fr

Afrikaans Vandag

Afrikaans Vandag

Podsendjoernaal van Jana Luther en die Woordeboek van Afrikaans Vandag.

Auteur

Afrikaans Vandag

Catégorie

Uncategorized

Site du podcast

afrikaans-vandag.co.za

Dernier épisode

21 févr. 2025

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Metafoor 21.02.2025

’n Voorbeeld. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. (Fred Pheiffer) Poort-kompetisie · Afrikaans Vandag

Skryfstyl 21.02.2025

Wanneer ek weet vir wie ek gaan skryf, hoekom, oor watter onderwerp en in watter vorm. Dan kan ek my pen optel, my rekenaar of tablet aanskakel, en begin. Nou moet ek nadink, werk, aan my styl. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skep...

Druppeltjies en titseltjies 09.02.2025

Oor lukrake meeteenhede, informele maniere van afmeet, wei Jana Luther in dié aflewering uit: oor brokkies en flenters, flirtsies en flertsies, doppies, skeutjies, katspoegies, en meer. Afrikaans Vandag

Vier dinge vooraf 07.02.2025

Wanneer ek skryf, nadink oor hoe, terwyl ek skryf, neem ek heeltyd besluite. Besluite wat afhang van vier dinge wat ek moet weet voor ek begin. Hierdie insetsel deur Jana Luther is geskep in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in aanloop tot POORT 2025, ’n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent by hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. Poort-kompetisie · Afri...

Die kontras 06.02.2025

Deur Fred Pheiffer verduidelik aan die hand van Lynthia Julius se gedig "Die intellektualisme van goed" uit haar bekroonde bundel Uit die Kroes. Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en...

Taalverskeidenheid 05.02.2025

Geen natuurlike taal klink en lyk altyd en oral dieselfde nie. ’n Lewende taal het ’n lewe van sy eie, en ’n lewende taal sonder verskeidenheid is kleurloos en op pad om ’n dooie taal te word. Die woorde wat ons kies, die idiomatiese uitdrukkings en beeldspraak wat ons gebruik, word bepaal deur waar ons is, saam met wie, die aard van die situasie, en die doel van ons kommunikasie. Afrikaans Vandag

Idiome skets prentjies 23.01.2025

Wat is ’n idioom? Wie skep idiome? Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te moedig. POORT-kompetisie · RSG Kompas · Afrikaans Vandag

Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans? 16.01.2021

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds hul taal “suiwer” te hou? Hoe moet taalpraktisyns Engelse invloed in Afrikaanse...

’n Kleurtjie tussen klip 16.01.2020

Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut geproklameerde delwerye gestroom het, getuig ’n klein skat inskrywings in die WAT. www.afrikaans-vandag.co.za · Afrikaans Vandag

En die groen gras groei daar om 07.11.2019

En die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras. Beddinggras. Borselgras. Donsgras. Besembiesies. Bewertjies. Bromgras ... Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras....

Wat behels die werk van ’n teksredakteur? 26.10.2019

Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses? Teksredaksie.co.za · Afrikaans Vandag

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies 25.10.2019

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit oor die eeue heen met die benoeming van Suid-Afrika se ongewerweldes gegaan? Insekte, spinnekopagtiges,...

Ja vir die kommapunt 09.10.2019

In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2...

Jy wil ’n skrywer wees? 09.10.2019

Jy wil ’n skrywer wees? (Jana Luther). Dan moet jy eers op hierdie vrae antwoord. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook · Afrikaans Vandag

Écoute le podcast Afrikaans Vandag sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics