Petrus Botha
Boodskappe van hoop
Hoop uit en deur die Woord van God.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ngpongola.com
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pinkster 3 Geloof alleen 24.05.2023 21:19
Galasiërs 3: 1-3: Is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang! 2Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo? 3Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle no...
Pinkster 2 Christus alleen 23.05.2023 17:00
Die evangelie wat Paulus verkondig is dat ons uit die sondige wêreld gered word deur die geloof in Christus alleen. Waaroor Paulus dit in hoofstuk 2 het is dat jy aan hierdie ware evangelie moet vashou met jou hele lewe. Dit was vir Paulus só belangrik dat hy alles in sy vermoë gedoen het om dit nie net te verduidelik nie, maar hy doen ook moeite om die waarheid van die evangelie prakties te verde...
Pinkster 1 Die Woord alleen 22.05.2023 16:37
Vannaand – Die Woord alleen Dinsdag – Christus alleen Woensdag – Geloof alleen Donderdag – Genade alleen Sondag (Pinksterfees) – deur die Gees alleen Kan ‘n mens nie maar verskillende interpretasie van die evangelie toelaat, selfs al wyk dit op plekke af van die uitsprake van die Skrif nie? Gaan dit nie meer oor die verdraagsaamheid, eerder as die suiwerheid nie? Wel oordeel self of Paulus só ‘n...
Geloofsekerheid 21.05.2023 14:14
1 Johannes 5:13: “Hierdie brief skryf ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het.”
Hemelvaart 2023 18.05.2023 18:01
Jesus het mens geword, het die skares geleer, het genees en vergewe, het gely, het gesterwe, is begrawe, het opgestaan uit die dood en het opgevaar na die hemel. Daar stop die verlede tyd. Nou word Jesus teenwoordige tyd, want Hy sit aan die regterhand van die Vader, Hy regeer oor ons wêreld en ons lewens, Hy werk deur sy Woord en Gees in ons wêreld. Jesus se verlossingswerk is afgehandel en H...
Moedersdag 14 Mei 2023 14.05.2023 12:50
Spreuke 31:30: Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word.
God luister 07.05.2023 18:12
Psalm 116 is ’n Lied van iemand wat besluit het om God lewenslank te vertrou, want God is ’n God wat luister as jy na Hom roep!
Hoop in hooploosheid 16.04.2023 17:49
(Die 23ste en 30ste April sal daar nie boodskappe gestuur word nie agv familie verantwoordelikhede) Die grootste persentasie van jongmense wat vir berading kom, is jongmense wat hulle kyk op die toekoms verloor het. Hulle is sonder hoop, sonder drome, sonder enige positiewe verwagting oor die toekoms. Hulle glo nie meer dat daar vir hulle ‘n toekoms in die lewe, en veral in ons land is nie. Waaro...
Hy het opgestaan! 09.04.2023 15:21
Waarom het God ons lief..., so lief, dat Hy bereid was om nie alleen te sterf nie, maar ook om al ons foute, haat, gierigheid, selfverheerliking, selfsug, ja al ons sondes op Homself te neem en so al ons sondes in ons plek te betaal? Hoekom het God ons so lief, dat Hy bereid was om dit te doen?
Donderdagaand / Goeie Vrydag Nagmaal 06.04.2023 12:23
Lukas 22 “19 Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.” 20 Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.” 42 “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laa...
Wanneer jy tot inkeer kom... 02.04.2023 16:16
Ons kan net vir die Here lewe: as ons ons stroop van ons eie krag en soos ’n koringkorrel aan onsself sterf, as ons ons (eie)wysheid en veglus aflê, as ons weerloos word, as ons ons afhanklikheid van die Here besef en vol van sy liefde word. Lukas 22:31“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. 32Maar Ek het vir jou gebid dat jou gelo...
Onthou - 2 Timoteus 2:8-11 26.03.2023 13:40
Julle sien, ons word so deur die politiek, die toestand waarin ons land is, en die chaos in die wêreld verblind, dat ons vergeet wie ons is en wat ons roeping is. Daarom het ons nodig om te onthou! Die duiwel en die chaos magte wil hê dat jy moet dink dat alles tevergeefs is, en dat niks sal reg kom nie. Die duiwel se doel is om dit wat God mooi en goed gemaak het te kom vernietig. So te ver...
Toets jouself 19.03.2023 13:56
2 Korintiërs 13: 5: Stel julle self op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie?
Ek is die Brood wat lewe gee - Nagmaal 12.03.2023 18:31
Mense dink steeds dat jy jou verlossing self moet verdien, daarom verval daar soveel mense in 'n nuwe “Joodse tradisie” van wettiesisme en die nakoming van die Ou Testamentiese gebruike en wette – so asof Jesus nie die nuwe bedeling gebring het nie. Hulle sê weer, soos die Jode van destyds: Jy moet jou plek verdien! Jy sal voor die troon van God staan en jy sal geoordeel word vir elke ding wat jy...
Die ware Brood 05.03.2023 21:40
Wanneer hulle vir Jesus sien, is Hy maar net weer die wonderwerker wat in hulle fisiese behoeftes moet voorsien. Is dit nie vandag nog steeds so nie? Kyk hoe lyk ons gebede. Luister na mense, jou gebede. Ons vra en vra na fisiese goed. Intussen gaan die wêreld aan geestelike honger dood.
vyf vissies 26.02.2023 16:39
Die dingetjies wat ons het om te bied – vyf brode en twee vissies – is min in ons hande maar word 'n oorvloed in God se hande. God kan die onmoontlike doen. Hy gebruik ons – dit wat ons het en dit wat ons is – hoe onbeduidend of onbenullig dit vir ons mag voorkom. In God se hande word dit oorvloed! Kom ons gee vandag wat ons het vir Jesus en begin uitdeel wat Hy aan ons toevertrou. Miskien sal die...
Afhanklikheid voor God Matteus 5:3 19.02.2023 17:14
Jou lewe is suksesvol wanneer dit aan God en mense verbind is, al het jy niks: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” . As ons in die regte verhouding met God wil staan, moet ons ook in die regte verhouding met die wêreld staan. Ons moet met die wêreld maak soos wat Jesus met die wêreld gemaak het. Joh 3:16: “Want so lief het Go...
Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. 12.02.2023 16:44
Matteus 4:17: 17Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Jesus preek én sy boodskap is eenvoudig - verander jou lewe, verander jou rigting en stap, volg Hom - word so deel van God se koninkryk. Jesus bied dieselfde geleentheid aan ons… verander jou lewe, jou prioriteite, jou rigting radikaal en volg Hom. As jy Hom volg, is dit nie g...
Laat die kindertjies na my toe kom 05.02.2023 14:08
Is jy dalk die grootste struikelblok dat jou kind nie gered is nie? Is jy dalk die grootste struikelblok dat jou kind nie in 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus staan nie?
Hy het vir diegene gekom wat Hom nodig het 29.01.2023 13:28
Die Here Jesus antwoord hierdie Skrifgeleerdes in die vorm van ’n spreuk: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars” .
Nuwejaarsvoornemens 08.01.2023 13:18
Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
God sorg in 2023 01.01.2023 17:07
Is jou vertroue ALLEEN in die Here. ALLEEN! Ag asseblief moenie 'n Christelike sousie oor jou lewe gooi nie – want dan moet God net jou wense laat waar word. Stel jy jou vertroue alleen op die Here? Nee. Jy vertrou net op jouself. Ons kom nie meer kerk toe om God te loof en prys nie maar uit gewoonte. Waar is die Koninkryk van God in jou lewe sigbaar? Ons fokus en prioriteite sal moet verander.
Kersfees 2022 God gee Homself 25.12.2022 10:15
Modern oorvertaal, wil Johannes van Jesus se geboorte die volgende sê: · As ons grootste behoefte inligting was, sou God vir ons ‘n opvoedkundige gestuur het. · As ons grootste behoefte tegnologie was, sou God vir ons ‘n wetenskaplike gestuur het. · As ons grootste behoefte geld was, sou God vir ons ‘n ekonoom gestuur het. · Maar aangesien ons grootste behoefte verlossing en vergifnis is, het God...
Psalm 148 Jou lewe moet God eer 18.12.2022 15:03
Om die waarde van een jaar te besef: Vra 'n student wat 'n finale eksamen gedruip het. Om die waarde van een maand te besef: Vra 'n moeder wat geboorte geskenk het aan 'n vroeggebore baba. Om die waarde van een week te besef: vra 'n ouer langs die siekbed van haar kind. Om die waarde van een uur te besef: Vra 'n kind wat sy kersgeskenk wil oopmaak. Om die waarde van een minuut te besef: Vra 'n per...
Onthou 04.12.2022 18:36
2 Timoteus 2 Vers 8 begin met die woord “onthou” en vers 14 begin met die woorde “Hou aan om die gelowiges aan hierdie dinge te herinner” . Die kern van hierdie gedeelte is dus om te onthou en op te skerp. Maar wat moet onthou word? Onthou altyd dat Jesus Christus uit die dood opgewek is .
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.