Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

Uncategorized

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Ostatni odcinek

14 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Tyd loop uit vir NamRa se belastingamnestie-aansoekperiode 13.10.2026

Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits jy jou uitstaande hoofskuld...

Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens 13.10.2026

Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat die finansiële las op inwoners en belastingbetalers kan neerko...

2026/2027 Kersseisoen-padveiligheidsveldtog amptelik geloods 13.10.2026

Twintig Nampol-lede sal die Kers-seisoen na van die land se groot padongeluk-brandpunte ontplooi word om toe te sien dat padverbruikers die land se padreëls gehoorsaam. Tydens die amptelike bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog het waarnemende polisiehoofinspekteur, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda gesê dat 30 polisie-voertuie deel van die ontplooiing sal vorm. Sy sê...

06:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 13 Oktober 2026 13.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop 13.10.2026

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle partye moet dieselfde reëls volg om regverdigheid en sekerheid te verseker. Hy sê...

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud 13.10.2026

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad...

Op'ie Kantlyn, 12 Oktober 2026 12.10.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die Dag Wat Was, 12 Oktober 2026 12.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die nuus om 18:00 12.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas 12.10.2026

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng D...

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters 12.10.2026

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker sê blywende vooruitgang sal d...

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help 12.10.2026

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag vir ingevoerde spesiale melkpoeier. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:

Die hoofnuus om 17:00 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die nuus om 16:00 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

'Moenie skuldbelaaide belastingbetalers droogmelk nie' 12.10.2026

Finansminister Ericah Shafudah het die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gewaarsku om nie belastingbetalers met skuld, met minder as hul wetlik beskermde inkomste te laat wanneer agterstallige belasting ingevorder word nie. In reaksie op die Swanu-leier Evilastus Kaaronda het Shafudah beklemtoon dat belastinginvordering met menslikheid hanteer moet word. Sy het NamRA aangemoedig om bekostigbare...

BKS: Boere moet waaksaam in Zambezi wees 12.10.2026

Die landbouministerie doen 'n beroep op boere in die Zambezi-streek om waaksaam te wees en vermoedelike tekens van bek-en-klouseer by vee aan te meld. Dit volg op die jongste opsporing van die siekte in die streek. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 gesê dit is belangrik, aangesien die oorsaak van die uitbreking in die gebied nog onbekend is.

VSA-ekonome palm Nobelprys in 12.10.2026

Die Amerikaanse ekonome Robert Hall en Michael Woodford is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vir hul werk oor ekonomiese bestendiging. Hul navorsing het gelei tot die ontwikkeling van raamwerke wat regerings en sentrale banke help om ekonomiese hoogte- en laagtepunte te bestuur deur rentekoerse, staatsbesteding en ander beleidsmaatreëls. John Hassler van die Nobelkomitee sê...

Verdagte vas in massaskietery in Wes-Kaap 12.10.2026

Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie verwelkom die inhegtenisneming van 'n man in verband met 'n massaskietery in Lwandle in die Strand op 27 September. Elf mense is dood en tien beseer. Die 32-jarige verdagte is Vrydag in Lwandle aangekeer. Polisiewoordvoerder André Traut sê die man verskyn vandag in die Landdroshof in die Strand op elf aanklagte van moord en tien van poging tot moord:

Die nuus om 15:00 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Vyf vermeende dwelmvervaardigers in hof in Gauteng 12.10.2026

Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium a...

Intercape se wiele sal bly rol 12.10.2026

Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus...

Die nuus om 14:00 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die hoofnuus om 13:00 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

12:00 Nuus 12.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Słuchaj podcastu Kosmos 94.1 w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS