Afrikaans Vandag
Afrikaans Vandag
Podsendjoernaal van Jana Luther en die Woordeboek van Afrikaans Vandag.
Author
Afrikaans Vandag
Category
Podcast website
Latest episode
Feb 21, 2025
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Metafoor 21.02.2025 3:03
’n Voorbeeld. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. (Fred Pheiffer) Poort-kompetisie · Afrikaans Vandag
Skryfstyl 21.02.2025 4:02
Wanneer ek weet vir wie ek gaan skryf, hoekom, oor watter onderwerp en in watter vorm. Dan kan ek my pen optel, my rekenaar of tablet aanskakel, en begin. Nou moet ek nadink, werk, aan my styl. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skep...
Druppeltjies en titseltjies 09.02.2025 12:24
Oor lukrake meeteenhede, informele maniere van afmeet, wei Jana Luther in dié aflewering uit: oor brokkies en flenters, flirtsies en flertsies, doppies, skeutjies, katspoegies, en meer. Afrikaans Vandag
Vier dinge vooraf 07.02.2025 3:50
Wanneer ek skryf, nadink oor hoe, terwyl ek skryf, neem ek heeltyd besluite. Besluite wat afhang van vier dinge wat ek moet weet voor ek begin. Hierdie insetsel deur Jana Luther is geskep in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in aanloop tot POORT 2025, ’n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent by hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. Poort-kompetisie · Afri...
Die kontras 06.02.2025 2:58
Deur Fred Pheiffer verduidelik aan die hand van Lynthia Julius se gedig "Die intellektualisme van goed" uit haar bekroonde bundel Uit die Kroes. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en...
Taalverskeidenheid 05.02.2025 10:31
Geen natuurlike taal klink en lyk altyd en oral dieselfde nie. ’n Lewende taal het ’n lewe van sy eie, en ’n lewende taal sonder verskeidenheid is kleurloos en op pad om ’n dooie taal te word. Die woorde wat ons kies, die idiomatiese uitdrukkings en beeldspraak wat ons gebruik, word bepaal deur waar ons is, saam met wie, die aard van die situasie, en die doel van ons kommunikasie. Afrikaans Vandag
Idiome skets prentjies 23.01.2025 4:39
Wat is ’n idioom? Wie skep idiome? Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. POORT-kompetisie · RSG Kompas · Afrikaans Vandag
Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans? 16.01.2021 41:09
Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds hul taal “suiwer” te hou? Hoe moet taalpraktisyns Engelse invloed in Afrikaanse...
’n Kleurtjie tussen klip 16.01.2020 10:39
Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut geproklameerde delwerye gestroom het, getuig ’n klein skat inskrywings in die WAT. www.afrikaans-vandag.co.za · Afrikaans Vandag
En die groen gras groei daar om 07.11.2019 11:29
En die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras. Beddinggras. Borselgras. Donsgras. Besembiesies. Bewertjies. Bromgras ... Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras....
Wat behels die werk van ’n teksredakteur? 26.10.2019 20:41
Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses? Teksredaksie.co.za · Afrikaans Vandag
Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies 25.10.2019 12:20
Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit oor die eeue heen met die benoeming van Suid-Afrika se ongewerweldes gegaan? Insekte, spinnekopagtiges,...
Ja vir die kommapunt 09.10.2019 18:56
In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2...
Jy wil ’n skrywer wees? 09.10.2019 16:13
Jy wil ’n skrywer wees? (Jana Luther). Dan moet jy eers op hierdie vrae antwoord. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook · Afrikaans Vandag
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.