100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER
As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skryf hierom in vir Mev. Mpumalanga 15.05.2026 11:40
Inskrywings het geopen vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie en sluit eersdaags. Zahné Botha en Amelia Roux gesels met die Middag Game Drive.
Ondersteun GRIP met SPAR Women's Challenge 15.05.2026 11:50
Op 18 Julie vind die SPAR Women's Challenge Mbombela plaas en GRIP is weer die begunstigde. Tarryn Lokotsch gesels met Sonop Ontbyt.
Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos 15.05.2026 22:35
'n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na 'n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie.
Noordvaal-beker stel aanlyn-portaal bekend 12.05.2026 12:09
Passie Erasmus gesels met die Middag Game Drive oor die Virseker Noordvaal-beker wat vanjaar 'n aanlyn portaal het en die Laeveldse deelnemer aan hierdie toernooi, Hoërskool Nelspruit.
Safari Outdoor Country 12.05.2026 11:11
Safari Outdoor Country se Lizelle en Divan gesels met Sonop Ontbyt.
Pumas opgewonde vir tuis halfeind 12.05.2026 9:08
Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley.
Raad met vrugtebome 11.05.2026 19:05
Elzabé de Bruyn het raad oor hoe om hierdie tyd van die jaar jou vrugtebome organies te benader.
Mbombela Ope lok internasionale tennisspelers 08.05.2026 6:31
Die Mbombela Open Global Series loop Sondag ten einde met die eindstryde. Die Organiseerder, Sabelo Mathebula, gesels met 100.5FM.
Donna is a cow for the CHOC Foundation 08.05.2026 9:54
Donna James is op 'n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop ultra-marathons in die buiteland. 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar volgende week.
Dialise-eenheid open by Robs 07.05.2026 6:48
Rob Ferreira-hospitaal het onlangs amptelik sy dialise-eenheid geopen. Dr. Salah Bashir vertel hoe 'n groot verskil dit in pasiënte se lewens maak.
Sekuriteit met Securicon: Samewerking help die gemeenskap 07.05.2026 18:23
Callum Mac Pherson van Securicon gesels weekliks met Laeveld Brunch oor veiligheid. Hy vertel meer oor hul betrokkenheid by die soektog na 'n vermiste sakeman in die Komatirivier die afgelope week.
Twee van Mpumalanga op pad na Statebondspele vir Skaak 06.05.2026 11:52
Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Master Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive.
Lebombo-grenspos gaan herbou word 06.05.2026 11:08
Die Grensbestuursowerheid het die suksesvolle bieërs aangekondig om ses groot landgrensposte deur middel van openbare-privaat vennootskappe te herontwikkel. Die suksesvolle bieërs is onder andere die Raulux-konsortium vir Lebombo-grenspos. Die woordvoerder, Mamemme Mogotsi sê die projek sal grensinfrastruktuur opgradeer, sekuriteit verbeter en reis en handel meer doeltreffend maak.
'Feel the music' volgende week 05.05.2026 9:59
Die Lowveld Community Orchestra, Developement Orchestra, Lowveld Youth Choir en ander belowende jong, plaaslike musici hou volgende week konsert met "Feel the music". Lizanne Barnard en Rona le Roux kuier in die ateljee.
Krokodilvangs in Komatirivier 05.05.2026 13:24
Kapt. Pottie Potgieter, koordineerder van die polisie se duikeenheid in Mpumalanga het 'n baie gewaagde operasie uitgevoer om 'n krokodil uit die Komati-rivier op te hys om sy ingewande te inspekteur. Hy kuier in die ateljee.
Kaapsehoop wildetrop groei na kommer tot agt 04.05.2026 7:18
Die Kaapsehoop Conservancy was verlede week bekommerd dat 'n sewe-stuk troppie wildeperde verlore was, maar hulle is veilig opgespoor - met 'n nuwe vulletjie by. Carli Scheepers gesels met ons.
Pampelmoesmampoer 04.05.2026 10:10
Pampelmoesmampoer is 'n eiesoortige produksie wat vanjaar by Innibos te beleef is. Sonop Ontbyt gesels met Matie van Graan.
'Unspoken yet remembered' 30.04.2026 10:58
Dr. Tracy Mmako is 'n neuroloog wat eersdaags 'n boek publiseer oor haar reis met haar dogter se autisme. Sy het ook die Dr. MT Mmako-Mkhonza Foundation gestig om gesinne met neurodiverse kinders te ondersteun.
Securicon: Hoe om 'n krisis te hanteer 30.04.2026 17:52
Callum Mac Pherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die grootste foute wat mense maak wanneer hulle met 'n krisis gekonfronteer word.
Local in Lekker by Innibos 30.04.2026 10:06
Op 8 Mei bied Innibos 'n skattejag en Local is lekker-dag vir feesterreinkaartjies by i'langa Mall vanaf 12:00 tot 16:00. Verkope van produksiekaartjies open ook vandag! Naranda Leeuwner deel die besonderhede met Sonop Ontbyt.
Sirkus L'amour by Innibos 30.04.2026 10:34
Wynand van Vollenstee is tydens die komende Innibos-fees te sien in die komedie "Sirkus L'amour en die alewige getoer." Hy kuier by Sonop Ontbyt in die ateljee.
'n CoC is noodsaaklik 30.04.2026 14:40
'n Elektriese sertifikaat van nakoming (CoC) is 'n verpligte wetlike dokument wat bevestig dat 'n eiendom se elektriese installasie voldoen aan standaarde. Brendan Halderman van B-On Plumbing & Electrical en Koos Bothma van Harcourts gesels met Laeveld Brunch.
Dwelms en misdaad: 'Daar is 'n duidelike korrelasie' 28.04.2026 17:59
Daar is 'n duidelike korrellasie tussen misdaad en dwelmgebruik, sê Healing Wings se Nelson Mahamba.
Calvary vier 40ste jaar 28.04.2026 16:21
Calvary School vier eersdaags sy 40ste bestaansjaar. Die skoolhoof, Pierre Ellof, gesels saam met past. Steve Maritz en sy vrou Tannie Mursha met Laeveld Brunch.
Griekwas troef Pumas in SA Beker 28.04.2026 10:30
Die Pumas het die naweek teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer. Jimmy Stonehouse en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.