RSG

Hoe verklaar jy dit?

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Science

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

11 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Hoe verklaar jy dit? 26 November 2023 26.11.2023

Het kanker bestaan voordat mensgemaakte chemikalieë daar was? Hoe verskil visie van oë wat langs die kop teenoor voor die kop geposisioneer is? Kan ons meer goud maak uit ander elemente, en só die finansiële krisis oplos?

Hoe verklaar jy dit? 19 November 2023 19.11.2023

Kan 'n skokgolf lig maak wat deur die liggrens kan breek? Wie leef langer: diere in gevangenis of wilde diere? Hoekom is dit dat ons nooit dooie voëltjies sien rondlê nie?

Hoe verklaar jy dit? 12 November 2023 12.11.2023

Hoekom gee koue temperature jou verkoue? Het Suid-Afrika buideldiere? Hoekom is die volledige metamorfose van sekere insekte so ingewikkeld?

Hoe verklaar jy dit? 5 November 2023 05.11.2023

Hoe kan dit so moeilik wees om rubber oor gladde glas te sleep as wrywing deur oppervlakwrywing veroorsaak word? Hoekom is erdwurms so reusagtig in Cradock?

Hoe verklaar jy dit? 29 Oktober 2023 29.10.2023

Ons leer meer oor liewenheersbesies, of skilpadkewers. Waar kom hulle vandaan? Watter spesies het onlangs in Suid-Afrika aangekom? Wat is hulle groepgedrag? Ons vind ook meer uit van die blikslanerkie en die snorkmodderpaddatjies.

Hoe verklaar jy dit? 22 Oktober 2023 22.10.2023

Hoekom neem blou-ape dwelms? Hoekom raak olifante dronk? Hoekom vrek sekere voëls van alkoholvergiftiging? Hoekom word vlêrmuise deur niks geaffekteer nie? Hoe perfeksionisties is stinkbesies? Is daar iets soos gratis elektrisiteit wat al ons kragprobleme kan oplos?

Hoe verklaar jy dit? 15 Oktober 2023 15.10.2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Ons bespreek klimaatsverandering met ekoloog dr. Dave Pepler, medikus dr. Heinz Mödler en teoretiese fiskikus prof. Hendrik Geyer. Hoe sal dit die mens en diere affekteer?

Hoe verklaar jy dit? 8 Oktober 2023 08.10.2023

Ons leer meer van voëls se voedingspatrone, die mens se invloed daarop, hullw vere, en die vere se gebruike.

Hoe verklaar jy dit? 1 Oktober 2023 01.10.2023

Ons leer meer oor bio-indikators in jou tuin. Hoekom verloor jou horlosie tyd, veral in Suid-Afrika? Kan jy iets doen om dit te verhoed?

Hoe verklaar jy dit? 24 September 2023 24.09.2023

Waar kom die term, Slip him a Mickey, vandaan? Watter opsies is daar om indringerbome te bestuur? Hoe affekteer LED-ligte insekte se getalle?

Hoe verklaar jy dit? 17 September 2023 17.09.2023

Ons kyk intiem na wildeganse se liefdeslewe en hulle ewige trouheid. Ons vind uit wat die verskil is tussen kapok en sneeu – dis nou as daar enigsins ‘n verskil is…

Hoe verklaar jy dit? 10 September 2023 10.09.2023

Ons probeer uitwerk of daar ‘n monster in die Cunenerivier woon. Ons gesels oor James Bond, treintjiewurms en hoekom uie ons oë brand.

Hoe verklaar jy dit? 3 September 2023 03.09.2023

Ons vind meer uit oor reuse spinnekoppe, en die wanpersepsies wat ons oor hulle het. Hoe werk ‘n barometer?

Hoe verklaar jy dit? 27 Augustus 2023 27.08.2023

Ons vind meer uit oor duiwe en hoekom hulle eiers se kleure verskil. Hoekom lei ‘n sianiedpil so vining na die dood? Hoe lyk ‘n aanloklike uilhuis?

Hoe verklaar jy dit? 20 Augustus 2023 20.08.2023

Ons vind meer uit oor dopluise en daar is raad oor hoe om hulle getalle te bestuur. Ons kyk ook na die land se kleinboere, en hoe (en hoekom) ons almal hulle moet ondersteun – dis ‘n saak van lewe en dood.

Hoe verklaar jy dit? 13 Augustus 2023 13.08.2023

Hoekom kan ‘n mens ‘n plat staalstaaf makliker buig oor die platkant asoor die rugkant, wat baie moeiliker buig? ‘n Donker figuur soos ‘n reuse slang, ongeveer 40 voet in lengte en met die dikte van ‘n man se lyf, was sigbaar bo die wateroppervlak. Is daar ‘n monster in die Vaaldam?

Hoe verklaar jy dit? 6 Augustus 2023 06.08.2023

Blykbaar is daar ‘n sekere soort klip in die Kongo wat elektrisiteit kan opwek. Daar is ook ‘n teël waarmee jy jou vloerteëls mee kan vervang, wat ook elektrisiteit kan opwek. Is dit waar? En, is dit waar dat sekere insekte hulle middelweerstandigheid kan omkeer?

Hoe verklaar jy dit? 30 Julie 2023 30.07.2023

Glo jy uile is ‘n aanduider van dood wat om die hoek skuil? Wat maak ‘n spoorfossiel eiesoortig? Wat is die ekologiese voordeel van groot geboude diere – van destyds tot nou? Hoe intelligent is ‘n padda?

Hoe verklaar jy dit? 23 Julie 2023 23.07.2023

Watter likkewaan is die grootste, en hoe maak hulle geluide sonder stembande? Kan boorgatwater jou ystervlakke affekteer? Watter doen voëls om die wyfies te beïndruk?

Hoe verklaar jy dit? 16 Julie 2023 16.07.2023

Hoe verklaar jy die kamera-effek in skaduwees? Watter vlieg help ons met kankernavorsing en lanklewendheid? Watter akkedis is die grootste akkedis in die wêreld?

Hoe verklaar jy dit? 9 Julie 2023 09.07.2023

Is dit waar dat jy demensie kan ontwikkel wanneer jy in jou neus krap? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende kontinente so na mekaar kan aard? Kan motte honderde kilometers in die oop see oorleef?

Hoe verklaar jy dit? 2 Julie 2023 02.07.2023

Wat is die slegste vir ‘n land se toekoms - oorbevolking of te min mense? Hoe beïnvloed seep oppervlakspanning? Is dit moontlik dat melk van kamertemperatuur koffie stadiger kan laat afkoel?

Hoe verklaar jy dit? 25 Junie 2023 25.06.2023

Ons leer meer van parsitoïdes van insekte en spinnekoppe. Watter uitwerking het geraas, of klank, op diere? Produseer jou liggaam vitamien D wanneer jy binne die huis in die son sit?

Hoe verklaar jy dit? 18 Junie 2023 18.06.2023

Reën ‘n mens meer nat wanneer jy hardloop of stap? Ons kyk ook na die hoep-hoep se kroos, want nie almal in haar nes hoort daar nie.

Hoe verklaar jy dit? 11 Junie 2023 11.06.2023

Ons bespreek opvolgvrae van luisteraars oor warmwaterflesse en watertenks. Hoekom het sekere soogdiere meer vet as ander?  Hoe kan jy molle in jou tuin aanpak?

Słuchaj podcastu Hoe verklaar jy dit? w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS