100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

Music AF ↓ 286 episodes

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiolaeveld.co.za

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

Music

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Nov 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Lewer kommentaar oor die voorgestelde Koalisie-wet 19.11.2026

Die Parlement beraadslaag oor die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture. Rob Hutchinson van Dear SA verduidelik wat jy moet weet voor die 27 November-spertyd vir openbare kommentaar.

Securicon gerat vir jou vakansietyd 19.11.2026

Securicon berei voor vir die vakansietydperk wat oor ongeveer 'n maand afskop. Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch.

Mahindra Nelspruit: 18.11.2026

Nico Grobler van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor nuwe voertuigverkope.

Medisinale plante in jou tuin – natuurlike helpers om jou deur die vakansie te help 16.11.2026

Daar is ’n paar medisinale plante wat ons in ons eie tuine kan plant en wat handig te pas kan kom tydens die vakansietyd. Organiese groentetuinkenner Elzabé de Bruyn gesels met Saterdag Ontbyt.

Securicon: Veiligheid begin voor iets verkeerd loop 12.11.2026

Desember kom vinnig nader, en soos jy bes moontlik vakansieplanne maak, het misdadigers planne van hul eie. Selfs op jou selfoon, sê Callum MacPherson en Gerald Erasmus vir Laeveld Brunch.

Jabberwock keer terug na Wêreldkampioenskappe 12.11.2026

Die Jabberwock-span het onlangs aan die Wêreldkampioenskap in Adventure Racing deelgeneem in Corsica. Harry Wiltshire en Sara Archdeacon vertel vir die Middag Game Drive hoekom slegs nege uit die 100 spanne wat die resies begin het, dit kon voltooi.

Sluit aan by die polisie 11.11.2026

Die polisie wil hê jy moet by hulle aansluit. Lt. Kol. Jabu Ndubane en kapt. Mduduzi Hlubi vertel hoe werk die aansoekproses.

Skankane Vervoer: Hier vir jou sedert 2004 11.11.2026

Skankane Vervoer is al meer as 20 jaar in die plaaslike vervoerbedryf. Johan Moller gesels met Sonop Ontbyt.

Mahindra Nelspruit: Tweedehandse voertuie 11.11.2026

Hoekom kies meer Suid-Afrikaners tweedehandse voertuie bo nuwes? Nico Grobler van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive.

Navorser: Oorweeg gerus konynvleis 10.11.2026

Len Coetzer is 'n navorsingstegnikus by die Mpumalanga Departement van Landbou. Hy verduidelik die sosio-ekonomiese en gesondheidsvoordele wat konynvleis bied.

Luilekker Sondag: Reon van Aardt 09.11.2026

Die plaaslike musikant Reon van Aardt was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Kabeldiefstal bly massiewe probleem 05.11.2026

Callum MacPherson van Securicon sê vir Laeveld Brunch kabeldiefstal is 'n massiewe probleem.

Helena Hettema kom hou kabaret én digkunsaand in die Laeveld 05.11.2026

Die gevierde en bekroonde kabaretkunstenaar, aktrise, liedjieskrywer en digter, Helena Hettema, hou volgende week twee verskillende vertonings in Nelspruit. Sy vertel ook meer oor haar debuutbundel, "Journeyman".

Mahindra Nelspruit: Bespaar op jou voertuig voor die einde van die jaar 04.11.2026

Wat kos jou voertuig jou regtig? Nico Grobler, die nuwe voertuig verkoopsbestuurder by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.

The Raven Protocol 03.11.2026

In haar nuwe boek, “The Raven Protocol”, het dr. Lizelle Grobler – ’n forensiese psigofisioloog en deskundige in neurolinguistiese programmering (NLP) – ’n opleidingshandleiding in die vorm van ’n riller geskryf om die leser te leer hoe om NLP wat as wapen ingespan word, te identifiseer en hulself teen manipulasie te beskerm.

Lefpa verleng Laeveld-brandseisoen 30.10.2026

LEFPA het die brandseisoen verleng en die brandverbod bly tot 15 November in plek weens die huidige hoë brandgevaar toestande. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt.

Verkiesing: Wat jy moet weet voor Woensdag 30.10.2026

Waar moet jy Woensdag stem? SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind. Om te bepaal of jy goedgekeur is vir 'n spesiale stem, SMS dit na 32711. Thanduxolo Chembeni van die Verkiesingskommissie gesels met Sonop Ontbyt.

Oktober is Downsindroommaand 28.10.2026

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink 28.10.2026

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.

Braai Hard vir Power of 8 000 27.10.2026

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.

Luilekker Sondag: Soul Taxi 26.10.2026

Jamie Negrao en Neil Fishwick van Soul Taxi was gister Anne se gaste tydens Luilekker Sondag.

Securicon: Oop vensters in die hitte 22.10.2026

Callum MacPherson en Gerald Erasmus gesels met Laeveld Brunch.

Wêreld Woordeboekdag 19.10.2026

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om ’n woord akkuraat en met selfvertroue te gebruik nie.

Luilekker Sondag: Nicolene Breytenbach 19.10.2026

Die plaaslike sangeres Nicolene Breytenbach was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Pas op met vuur te midde van baie hoë brandgevaar 16.10.2026

Dis baie warm en droog en die brandgevaar is hoog, waarsku André Scheepers van die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging.

Listen to the 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.