Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
17 paź 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer 06.10.2026 0:34
Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se titels te bereken, gebruik word. Motor Media Namibië het met Derek Jacobs van die Namib...
07:00 Hoofnuus 06.10.2026 4:49
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
NamLamb-span onttrek van 1ste Lamb Champs Invitational-kompetisie 06.10.2026 0:25
Die NamLamb-span van 10 lede het onttrek aan die eerste Lamb Champs Invitational-kompetisie op 31 Oktober in Suid-Afrika, na die bek-en-klouseer uitbreking. NamLamb-stigterslid Lenn de Jager is diep teleurgesteld en sê dat biosekuriteitskwessies die besluit afgedwing het, ten spyte van die span se gereedheid om Namibiese veld-geteelde lamsvleis te vertoon. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Korrupsiesaak teen die Khomotso Phahlane voorlopig teruggetrek 06.10.2026 0:17
Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die korrupsiesaak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris Khomotso Phahlane en sy medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die saak hou verband met 'n polisie-kontrak in 2016 van meer as 191 miljoen Namibiese dollar vir noodwaarskuwingstoerusting, waar 65 miljoen dollar aan die diensverskaffer betaal is. Die woordvoerder van die ODK, Henry Mamo...
Agribank staan bankvas agter BKS-geaffekteerde boer en gemeenskappe 06.10.2026 0:40
Intussen sê Agribank hy staan bankvas agter boere en landbou-ondernemings wat deur die uitbreking van bek-en-klouseer geraak word. Agribank-woordvoerder Hileni Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank besef watter finansiële impak die siektebeheermaatreëls inhou. Die bank sal ondersteuning aan geaffekteerde kliënte op 'n geval-tot-geval-grondslag oorweeg, na gelang van hul individuele omsta...
NNN: 29 313 diere reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets 06.10.2026 0:38
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 29 313 gesplete-hoef diere is reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets as deel van pogings om die uitbreking van die vee-siekte in die Karasburg-veeartsenydistrik te bekamp. Teen 5 Oktober is 127 positiewe gevalle op 15 plase aangemeld, met 20 toesigspanne en 10 padblokkades wat in die //Kharas-streek ontplooi is. Nandi-Ndaitwah sê die Kabinet het ook 'n bu...
VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium 06.10.2026 0:40
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog daaroor te hou. Darya Shipilova, 'n 28-jarige werker by die teen-pes instituut in die stad Ir...
AfriForum vra vir ingryping teen geweld onder onwettige mynbougroepe 06.10.2026 0:17
AfriForum het die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, gevra om dringend in te gryp met voortslepende geweld tussen vermeende onwettige mynbougroepe in Schoemanskloof, Mpumalanga. Ses vermoedelik onwettige mynwerkers is in Augustus doodgeskiet, met nog skietvoorvalle wat verlede week aangemeld is. Jacques Broodryk van AfriForum vra die polisie om die groter misdaadnetwerke agt...
06:00 Nuus 06.10.2026 4:34
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 6 Oktober 2026 06.10.2026 2:32
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Dinsdag, 6 Oktober 2026 06.10.2026 3:11
In jou finansiële nuus vanoggend: Die regering slaan bek-en-klouseervure dood om Namibiese vleis terug op veral Europese, maar ook ander buitelandse winkelrakke te kry. En: Namibië het 'n verstommende sewe plekke op 'n wêreldranglys vir toerisme getuimel. Toerismekenner Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê sy is nie verbaas nie.
Op'ie Kantlyn, 5 Oktober 2026 05.10.2026 3:31
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 5 Oktober 2026 05.10.2026 5:14
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 05.10.2026 3:51
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp 05.10.2026 0:28
Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081 skole landwyd begelei.
Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel 05.10.2026 0:31
Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
Die hoofnuus om 17:00 05.10.2026 4:23
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse 05.10.2026 0:30
Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en die sentrale streek gehou is. Chivela se wenprys sluit in 'n ten volle ui...
Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder 05.10.2026 0:40
Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die Europese wetenskap- en ruimtevaartgemeenskap te versterk. Hy het tydens 'n mediageleentheid by die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DH...
EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag 05.10.2026 0:40
Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat word nie. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus ges...
Die 16:00 nuus 05.10.2026 4:23
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae 05.10.2026 0:19
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte en uitgawes ingevolge gewone reisbestuursreëlings, afwykings...
Integreer KI-leerstelsels in onderwys, vra NIED-hoof 05.10.2026 0:39
Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, of NIED, doen 'n beroep op die naatlose integrasie van kunsmatige intelligensie-leerstelsels in die onderwysstelsel. Tydens die amptelike opening van die Nasionale Konvensie oor IKT in Onderwys in Otjiwarongo het Simalumba die belangrikheid beklemtoon van die ontwikkeling van menslike kapasiteit, om die doeltreffende integra...
Die 15:00 nuus 05.10.2026 3:46
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Ses aan boord vermiste mediese vliegtuig vermoedelik dood 05.10.2026 0:20
Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese lugvervoer verskaf, sê die ses mense aan boord is vermoedel...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS