NG Wierdapark

NG Wierdapark

God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.ngwierdapark.co.za

Autor

NG Wierdapark

Kategoria

Religion

Strona podcastu

www.ngwierdapark.co.za

Ostatni odcinek

21 maj 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Gebedsbegeleiding 23 Mei | Geborge in God se Liefde 23.05.2025

Ons word bewus van God se transformerende liefde. 

Krummels, Krieke en Kroep: Wanneer Jesus jou ongemaklik laat voel 21.05.2025

Wat doen jy as Jesus nie optree soos, wel... Jesus nie? In hierdie episode van Sondag tot Sondag gesels Pieter en Morné oor daai een ongemaklike teks — Markus 7:24–30 — waar Jesus ’n desperate ma halfpad as ’n hond uitskel… en dan tog haar dogter genees. Huh? Dis ’n episode vol eerlike vrae, rou emosies en 'n geloofsgesprek wat begin met "ek was só moeg en toe eet ek ’n Pronutro protein...

Gebedsbegeleiding | Skuiling onder die Skaduwee van die Almagtige 20.05.2025

📖 Tema: God as Beskermheer 🕊️ Bybeltekste: Psalm 91:1-4; Jesaja 41:10; Johannes 10:28-29

Sondag tot Sondag met Dr. Kobus Meyburg 16.05.2025

Ek gesels saam met Kobus oor sy jare in die bediening. 

Leef as Liggaam – ’n Gebedsmeditasie oor Efesiërs 4:25–32 16.05.2025

In hierdie stil gebedsmeditasie oor Efesiërs 4:25–32 word jy genooi om te reflekteer oor die krag van jou woorde, die invloed van jou gesindheid, en die heling wat ware vergifnis bring. Ontdek hoe Christus se nuwe lewe jou roep tot opbouende verhoudings, sagmoedigheid en genadige gemeenskap. Hoe jy as deel van God se liggaam, God beliggaam.

Aantrek van die Nuwe – ’n Gebedsmeditasie oor Efesiërs 4:20–24 12.05.2025

In hierdie sagte, introspektiewe gebedsmeditasie word jy genooi om stil te raak en te reflekteer oor Efesiërs 4:20–24 — die neerlê van die ou mens en die aantrek van die nuwe, geskep in Christus. Laat God se teenwoordigheid jou lei tot vernuwing, rustigheid en ’n simboliese stap na ’n dieper lewe van geloof.

Sondag tot Sondag | Brandstof en Uitbranding 09.05.2025
Gebedsbegeleiding | 9 Mei 09.05.2025

Ons dink na oor God as versorger. 

Gebedsbegeleiding | Genoeg Tyd 05.05.2025
Gebedsbegeleiding | Laat hulle een wees 02.05.2025

In hierdie sagte en stil episode van Gebedsbegeleiding word jy uitgenooi om in te sak in die laaste gebed van Jesus vir sy vriende – en vir jou. Met Johannes 17:20–26 as anker, beweeg ons stadig deur stilte, teksmeditasie, refleksievrae en rou gebed. Hier is geen haas of druk nie — net ’n heilige ruimte waarin jy mag wees: broos, verlangend, geliefd. Jesus se gebed vir eenheid, liefde en teenwoord...

Sondag tot Sondag - Storms, Stilte en die voorreg van Verbondenheid met Dr. Nioma Venter 30.04.2025

In hierdie episode gesels Pieter saam met dr. Nioma Venter , Algemene Sekretaris van die NG Kerk se Algemene Sinode, oor die voorreg en die verantwoordelikheid van bediening – plaaslik, landswyd asook ons verbintenis aan die breër kerk. Hulle kyk terug na Markus 4:1–20 en die uitnodiging om goeie grond te wees wat God se Woord ontvang. En hulle kyk vorentoe na Markus 4:35–41 , waar Jesus ’n storm...

Gebedsbegeleiding | Die Donker Kloof en Die Tafel 28.04.2025

In hierdie episode van Gebedsbegeleiding word jy stadig en deernisvol begelei deur Psalm 23 — nie as ’n tekst vir afskeid nie, maar as ’n gebed vir die pad van die lewe. Hier word die herder nie geromantiseer nie, die kloof nie vermy nie, en die tafel nie vergeet nie. Ons nooi jou om stil te word… om God se teenwoordigheid te ontdek te midde van moegheid, onsekerheid of verlange. Met sagte voorles...

Gebedsbegeleiding | God se Teenwoordigheid 25.04.2025

Ons leer om te luister na God se stem, te midde die geraas van die wêreld. 

Sondag tot Sondag | Paaseiers, Saad en Grond 23.04.2025

In hierdie episode praat ons oor Paasfees, detoxing, die Tour de France, Markus 4, en hoe geloof ons help om beter lewens te leef. 

Gebedsbegeleiding | Jy en Jou Skepper 21.04.2025

Ons reflekteer oor ons verbintenis aan God deur Die Skepping. 'n Vraag om oor te dink vir die week: Hoe kan ek meer bewus wees van God, wanneer ek in aanraking kom met dit wat Hy geskep het? 

Gebedsbegeleiding | Om te sien 16.04.2025

In hierdie sagte, introspektiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te word, asem te haal en net te wees in die teenwoordigheid van God. Ons beweeg stadig en deernisvol deur Johannes 14:7–11, waar Jesus vir Filippus — en vir ons — herinner dat wie Hom gesien het, die Vader gesien het. Deur asemhaling, stilte, refleksie en eenvoudige gebed skep hierdie episode ruimte vir rus, eerlike vrae en...

Sondag tot Sondag met Lourens van Deventer 16.04.2025

Ons gesels saam met Lourens oor hulle reis na Australië en oor die waarde van egtheid.  Volg Lourens-hulle se reis hier: https://youtube.com/@vandeventers?si=ogLLfCsDpY96897B

Gebedsbegeleiding | Voete en Water 14.04.2025

In hierdie sag-geleide gebedsmeditasie word jy uitgenooi om stadig en eerlik stil te word saam met Jesus aan die tafel, op die drempel van sy lyding. Teen die agtergrond van Johannes 13:1–5 , waar Jesus die voete van sy dissipels was — insluitend dié wat Hom sou verraai — skep die podcast ’n ruimte vir selfondersoek, rus en ontmoeting. Met sagte asemhalingsaanwysings, ’n intieme teksvoorlesing en...

Gebedsbegeleiding | Eenvoud Episode 2 11.04.2025

Luister saam en word bewus van die eenvoud van God se teenwoordigheid

Sondag tot Sondag | 'n Klomp nuwe goeters 09.04.2025

Van Hadidas tydens COVID filming tot by saam kuier in 'n ateljee - hoe God se Woord mense se stories by mekaar bring. 

Gebedsbegeleiding | Eenvoud Episode 1 07.04.2025

God help ons om te vereenvoudig sodat ons kan onderskei wat werklik saakmaak in die lewe. 

Gebedsbegeleiding 9 | In jou 04.04.2025

Wat beteken dit om te glo dat Christus nie net rondom jou werk nie… maar binne jou leef ? In hierdie episode word jy stadig, eerlik en sag na ’n plek van innerlike bewussyn begelei. Vanuit Kolossense 1:27 — “Christus in julle, die hoop op heerlikheid” — word ons herinner dat geloof nie net ’n stel waarhede is nie, maar ’n inwoning … ’n teenwoordigheid wat leef in jou diepste self. Hier is nie plek...

Sondag tot Sondag 9 | Toksiese Transformasie 01.04.2025

Die predikante trek in die nuwe ateljee in, daar’s nog ’n paar kinkels in die kabels (en plafon) is Pieter en Morné terug agter die mikrofoon en praat hulle oor toxic waste (die suurlekkergoed en metafories)! ’n Spontane proe-sessie loop oor in ’n diep gesprek oor hoekom ons soms die dinge inneem (fisies en geestelik) wat ons weet vir ons sleg is… en hoe ons eerder kan kies vir ’n doelbewuste lewe...

Gebedsbegeleiding 8 | Neem die beker weg 01.04.2025

In hierdie gebedsbegeleiding staan ons stil by ’n heilige en rou oomblik in Lukas 22:42–46 — Jesus se gebed in die tuin van Getsemane. Ons hoor die woorde wat tussen vrees en vertroue leef: “Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg. Nogtans, laat nie my wil nie, maar U s’n geskied.” Ons sien Hom in angs, gebuk onder die gewig van lyding, en tog ook… in oorgawe. Hierdie episode nooi jou om st...

Gebedsbegeleiding 7 | "Wag" 28.03.2025

In hierdie gebedsmeditasie word jy genooi om stil te word saam met Psalm 130 — ’n lied van roep, wag en hoop. Dis ’n gebed uit die donker, maar nie sonder vertroue nie. Hierdie episode gee ruimte vir die een wat wag, wat twyfel, wat nie weet of die môre gaan kom nie — maar steeds uitroep. Met sagte begeleiding, refleksie, stilte en gebed, nooi hierdie episode jou om net te wees : sonder antwoorde,...

Słuchaj podcastu NG Wierdapark w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS