Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
11 lip 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Die 16:00 nuus 10.07.2026 3:17
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA boere kan nou self BKS-entstowwe koop 10.07.2026 0:20
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het 'n skikking buite die hof bereik wat 'n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag op uitgerekte staatsverkrygingsprosesse. Aucamp sê die ooreen...
NNN praat groenwaterstof in Beijing 10.07.2026 0:30
Groenwaterstof is die middelpunt van besprekings in Beijing. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië wil 'n gediversifiseerde energiemengsel hê wat as katalisator vir industrialisasie kan dien, gerugsteun deur die land se enorme potensiaal vir hernubare energie. Sy het gepraat by die Namibië-China-sakeforum in die Chinese hoofstad.
Die 15:00 nuus 10.07.2026 3:09
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibia Berries-projek gaan van krag tot krag 10.07.2026 0:30
Die bloubessieprojek van Namibia Berries by Divundu in die Okavango Oos-streek maak steeds beduidende vordering. Tydens sy streeksrede in Rundu het die goewerneur van Kavango Oos, Julius Hambyuka, gesê dat die plaas se bloubessies reeds Europa, Asië en die Midde-Ooste bereik het, wat Namibië as 'n nuwe speler in die globale bloubessiemark posisioneer.
VK se reaksie op Gaza-oorlog nie goed genoeg: Burnham 10.07.2026 0:21
Andy Burnham, wat na verwagting die volgende Britse eerste minister gaan word, het verskoning gevra vir die Arbeidersparty se aanvanklike standpunt oor Israelse aanvalle in Gaza. Uittredende eerste minister Keir Starmer het kort na Hamas se aanvalle op Israel in Oktober 2023 gesê Israel het die reg om krag en water van Gaza te weerhou, wat talle Arbeiders ontstel het. Burnham beskuldig Israel dat...
Die 14:00 nuus 10.07.2026 4:01
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 13:00 10.07.2026 4:17
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA 10.07.2026 0:16
ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by Wallmannsthal in Pretoria is waar militêre...
'Dit help nie om Trump te paai nie' 10.07.2026 0:39
Westerse leiers moes teen die tyd al geleer het dat om president Donald Trump te paai, moedig hom eenvoudig aan. Dit is die mening van Kanada se voormalige adjunkpremier Chrystia Freeland. Haar aanmerkings kom na die Navo-beraad waar Trump weer eise op Groenland gemaak het en lande soos Spanje beledig het.
Die nuus om 12:00 10.07.2026 3:32
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Versigtig met wild-hervestiging in Kunene 10.07.2026 0:38
Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sulk...
CIF maak kapsie oor sement samesmelting 10.07.2026 0:40
Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan, met verwysing na 'n risiko dat mededinging in 'n strategiese...
Roodt sê olieprysstyging sal kortstondig wees 10.07.2026 0:35
Internasionale oliepryse het met meer as 7 persent in soveel dae gestyg ná hernude oor-en-weer aanvalle tussen Amerika en Iran, maar ekonome sê daar is nog geen rede tot kommer nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat oliepryse waarskynlik nie sal terugkeer na die uiterste hoogtepunte wat gesien is toe die konflik die eerste keer uitgebreek het nie.
Die 11:00 bulletin 10.07.2026 3:19
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
VN veroordeel Rusland vir aanvalle op burgerlikes 10.07.2026 0:20
Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en 1 816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en gekonsentreer op olieraffina...
Saftu vra ingryping na Zim-grondwet aanpassings 10.07.2026 0:20
Die vakverbond Saftu sê hy veroordeel die grondwetlike wysiging in Zimbabwe wat president Emmerson Mnangagwa toelaat om tot 2030 aan bewind te bly. Die nuwe wet wat in die Parlement aanvaar is, verleng presidensiële en parlementêre termyne van vyf tot sewe jaar. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap kan nie aanvoer dat hy demokrasie beskerm as hy slegs...
Munisipaliteite moet hulself regruk, inwoners ly 10.07.2026 0:19
Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê wetsoortreding kan nie oorgesien word om gemeenskappe teen die uitwerking van swak finansiële bestuur te beskerm nie. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie Julie se befondsing aan 69 munisipaliteite teruggehou het weens finansiële wanbestuur en bestuursmislukkings. Mkhize sê die...
Groenwaterstof mik hoog 10.07.2026 0:37
Volgens Joseph Mukendwa, die waarnemende hoof van die Groenwaterstofprogram, het Namibië die potensiaal om groenwaterstofprodukte uit te voer as deel van die land se kommoditeit-uitvoere. Hy het tydens die bekendstelling van die plaaslike projek deur die Global Environment Facility in samewerking met VN se Industriële Organisasie gepraat.
Die 10:00 nuus 10.07.2026 3:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Strafregtelike klag teen Dimpane gelê 10.07.2026 0:14
Die organisasie, Public Interest SA, het ʼn strafregtelike klag by die Valke ingedien teen die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, oor die moontlike oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Public Interest SA se voorsitter, Tebogo Khaas, sê as...
Aanlyn bieëry doen nie veel vir deursigtigheid nie 10.07.2026 0:39
Die Sentrale Verkrygingsraad het Woensdag vir die eerste keer 'n bodopening regstreeks uitgesaai. Volgens die raad sal alle bodopeninge nou so uitgesaai word, vir deursigtigheid. Die eerste regstreekse uitsending was vir die grootskaalse grondwerke, 'n waterreservoir en grootskaalse interne dienste vir die Windhoek Distrik Hospitaal wat in Havana in die hoofstad gebou word. Kosmos 94.1 Nuus het ko...
Die bulletin om 09:00 10.07.2026 2:39
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Rise vra bespoediging van klaring en leefstyloudits vir SAPD 10.07.2026 0:18
Rise Mzansi vra dringende optrede om die klaringsproses en leefstyloudits van senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bespoedig. Volgens die party is die proses te stadig ten spyte van bewyse voor die Madlanga-kommissie wat toon dat misdaadnetwerke die polisie binnegedring het. Makashule Gana van Rise Mzansi het die verlenging van die kommissie se sperdatum verwelkom, maar gewaarsk...
PDM skop ook vas teen Sindano 10.07.2026 0:22
Tydens 'n gesamentlike perskonferensie gehou deur opposisiepartye in die hoofstad, het die leier van die PDM, McHenry Venaani ook twyfel uitgespreek oor of Gerson Sindano 'n gepaste kandidaat is vir die pos van voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie. Venaani sê sy pos as assistent vir destydse Swapo sekretaris-generaal Nangolo Mbumba, bring twyfel oor sy onpartydigheid.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS