100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

Music AF ↓ 150 episodes

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

Music

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Onoorwonne Pumas marsjeer voort in SA Beker 01.04.2026

Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee.

CMDA skort bedrywighede op 31.03.2026

Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het besluit om alle bedrywighede van vandag af op te skort. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane gesels met ons.

InPowered: Reëls gee jou beter kans in misdaad situasie 30.03.2026

Mense doen dikwels simpel dinge wat hul risikoprofiel verhoog, want hulle weet nie van beter nie. Mark Grobbelaar, die stigter en uitvoerende beampte van InPowered, sê 'n paar eenvoudige reëls kan jou en jou naastes se blootstelling aan geweldadige misdadigers verlaag. Hy kuier in die ateljee saam met Lauren Barnard saam met wie hy InPowered na die Laeveld bring.

Skenk bloed by i'langa môre 27.03.2026

SANBS hou môre weer 'n bloedskenkingsveldtog by i'langa Mall 09:00 tot 17:00. Palesa Mazibuko kuier by Sonop Ontbyt.

Laevelders wen Expedition Africa 27.03.2026

Die Laeveld se Expedition Africa Adventure Race-span, Jabberwock, het op 20 Maart 'n naelskraapse oorwinning in die 2026 Drakensberg resies behaal na 'n uitmergelende 500 km om die wenstreep voor die Russiese nasionale span, Wild Trials, oor te steek. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die spanlede.

Geraas: 'n Ode aan ADHD 26.03.2026

Die plaaslike rocker en radio-omroeper Coenie Naudé se jongste enkelsnit klink soos niks wat jy al uit sy pen gehoor het nie. Geraas word môre amptelik vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.

NLP kan jou angs in die rede val 25.03.2026

Jess Burgess, 'n NLP-praktisyn, bied volgende naweek 'n werkswinkel aan om jou te help om jou angs beter te beheer. Sy gesels met die Middag Game Drive.

LVCC Rolbal vier 75 jaar 24.03.2026

Rolbal geniet 'n oomblik in die son met gewildheid wat toeneem. LVCC se rolbalklub is vanjaar 75 jaar oud. Stan Stanton en Charles Davies gesels met ons.

Pumas Sondag weer tuis in SA Beker 24.03.2026

Die Pumas speel Sondag by Mbombela-stadion teen die Valke. Sampie Swiegers en Sango Xamlashe gesels met Sonop Ontbyt.

Jazz en Bluefees op pad na Waterval Boven 23.03.2026

'n Jazz en Bluesfees vind oor Paasnaweek in Waterval Boven plaas. Barbora Tellingher en John Fresk gesels met die Middag Game Drive.

Chris Coetzer bring aansporingskonserte na Laeveld 20.03.2026

Die sanger Chris Coetzer tree Saterdag 28 Maart by die Henk van Rooyen-vlooimark in Marloth Park op. Kom geniet dit saam tussen 11:00 en 12:00 en besoek die meer as 80 stalletjies. Die bloedbank sal ook die dag daar wees. Hy tree ook by die NG Kerk in Malalane op.

Sheri Brynard deel inspirasie vir Wêrelddag vir downsindroom 20.03.2026

Sheri Brynard is een van die bekendste Suid-Afrikaners met downsindroom. Sy gesels met ons voor Wêrelddag vir downsindroom wat jaarliks op 21 Maart gevier word.

Laevelders span saam om Love Revolution op die planke te bring 19.03.2026

Die Passiespel "A Love Revolution: How one man changed the world" is 'n gemeenskapsprojek wat verskillende kerke, kore, groepe danseers en musikante van oor die Laeveld betrek. Ds. Alisna Slabbert gesels met 100.5FM.

The Square die plek om te wees hierdie Saterdag 19.03.2026

Ons saai Saterdag regstreeks uit vanaf The Square-sentrum. Joanne Wearne gesels met Sonop Ontbyt.

Laerskool Laeveld bring Big Bounce na die Laeveld 19.03.2026

Laerskool Laeveld bied op 25 Maart die tiende keer hul jaarlikse Colour Run aan en hierdie keer saam met 'n Big Bounce.

Veerkragtigheid kan aangeleer word 17.03.2026

Peta King-de Wet is die gasspreker by die SACBW se maandelikse vergadering wat Donderdag plaasvind.

Gemeenskap opponeer jongste mynaansoek op wildtuin se voorstoep 17.03.2026

Die volgende hoofstuk in die uitgerekte Krugerwildtuin-mynsage is Vrydag voortgesit in Marlothpark toe AfriForum, gemeenskapslede en belanghebbendes byeengekom het vir ’n openbare deelnamevergadering as deel van ’n nuwe aansoekproses vir die oprigting van ’n myn op die wildtuin se voorstoep. Cindy Benson is die voorsitter van Marloth Park se belastingbetalersvereniging.

Pumas bly op wenpad tydens SA Beker ronde 2 17.03.2026

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het die Oostelike Provinsie Vrydag met 47-10 by Mbombela-stadion geklop. Die span reis Vrydag na Bloemfontein vir 'n kragmeting met die Cheetahs. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt ook oor die Stonehouse 10's die naweek.

Lanie Rischmüller: Eerste in Afrikaans 17.03.2026

Lanie Rischmüller is 'n nuwe Country liedjieskrywer en sangeres. "Engel daarbo" is haar eerste Afrikaanse enkelsnit sy vrystel.

Afritasties: 'Ek kan lees' 16.03.2026

Hoërskool Bergvlam is die enigste ATKV-jeugtak in die Laeveld. Anseri Pool van Afritasties vertel meer oor die "Ek kan lees"-projek.

Wintergewasse in jou groentetuin: Die moets en moenies 16.03.2026

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuin kenner, was weer in die Saterdag Ontbyt ateljee om oor die plant van wintergewasse te gesels en die moets en moenies wat daarmee gepaard gaan.

Staat skuld Mbombela meer as R400 miljoen 12.03.2026

Die DA beplan om Mbombela by die Openbare Beskermer aan te gee weens sy versuim om dienste af te sny van die provinsiale regering wat die munisipaliteit R406 miljoen skuld. Robert Dlamini en Thea Rix gesels met 100.5FM.

Rolstoele beskikbaar deur MAPD 11.03.2026

Die Mpumalanga APD het rolstoele beskikbaar vir inwoners wat dit benodig. Doen teen Vrydag aansoek. TK Khumalo and Thembelihle Mhlabane vertel hoe.

Relay for Life hierdie naweek 11.03.2026

Die KANSA Relay for Life vind Vrydag plaas. Sandra Jacobs kuier by Sonop Ontbyt.

Pumas Vrydag tuis in SA Beker-aksie 10.03.2026

Die SA Beker het die naweek afgeskop en die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, het die SWD Arende met 28-26 in George geklop. Die Pumas speel Vrydagaand hul eerste tuiswedstryd van die toernooi by Mbombela-stadion teen die Oostelike Provinsie.

Listen to the 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.