RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
OUMA LEER SKRYF deur Mariska Spoormaker 19.09.2019 24:29
Op 64-jarige ouderdom sit ouma Johanna Wewers van Despatch vir die eerste keer in haar lewe in die klas, en dít omdat sy, nes haar kleinkinders, wil kan skryf. Mariska Spoormaker het by die klas, waar ander vroue ook leer lees en skryf, gaan inloer.
BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan 12.09.2019 1:03:12
Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstena...
PROEFKONYN deur Christelle van Tonder 05.09.2019 28:45
Kan dit as eties beskou word om diere te gebruik vir navorsing om die mens se lewe te verbeter of te vergemaklik? As jy die keuse gegee word om te kies dat jou kind se lewe gered word, of dat 'n rot sy lewe gee om mediese vooruitgang te help, wat sal jy kies? Wat gee mense die reg om diere te gebruik? Hierdie vrae en meer word in diepte bespreek veeartse, aktiviste en akademici. Christelle van Ton...
MET DIE MAAN GEPLA deur Hennie Maas 29.08.2019 27:00
Die mensdom is al van eeue gelede af met die maan gepla, en verlede maand het die wêreld die vyftigjarige herdenking van die eerste mens op die maan gevier. Hennie Maas kyk met 'n ander oog na die aarde se enigste natuurlike satelliet – die maan. Die eerste optekening van die maan is millenia gelede gedoen. Dit het destyds 'n sentrale rol in die godsdiens gespeel. Prof. Alex Duffey verduidelik hoe...
DIE VERLORE SPRINGBOK deur Jody Hendricks 22.08.2019 27:06
Die Shields-familie van die Strand het geen bekendstelling in rugbykringe nodig nie. Daar is ses broers wat almal rugby gespeel het. Dit was veral die jongste broer, Hennie, wat plaaslik en internasionaal presteer het. Hy was die eerste Bruin speler wat vir die WP uitgedraf het, maar die Springbokspan was hom nooit beskore nie. Hennie het deesdae amper niks met rugby te doen nie. Hy vertel vir Jod...
LANK LEWE LANGARM deur Haidee Muller 15.08.2019 27:33
Langarm-dans was reeds in die koloniale tydperk in die Kaap as ʼn vorm van ontspanning en vermaak bekend. Dit het mettertyd al hoe gewilder geword in die Bruin-gemeenskap, en is beïnvloed deur ʼn verskeidenheid dansstyle en musiek, waaronder Engelse kontradans (oftewel 'Country dancing'), kadriel-danse, militêre dansgroepe en Kaap-Maleise Kadrieldans-groepe. Haidee Muller het by 'n paar groot langar...
DIE KAFEE OP DIE HOEK deur Esté Gross 08.08.2019 25:28
Wanneer laas het jy 'n draai gemaak by die kafee op die hoek? Die winkels, wat gewoonlik generasies lank in die familie is, word al hoe skaarser. Almal het hulle eie idee van hoe die tipiese kafee lyk, of dit nou vars vis en skyfies is, of die taai toffies wat in rye uitgestal word op die toonbank. Este Gross besoek 'n paar hoekkafees om meer uit te vind van die geskiedenis, die lang ure, die kult...
'N BAIE SPESIALE PLEK deur Fritz Klaaste 01.08.2019 23:52
Die Woodside Tehuis in Cottesloe in Johannesburg sien om na 86 mense met buitengewoon intellektuele gestremdhede. Die inwoners kan nie na hulleself omsien nie en benodig totale verpleegsorg, Van hulle het die breinkapasiteit van 'n pasgebore baba tot vier jaar oue kind. Hulle ouderdomme wissel van drie tot 64 jaar oud. 'n Groep professionele verpleegkundiges versorg die inwoners, en laat jou toe o...
TUIS BY DIE HUIS deur Christelle van Tonder 25.07.2019 20:42
Tuisonderrig is eers in 1996 in Suid-Afrika gewettig, alhoewel baie ouers dwars oor die land reeds vir baie jare voor die wet verander is, hulle kinders by die huis “skool” gegee het. Met die wettiging van tuisonderrig moet elke kind wat nie by 'n skool ingeskryf is nie, by die Departement van Onderwys registreer. Slegs 1% van die meer as 100,000 tuisonderrig-leerders in 2019 is geregistreer. Rols...
LEES IS SIEN deur Jacqui January 18.07.2019 26:03
Jacqui January vertel die storie van die SA Biblioteek vir Blindes wat vanjaar sy 100e bestaansjaar vier. Die biblioteek is in 1919 deur Josephine Wood in 'n kamer in haar huis begin, en spog 100 jaar later met 24,000 boeke in hulle versameling. Tegnologie het die bandhulp vir blindes 'n hupstoot gegee, maar die 200-jaar oue skryf en leesstelsel, Braille, is steeds 'n integrale deel van die bemagt...
WAT IS 'N HUIS SONDER 'N CLAERHOUT? deur Johan van Lill 11.07.2019 25:35
Johan van Lill bring hulde aan die bekende skilder, Vader Claerhout, wat in 2006 oorlede is. Hy sou vanjaar sy honderdste verjaardag gevier het. Hy was bekend vir die kwistige kwashale waarmee hy donkies, sonneblomme en Afrika-tonele geverf het, en ook vir sy houtskooltekeninge waarvan daar amper in elke huis een hang. Die oorspronklike onderhoud met Vader Claerhout wat in die dokumentêr gebruik i...
OM DIE TSITSIKAMMABOS MET HEINEY TE BELEEF deur Mariska Spoormaker 04.07.2019 25:43
Net soos Daleen Matthee die Knysnabosse vir ons oopgeskryf het, só praat Heiney Jacobs, natuurgids van die Tsitsikamma, die bos vir ons oop. Só passievol deel hy die Tsitsikammabos en alles wat daarin leef en beef, dat ‘n mens voel jy wil jou tentpenne daar inslaan en nooit weer terugkeer na die stad nie.
NOOIT TE OUD VIR BALLET NIE! deur Mariska Spoormaker 28.03.2019 22:31
'n Mens raak skoon uitasem om op die spoor van Louie-Anna Nel, hiperaktiewe ouma van Mosselbaai, te probeer bly. Hierdie 78-jarige vrou swem 'n uur en 'n half lank op 'n slag. Sy doen joga, volg 'n rou vegandieet en is kliphard besig met haar matriek-wiskunde. Drie jaar gelede, toe Louie-Anna 75 was, het sy selfs met balletklasse begin. Mariska Spoormaker het haar in só 'n klas, al dansende tussen...
WIPPLANK: TOBIE CRONJÉ 70 20.03.2019 30:40
Tobias Jurgens Cronje het in November 2018 sy 70ste verjaardag gevier. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het al in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf word hy steeds onthou vir rolle soos die van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous...
VAN DIE MOND NA DIE HAND deur Esté Gross 14.03.2019 25:47
Die getal haweloses in Johannesburg neem daagliks toe. Hierdie mense se selfwaarde word afgebreek deur die uitmergelende omstandighede van 'n lewe op straat en elke dag se bakhand staan. Dis moeilik om uit die kringloop te breek, maar daar is hoop. Este Gross besoek die Gereformeerde Kerk in Linden, Johannesburg, se sopkombuis wat nie net kos gee nie, maar ook mense ophef deur vir hulle kunsvaardi...
GIVE A LITTLE LOVE, DIE STORIE VAN IBRAHIM KHALIL SHIHAB deur Martelize Brink 07.03.2019 28:17
Musieklegende Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder, maak in die ouderdom van 72 'n terugkeer na die verhoog met die hulp van Ramon Alexander, wat Ibrahim as 'n held beskou. Geïnspireer deur 'n musikale familie en sonder enige formele opleiding, het hy van die grootste Suid-Afrikaanse treffers van die jare 70 en 80 geskryf, maar was grootliks as klavierspeler, in die skaduwee va...
VAN EEKHORING TOT SPRINGBOK deur Jody Hendricks 28.02.2019 27:10
Op 18 Augustus 2018 maak Damian Willemse sy debuut vir die Springbokke. Sodoende word hy ook die eerste Springbok wat Somerset-Wes Metodiste Primêre Skool opgelewer het. Jody Hendricks kyk Damien se pad tot by die groen en goud.
SKRIF TEEN DIE MUUR deur Lizelle de Bruin 21.02.2019 26:02
Graffiti laat sommige mense steier, en ander staan in verwondering. Lizelle de Bruin gesels met graffitikunstenaars en kunstenaars wat deur die Graffiti Renaissance beïnvloed is. Graffiti bring kleur en betekenis na die mees onwaarskynlike plekke.
KINNERS VAN DIE WELFARE deur Christelle van Tonder 14.02.2019 28:17
Volgens die grondwet het alle kinders die reg om beskerm te word teen alle vorms van geweld. Ongelukkig word te veel kinders in Suid-Afrika se regte geskend. Mareli Venter is 'n statutêre maatskaplike werker van Johannesburg wat gereeld kinders uit hulle ouerhuise moet verwyder as gevolg van mishandeling, seksuele geweld en dwelm- en alkoho misbruik deur die voog. Die kinders word weggeneem, maar...
KUNS VIR 'N OOMBLIK deur Johan van Lill 07.02.2019 28:11
Strijdom van der Merwe is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar. Sy werk verken die brose wisselwerking tussen mens en natuur. Die meeste van sy kunswerke vat 'n oomblik in tyd vas, omdat dit deur natuurelemente verweer word, en later tot niet gaan. Ons leer ken die kunstenaar, en maak saam met hom 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer...
Strijdom van der Merwe se klankskildery 07.02.2019 2:09
Johan van Lill maak saam met landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer word.
NAGEBOORTE NAELSTRING deur Jacqui January 31.01.2019 26:54
Die Sweedse navorser, Annemarie Widstrom, het navorsing gedoen oor die vel-tot-vel kontak tussen 'n pasgebore baba en mamma. Daar is vasgestel dat daar nege stadiums is in die eerste uur of twee na geboorte. Dit is ingebore en instinktiewe fases vir die baba. Dit wil voorkom of al daai “ouvrou-stories” beproefde oorlewingsfeite is!
EEN VAN DIE LAASTE VUURTORINGMANNE deur Mariska Spoormaker 24.01.2019 23:54
Suid-Afrika se vuurtoringwagters is besig om te verdwyn want tegnologie het hulle taak oorgeneem. Martin Peterson, vuurtoringwagter van die Groot Vispunt-vuurtoring buite Port Alfred in die Oos-Kaap, is een van die laaste vier in die land wat nog die beroep beoefen. Mariska Spoormaker het by hom gaan kuier.
PORTRET VAN 'N SKRYWER deur Ina Strydom 17.01.2019 29:33
Die Sestiger-skrywer Chris Barnard sou vanjaar 80 jaar oud geword het. Hy was een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans, en het merkwaardige werk gelewer in verskeie genres: die roman, die kortkuns, die drama en die hoorspel sowel as skrywer van rolprent- en televisiedraaiboeke. Barnard is twee keer met die Hertzogprys bekroon.
KATRINA, DIE DANSENDE TAAL deur Jacqui January en Coenie de Villiers 10.01.2019 22:13
Hierdie klankweergawe van die gelyknamige ballet, vertel die verhaal van Ouma Katrina Esau, die laaste vlotspreker van die oeroue N/UU-taal. Sy vertel haar lewensverhaal in haar eie woorde, met musiek deur Coenie de Villiers. Die produksie is oorspronklik aangebied in samewerking met KunsteKaap as deel van die teater se Erfenisjaar-produksies in 2018. Die choreografie vir die produksie is gedoen d...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS