RSG Kuns

RSG

Arts AF Odcinki: 2902

Gdzie słuchać?

Słuchaj w przeglądarce Replaio Web Już dzisiaj
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce - zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play

Zainstaluj teraz - 5 mln+ pobrań, ocena 4,8

Odcinki

Vrystaat Kunstefees 2026 02.06.2026

Die feesdirekteur van die Vrystaatkunstefees, Michael Garbett, gesels oor 2026 se program.

Kaapstad Filharmonies se 2026-winterseisoen 26.05.2026

Dit is tyd vir die volgende konsertseisoen van Kaaptad Filharmonies. Terrance April gesels met die bestuurshoof en artistieke direkteur, Adriaan Fuchs.

Palisander Kamerkoor se katedraalkonserte 26.05.2026

Sarita Hauptfleisch, dirigent van die Palisander Kamerkoor, vertel van hulle opkomende optredes in twee katedrale – een in Frankryk en een in Spanje.

Magonjatjie pak boelies 26.05.2026

Christelle Webb-Joubert kuier gesels met Sunieda Kelber en Magonjatjie oor hulle nuwe produksie oor boelies.

Salon Musiek-konserte terug in Pretoria 26.05.2026

Salon Musiek se konserte keer terug na Pretoria. Die artistieke direkteur, Willem Vogel, vertel meer.

A Gentleman’s Guide to Love and Murder 19.05.2026

Die musiekspel, A Gentleman’s Guide to Love and Murder, is vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika. Die musiekregisseur en akteur, Barend van der Westhuizen, vertel meer.

Mzansi Ballet se Heal the World 19.05.2026

Mzansi Ballet het al talle produksies gedoen wat gebaseer is op kunstenaars soos Abba, Queen, Neil Diamond en Elvis Presley. Nou gaan gehore by die Pieter Toerien Teater by Montecasino die geleentheid kry om iets oor Michael Jackson te beleef. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, bestuurshoof van Mzansi Ballet, oor Heal the World.

John Reid Coulter-konserte 19.05.2026

Die musikant, John Reid Coulter, vertel van drie konserte waar vier klawesimbels te hoor is.

Kirstenbosch-konserte 19.05.2026

Christelle Olivier vertel van konserte wat in Kirstenbosch aangebied word. Dié konsertreeks was vir jare ‘n droom van haar klavieronderwyser, dr. Ingrid Gollom.

Daniël Butcher-Geddes en Pretty Woman se musiek 12.05.2026

Terrance April gesels met musiekregisseur Daniël Butcher-Geddes oor die musiekspel, Pretty Woman.

Gamka Klassiek 2026 12.05.2026

Pianis en feesdirekteur Elna van der Merwe vertel van die tweede Gamka Klassiek in Prins Albert. Dit vind plaas van 5 tot 7 Junie 2026.

Atterbury Klassiek 2026 12.05.2026

Atterbury Klassiek vind van 21 tot 24 Mei plaas. Pianis Charl du Plessis vertel van dié fees in Pretoria, asook sy drie konserte in die Kaap.

Innibos 2026 12.05.2026

Innibos vind plaas van 2 tot 5 Julie in Mbombela. Die bemarkingsbestuurder, Naranda Leeuwner, vertel wat alles op die spyskaart is.

The Killing of a Union Leader 12.05.2026

Christelle Webb-Joubert gesels met dramaturg en regisseur Louis Viljoen oor sy nuwe riller, The Killing of a Union Leader.

Maestro Richard Cock se konserte 05.05.2026

Maestro Richard Cock is baie bedrywig in Mei. Terrance April gesels met hom oor twee konserte waar hy as dirigent optree.

Cow Mash - ditšwatšhemong 05.05.2026

Christelle Webb-Joubert besigtig Cow Mash se uitstalling, ditšwatšhemong, by die Javett-UP gallery in Pretoria saam met kurator Storm Janse van Rensburg.

Tiaan Rautenbach in Pretty Woman 05.05.2026

Die akteur Tiaan Rautenbach vertel van die vele rolle wat hy al vertolk het oor die jare – veral in musiekteater. Hy vertel ook van sy rol in Pretty Woman.

RISE ’76: THE STORY OF JUNE 16TH 05.05.2026

Die Soweto opstande van 1976 is al op verskillende maniere herdenk deur 'n musiekspel en talle rolprente. Nou is daar 'n nuwe toneelstuk, RISE '76. Terrance April gesels met Ben Albertyn oor dié werk wat by die Baxter en die Markteater aangebied sal word.

Eerste vir Ales - Margit en Frank 28.04.2026

Die akteurs, Frank Opperman en Margit Meyer-Rodenbeck, is saam op die verhoog te sien in die toneelstuk, Eerste vir Alles. Hulle gesels met Christelle Webb-Joubert.

Kuns op die berg-uitstalling 28.04.2026

Die kunstenaar Hermien van der Merwe het vir sewe weke saam met ander kunstenaars kuns geskep op Tafelberg. Die werk wat geskep is, word in Mei uitgestal in die Kaap.

Ons vir Jou weer op die planke 28.04.2026

Die musiekspel, Ons vir Jou, is na 18 jaar weer op die verhoog te sien. Die sanger en akteur, Bok van Blerk, vertolk die rol van De la Rey. Aktrise Nadia Beukes gesels saam.

Orchard of the Imagination by Javett-UP - Deel 2 28.04.2026

Christelle Webb-Joubert stap verder saam met die kurator, Storm Janse van Rensburg, deur die uitstalling, Orchard of the Imagination by Javett-UP.

EUGENE by Suidoosterfees 28.04.2026

Die toneelstuk, Eugene, wat by die Suidoosterfees open, is gegrond op 'n roman van Kirby van der Merwe. Dit het die Eugene Marais Prys in 2023 gewen. Kirby het ook 'n skildery geverf, wat die temas van sy boek verder uitbeeld. Saartjie Botha het die boek verwerk vir die verhoog. Terrance April gesels met Kirby van der Merwe.

Nuwe toevoeging by Rust-en-Vrede Galery 21.04.2026

Creative Round Art Academy is ‘n nuwe toevoeging by die Rust-en-Vrede Galery. Die hoof, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel wat hulle alles doen.

Orchard of the Imagination by Javett-UP - Deel 1 21.04.2026

Christelle Webb-Joubert besoek die Javett-UP Galery in Pretoria. Die kurator, Storm Janse van Rensburg, gee die agtergrond van die uitstalling, Orchard of the Imagination.

O podcaście

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Autor

RSG

Kategoria

Arts

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Język

AF

Odcinki

2902

Ostatni odcinek

7 lip 2026

Słuchaj podcastu RSG Kuns w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS