RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

19 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Regsake 11 Januarie 2021 11.01.2021

Wat gebeur as spesifieke bemakings in 'n testament te min geld laat om boedelbelasting te betaal? Kan 'n huweliksbevestiger in die staatsdiens weier om persone van dieselfde geslag te trou? Is dit beter om vaste eiendom te huur of te koop? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor kinders se grondwetlike reg tot voeding, en die wetsontwerp op die private besit van dagga.

Regsake 4 Januarie 2021 04.01.2021

Die volgende word bespreek. Die weiering van versekeraars om besighede se eise te betaal vir verliese gely weens die inperking. Hoe lank nadat iemand seksueel aangerand is, kan die slagoffer nog 'n klagte lê? Tot watter mate mag 'n ouers hulle kinders tugtig? Kan 'n vrou wat besig is om te skei van haar man wat haar mishandel, hom uit die huis laat sit? 'n Hofsaak wat beslis het dat 'n kind se oum...

Regsake 28 Desember 2020 28.12.2020

Mag die beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks jou elektrisiteit afsny as jou heffings agterstallig is? Watter invloed het redelikheid, billikheid en ubuntu op die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van kontrakte? Kan jy tyd en geld spaar deur mediasie te oorweeg eerder as om jou tot die hof te wend?

Regsake 21 Desember 2020 21.12.2020

Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die belastingimplikasies vir ouers wat 'n huis gebou het op 'n erf, wat in hulle dogter se naam geregistreer is. Hy bespreek ook hofsake oor 'n vrou wat in 'n openbare swembad deur 'n hond aangeval is, en 'n eis vir pyn en lyding teen 'n man omdat hy sy vrou 'n week ná hulle troue verlaat het.

Regsake 14 Desember 2020 14.12.2020

Arbeidsregspesialis Johan Botes bespreek die afleggingsproses wanneer 'n werkgewer poste wil besnoei in terme van Art.189 van die Arbeidswet. Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor of beheerliggame saamgestelde rente op agterstallige gelde mag hef, en die invloed op die verdeling van gemeenskaplike bates wanneer 'n paartjie eers jare nadat hulle mekaar reeds verlaat het, amptelik skei.

Regsake 7 Desember 2020 07.12.2020

Het jy geweet jy móét in hegtenis geneem word as jy die spoedgrens met meer as 40km/h oorskry? Kan 'n hof kastrasie deel maak van 'n vonnis vir verkragting? Wanneer mag jy 'n inbreker doodskiet? 'n Hofsaak met kersvader as bron van sonde met die bure, word ook bespreek.

Regsake 30 November 2020 30.11.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende: 'n Eis vir onderhoud namens 'n kleinkind teen sy oorlede oupa se boedel. Wie is ná die vruggebruiker se dood geregtig op die huurgeld van 'n plaas ten opsigte waarvan hy die vruggebruik verkoop het? Wanneer kan 'n direkteur van 'n gelikwideerde maatskappy persoonlik aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se skuld? Probleme met 'n lening aan 'n insolvente f...

Regsake 23 November 2020 23.11.2020

Luisteraars wat probleme ondervind met tyddeelskemas en vakansieklubs sal baat vind by Igna Klynsmith se wenke. Hy bespreek ook luisteraars se vrae oor hoe jou man se sekwestrasie jou boedel kan raak, al is julle buite gemeenskap van goed getroud; en die misdryf van besit van vermoedelik gesteelde goed. Is die deler so goed as die steler?

Regsake 16 November 2020 16.11.2020

Die volgende onderwerpe word bespreek: Die vereistes vir rehabilitasie na insolvensie; probleme as iemand 'n huis erf, maar daar is geen geld beskikbaar vir die afhandeling van die boedel en oordrag van die eiendom nie; 'n ma met 'n vruggebruik oor 'n huis wat sy en haar seun saam gekoop het en waarin albei woon, wil hom uitskop; hoe kan 'n motor in 'n testament bemaak word as dit in die pa se naa...

Regsake 9 November 2020 09.11.2020

Kan mense wat Suid-Afrika se openbare infrastruktuur beskadig van terrorisme aangekla word? Wat kan belastingbetalers doen as munisipale dienste nie gelewer word nie? Wat as net twee van die vier aandeelhouers in vaste eiendom dit wil verkoop? Wanneer is iemand onbevoeg om as direkteur te dien? En daar word gekyk na sonde met die bure se onwelriekende sampioenboerdery.

Regsake 2 November 2020 02.11.2020

Mag 'n mediese fonds weier om die lewensmaat van 'n gay lid van die fonds as sy afhanklike te registreer? Wat kan 'n inkopiesentrum doen as bedelaars probleme met hulle klante veroorsaak? Is 'n boer aanspreeklik vir skade veroorsaak deur 'n vuur wat een van sy werkers aangesteek het toe die boer nie op die plaas was nie? Kan jy iemand wat jou geld skuld, verhoed om terug te keer na sy land van her...

Regsake 26 Oktober 2020 26.10.2020

Verskeie vrae oor 'n testamentêre trust word beantwoord. Is die begunstigde, of die trust aanspreeklik vir belasting en uitgawes ten opsigte van 'n eiendom in die trust, en kan die begunstigde aanspraak maak op rente verdien tussen die erflater se dood en die afhandeling van die boedel? Eienaarskap van rekenaarprogramme word ook bespreek. Onthou, tydens die Prokureursorde se jaarlikse testamentewe...

Regsake 19 Oktober 2020 19.10.2020

Igna Klynsmith bespreek verskeie hofsake wat uiteenlopende regsbeginsels illustreer. Die onderwerpe sluit die volgende in: genadedood; anomalieë ten opsigte van die strafbaarheid van kinders teenoor volwassenes vir die besit van dagga; ingeligte toestemming tot mediese prosedures; die balans tussen vryheid van spraak en haatspraak; en die hervestiging van 'n geskeide ouer met 'n minderjarige kind...

Regsake 12 Oktober 2020 12.10.2020

Igna Kynsmith bespreek hofsake oor die Openbare Beskermer se reg om jou belastinginligting van Jan Taks te bekom, en onregverdige mededinging tussen twee versekeringsmaatskappye oor kliënte se lewenstylinligting. Daar is ook humoristiese bydraes oor die jakkalsdraaie wat beskuldigdes maak, en die regsprofessie se swak reputasie onder die publiek.

Regsake 5 Oktober 2020 05.10.2020

Wat behels die begrip geregtigheid? Hoe lank nadat jy met 'n spoedkamera betrap is, kan die dagvaarding nog op jou beteken word? Daar is inligting oor testamentêre trusts en remedies vir slagoffers van gesinsgeweld, en 'n hofsaak in die konstitusionele hof oor skuldigbevinding aan verkragting op grond van 'n gemeenskaplike doelwit word bespreek.

Regsake 28 September 2020 28.09.2020

Minder as 10% van alle aangemelde verkragtings loop uit op 'n skuldigbevinding. Igna Klynsmith bespreek 'n onlangse wetsontwerp wat gemik is op die bystand aan slagoffers. Hy beantwoord ook die volgende vrae: Kwalifiseer sekswerkers vir regeringshulp tydens die Covid-19-pandemie? Wat kan jy doen as jou huis se titelakte jou verbied om 'n besigheid tuis te bedryf? Is leuenverklikkertoetse toelaatba...

Regsake 21 September 2020 21.09.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende onderwerpe: Die beoogde wysiging van die maksimum toegelate bloedalkoholvlak vir voertuigbestuurders. Die invloed van stereotipes by verhore van seksuele oortredings. Wie mag besluit oor 'n oorledene se begrafnisreëlings? Moet howe die Padongelukkefonds se gebrek aan geld in ag neem by die bepaling van die bedrag wat aan slagoffers toegeken word. Hoe werk notar...

Regsake 14 September 2020 14.09.2020

Die regsbeginsels wanneer daar teen 'n hofuitspraak appèl aangeteken word, word bespreek, asook 'n geveg oor 'n eksotiese kat wat in die hof gaan draai het. Wat is die gevolge as jy in Duitsland jou middelvinger vir 'n spoedkamera wys? Daar is praktiese raad vir alleenlopers wat niemand het om ná hulle dood hulle woonplek op te pak nie. En ons kyk na onlangse hofsake oor die onwilligheid van die p...

Regsake 7 September 2020 07.09.2020

'n Oorwinning vir Derek Hanekom teen Jacob Zuma in die Konstitusionele Hof. Kan 'n mens eis teen 'n reisagentskap in likwidasie en teen jou reisversekering? Wanneer kan jy 'n motorbotsing aanlyn rapporteer in plaas van by die polisie? Wanneer verval ou verkeersboetes? Igna Klynsmith gee ook raad oor jou testament as jy bates in twee lande het.

Regsake 31 Augustus 2020 31.08.2020

Mag jy, of moet jy, jou motor se hoofligte bedags aanskakel? Wat gebeur as die prokureurspraktyk wat as jou eksekuteur aangestel, is ten tyde van jou dood nie meer bestaan nie? Daar is ook inligting oor die bemaking van vuurwapens, voetstootsklousules in kontrakte, en wie kwalifiseer vir ouderdomspensioen.

Regsake 24 Augustus 2020 24.08.2020

Baie mense werk tans van die huis af. Hoe raak dit die uitgawes wat jy van belasting kan aftrek? Igna Klynsmith bespreek ook die regsbeskerming wat die publiek geniet teen "ongewenste elemente" in vleisprodukte, en bepalings in dienskontrakte wat jou verhoed om ná diensverlating met jou huidige werkgewer mee te ding of by sy mededingers te gaan werk.

Regsake 17 Augustus 2020 17.08.2020

Watter wetgewing is van toepassing op die betaling van munisipale belasting en heffings? Kan 'n testament se geldigheid herstel word as net een getuie dit onderteken het? Hoe raak onafgehandelde grondeise die eienaars se beskikkingsreg oor daardie grond? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak teen die Openbare Beskermer waarin kostebevele teen individuele staatsamptenare behandel word.

Regsake 10 Augustus 2020 09.08.2020

Hoe kan 'n prokureur wat verbied is om verder te praktiseer hertoegelaat word? Kan dit regsgevolge hê as 'n handelaar 'n item te goedkoop verkoop? Wanneer kan 'n werknemer wat 'n opdrag verkeerd verstaan as gevolg van 'n swak verbinding tydens 'n internetvergadering, aanspreeklik gehou word? Het wangedrag deur 'n huweliksmaat 'n invloed op die verdeling van die gemeenskaplike boedel ná egskeiding?...

Regsake 3 Augustus 2020 03.08.2020

Hoe wyd strek die bevoegdhede en diskresie van die trustees van trusts, en wanneer kan hulle ontslaan word? Igna Klynsmith verduidelik ook die wetgewing wat van toepassing is op telefoonbemarkers, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor wat gebeur as 'n testament bepaal dat twee seuns in gelyke dele moet erf, maar die een sterf voor die erflater.

Regsake 27 Julie 2020 27.07.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat jy moet bewys om te slaag met 'n eis teen verpleegpersoneel vir nalatigheid? Is jy verplig om op te tree wanneer 'n misdaad in jou teenwoordigheid gepleeg word? Mag jou mediese fonds sonder jou toestemming inligting met jou werkgewer deel? 'n Hofsaak met goeie nuus vir mense wat sukkel met voortslepende grondeise.

Słuchaj podcastu Regsake w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS