Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

Uncategorized

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Ostatni odcinek

17 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

FNB Wanderers reg vir Saterdag se eindstryd teen FNB Kudus 07.10.2026

Die afrigter van FNB Wanderers, Darryl de la Harpe, sê sy span is gereed om Saterdag om 4-uur in die eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga teen FNB Kudus te speel. Die wedstryd vind by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die verdedigende kampioene, Kudus, het Montego United in hul semifinaal met 55-38 geklop, terwyl Wanderers in die half-eindstryd met 60-27 teen FNB Grootfonte...

SA dieselpryse styg tot byna N$32 per liter 07.10.2026

Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê dat die impak oral gevoel w...

Miljarde N$ vloei na buiteland vir gespesialiseerde olie- en gassektordienste 07.10.2026

Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens olie- en gaseksplorasie op see. Isabel von Oelhafen, bestuurder vir sakeontwikkeling by Namibia...

SA brandstofpryse skiet ook op 07.10.2026

In Suid Afrika het brandstof-pryse ook vandag duurder geword, met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars wat waarsku die prysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal v...

06:00 Nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Woensdag, 7 Oktober 2026 07.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante is lankal nie meer die uitblinker in die Namibiese ekonomie nie. Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering doen alles in sy vermoë om die sektor te red. En die konstruksiebedryf is in hul noppies oor 'n hofuitspraak wat 'n stokkie voor die samesmelting van sementreuse steek. KosmosKapitaal gesels met uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstru...

Gedagte vir die dag met Johan Els 7 Oktober 2026 07.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Withuis krabbel terug oor Trump se Los Angeles en San Diego-opmerking 07.10.2026

Die Withuis krabbel terug nadat Amerikaanse president Donald Trump by 'n verkiesingsveldtog in Nebraska gesê het dat Iran Los Angeles en San Diego kan vernietig, en dat dit 'n klein prys sal wees om te betaal vir veiligheid. Volgens die Withuis het Trump bedoel Amerikaanse stede sou deur Iran bedreig word as hy nie die oorlog begin het nie, en kommunikasiedirekteur Stephen Cheung het op X gesê die...

Kenia bevestig eerste inkomende geval van Ebola 07.10.2026

Kenia se gesondheidministerie het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Gesondheidminister Aden Duale sê 'n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek van die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is Maandagaand oorlede. Hy sê die owerhede is besig om 28 kontakte op te spoor, insluitend familielede en gesondhei...

Op'ie Kantlyn, 6 Oktober 2026 06.10.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 6 Oktober 2026 06.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 06.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namibiër Zack von Wielligh nou 'n Blitsbok 06.10.2026

Zack von Wielligh, ’n voormalige naelloper en losvoorspeler van Windhoek Gimnasium, het ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik. Die jong Namibiër is gekies vir die Springbok-sewesgroep vir die Mauritius Sevens-toernooi. Von Wielligh het sy internasionale debuut vir die Blitsbokke-seniorspan in Cascavelle, Mauritius, gemaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

NNN se armoede-opmerkings 'selfaanklag teen Swapo” 06.10.2026

Bestuurskenner Pius Dunaiski sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se onlangse opmerkings oor armoede beklemtoon die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee meeste Namibiërs te kampe het. Tydens die One Economy Foundation se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid het Nandi-Ndaitwah gesê dat te min Namibiërs ekonomies bemagtig is, wat daartoe lei dat diegene met finansiële middele met 'n toenemende str...

Die hoofnuus om 17:00 06.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Demensielyers van heksery beskuldig, owerhede moet optree 06.10.2026

Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vra vir sterker wetlike beskerming vir bejaardes wat valslik van heksery beskuldig word. Hulle ly dikwels aan ongediagnoseerde toestande soos vaskulêre demensie. Holtzhausen kritiseer owerhede vir hulle versuim om bestaande wette en Pan-Afrikaanse riglyne toe te pas, wat slagoffers kwesbaar laat vir menseregteskendings en verbanning. Hy h...

Olieprys daal, 'sal nie dadelik brandstofpryse afbring' 06.10.2026

Die petrolprys styg vanaand om middernag met 1 dollar 50 sent. Dit terwyl die olieprys begin daal het na die G7-lande se ooreenkoms om 100 miljoen vate ru-olie en diesel uit strategiese reserwes vry te stel. Brent ru-olie verhandel tans net bo 98 Amerikaanse dollar per vat. Ekonoom Dawie Roodt waarsku egter dat die tydelike ingryping min verligting by Suider-Afrikaanse brandstofpompe sal bring. Ma...

IPC het baie vrae oor hoë-sekuriteit nommerplate 06.10.2026

Die regering se beplande bekendstelling van hoë-sekuriteit nommerplate is in die nuus. Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê nommerplate met QR-kodes wat teen peutery bestand is, kan help om vervalste nommerplate en hul kloning, diefstal en registrasiebedrog te bekamp. Hy lig egter verskeie onsekerhede en potensiële probleme uit.

Hoekom is adjunkministers nodig, hoor NV 06.10.2026

Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.

Die 16:00 nuus 06.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Solidariteit stel nie-rassige alternatiewe voor, wil Agoa beskerm 06.10.2026

Die vakbond Solidariteit het 'n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag 'n aankondiging teen 1 November. Du Buisson stel voor rasgebaseerd...

Eise vir deursigtigheid oor Stad Windhoek HUB se reise 06.10.2026

Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise en geleentheidsafvaardigings. Dit sluit '...

Die 15:00 nuus 06.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

TLU SA bekommerd oor hemelshoë brandstofpryse 06.10.2026

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse in Suid-Afrika styg môre met tussen drie Suid-Afrikaanse rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van TLU SA sê die...

OneWeb satelliet-internetdiens gee landswyd dekking 06.10.2026

Landelike Namibië gaan vinniger en meer betroubare satellietinternet kry, na Paratus Namibië Eutelsat se OneWeb-satellietdiens in die land bekendstel het. Die diens is gemik op sowel huishoudelike as kommersiële kliënte landswyd, en bied konnektiwiteit met hoë spoed en lae vertraging. Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Słuchaj podcastu Kosmos 94.1 w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS