstof goedgekeur het.
Hengel 21 Oktober 2023 21.10.2023 7:23
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 14 Oktober 2023 14.10.2023 6:06
Nico Smit bespreek 'n luisteraarsvraag oor viertrekvoertuie se ratkaste.
Groenvingers 14 Oktober 2023 14.10.2023 7:08
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor somersaailinge; rose; en Tuindag. Die plant van die week is die Hannon-roos.
Omgewingspraatjie 14 Oktober 2023 14.10.2023 9:38
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor hoe tropiese storms hulle name kry.
Hengel 14 Oktober 2023 14.10.2023 6:23
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 7 Oktober 2023 09.10.2023 7:18
Nico Smit praat oor die Nordschleife-renbaan in Nürburgring in Duitsland.
Groenvingers 7 Oktober 2023 07.10.2023 8:24
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor die versorging van potplante, en die beheer van onkruid. Die plant van die week is Delosperma nubeginium Wheels of Wonder.
Omgewingspraatjie 7 Oktober 2023 07.10.2023 7:48
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die James Webb-ruimteteleskoop wat infrarooitegnologie gebruik om die atmosfeer van planete te ondersoek vir tekens van lewe. Hoe weet ons as daar bewyse van lewe is deur die atmosfeer van 'n planeet te ondersoek?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.