RSG

Hoe verklaar jy dit?

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Science

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

11 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Hoe verklaar jy dit? 10 November 2024 10.11.2024

Wat affekteer miere se loopspoed?  Wind en weer, of die koningin? In watter stadium bou stokkieswurmlarwes hulle vreemde strukture?

Hoe verklaar jy dit? 3 November 2024 03.11.2024

Wat is die rede hoekom mense so geinteresseerd is in die kremetartboom? Het jy geweet die maan is besig om weg te beweeg van die aarde af? Watter uitwerking sal dit uiteindelik hê?

Hoe verklaar jy dit? 27 Oktober 2024 27.10.2024

Wat is donker-suurstof? Hoekom moet ons wiskunde op skool leer? Hoe kan ‘n vlermuis verdrink met sy gesofistikeerde sensors?

Hoe verklaar jy dit? 20 Oktober 2024 20.10.2024

Waarom is die tuatara (wat lyk soos ‘n akkedis) so spesiaal dat hy ‘n orde van sy eie het? Wanneer die maan, aarde en die son in lyn is, hoe kan mens hulle almal sien?

Hoe verklaar jy dit? 13 Oktober 2024 13.10.2024

Hoe kry die stortstert-gytjie dit reg om vloeistof uit sy stert te spuit soos ‘n sproeier? As alles in donkerte moes verval, hoe lank sou enige iets nog kon lewe? Wat is lig, dat dit so belangrik is?

Hoe verklaar jy dit 6 Oktober 2024 06.10.2024

Hoekom lyk die "conehead praying mantis" soos ‘n buitenste ruimtewese? Hoekom word kookolie warmer wanneer jy gevriesde arrtappelskyfies daarin gooi? Is dit nie veronderstel om vlugtig koeler te word nie?

Hoe verklaar jy dit? 29 September 2024 29.09.2024

Is waterwysing wetenskaplik verklaarbaar? Kan bome met mekaar kommunikeer indien daar gevaar is? Wat is die volume van land/grond bo seevlak, en van die water in die oseane?

Hoe verklaar jy dit? 22 September 2024 22.09.2024

Hoe het die posduiwe, wat in oorloë gebruik is om boodskappe te vervoer, geweet waarheen om te vlieg? Hoekom is perdebye so bedrywig op die yucca-plant? Kan ‘n honderdpoot ‘n hoender doodbyt?

Hoe verklaar jy dit? 15 September 2024 15.09.2024

Katte se eetgewoontes, buiten die kos wat mense vir hulle gee, kan soms baie vreemd wees - van olyfolie tot komkommer, maar hoekom eet sekere katte vreemde dinge? Kan jy die die noorderligte in die Karoo sien?

Hoe verklaar jy dit? 8 September 2024 08.09.2024

Lewe parasiete op bidsprinkane, en hoe suksesvol is ‘n simbiose? 'n Luisteraar wil weet watter swaeltjies kom terug na die winter - die ouers of die kinders, of nuwe onverwante swaeltjies?

Hoe verklaar jy dit? 1 September 2024 01.09.2024

Is daar iets soos deurskynende wolke, en hoe weet ons hulle is dan wel daar? Is dit waar dat die Franse so baie paddas eet? Indien wel, wat is die voedingswaarde, en staan die paddas nie ‘n kans om uit te sterf nie?

Hoe verklaar jy dit? 25 Augustus 2024 25.08.2024

Kan seekorale na koeler water skyf om hulleself te beskerm, soos die temperatuur van die oseane e styg a.g.v. klimaatsverandering? ‘n Paar weke gelede het prof. Geyer ‘n vraag vir luisteraars gegee om op te los – die bal/sfeer waardeur jy ‘n gat deur die sentrum en al langs ‘n middellyn boor...

Hoe verklaar jy dit? 18 Augustus 2024 18.08.2024

Wanneer ‘n flitslig aangeskakel word, skyn die lig slegs vir ‘n bepaalde afstand – watter enegieverandering het plaasgevind? Hoe en hoekom vorm duiwe, in stede of dorpe, swerms, tog is hulle neste ver uitmekaar?

Hoe verklaar jy dit? 11 Augustus 2024 11.08.2024

Hoekom bly ‘n wiel regop wanneer dit rol, maar nie as dit stilstaan nie? Moet ons bekommerd wees oor seeslange in ons oseane? Hoekom weeg ‘n trui meer as die bolle wol wat gebruik is om dit te brei?

Hoe verklaar jy dit? 4 Augustus 2024 04.08.2024

Is dit ‘n mot of ‘n skoenlapper? Wat is die verskille tussen hierdie twee insekte? Hoekom moet ons nog wetenskaplike name gebruik? Mag jy jou eie naam gebruik as jy ‘n nuwe spesie ontdek?

Hoe verklaar jy dit? 28 Julie 2024 28.07.2024

Hoekom vang katte steeds klein diertjies en insekte as hulle wel kos by hulle eienaars kry? Hoe gebeur dit dat sekere akkedisse twee koppe het, nie langs mekaar nie, maar weerskante van die lyf?

Hoe verklaar jy dit? 21 Julie 2024 21.07.2024

llan van der Hoven van Dullstroom het foto’s van sy hond se waterbak gestuur. Hy verduidelik daar was ‘n afsaksel in die bak, wat patrone in gehad het nadat die water gevries het. Hy wil Allan weet wat veroorsaak hierdie indrukwekkende patrone.

Hoe verklaar jy dit? 14 Julie 2024 14.07.2024

Hoeveel volume van grond bo seevlak is daar, en hoeveel water in die oseane? Kan die een die ander opvul? Is dit waar dat paddas kan vries, en weer lewe nadat hulle ontdooi?

Hoe verklaar jy dit? 7 Julie 2024 07.07.2024

Hoekom is ‘n padda ‘n ding wat kan spring? Hoekom is dit dat net voor 'n mens aan die slaap raak, jy die perfekte briewe of toesprake skryf, maar niks die volgende dag onthou nie? Hoekom peusel klein voëltjies aan spinnerakke?

Hoe verklaar jy dit? 30 Junie 2024 30.06.2024

‘n Molkriek is die mol van die insekwêreld, maar is hulle gevaarlik? Toe jou ouma gesê het jy het VUILBLOED, wat het sy bedoel? Hoekom is die grate in geblikte sardientjies so sag en eetbaar, terwyl dié in vars vis so hard en oneetbaar is?

Hoe verklaar jy dit? 23 Junie 2024 23.06.2024

Wanneer ‘n skerpioen jou steek, watter raad sou jy verkies - om melk te drink, jouself te skok, toelaat dat iemand op urineer, of het jy jou eie raad? Is jou gasstoof sleg vir jou gesondheid? Wat is die beste tyd van die jaar vir beheerde veldbrande?

Hoe verklaar jy dit? 16 Junie 2024 16.06.2024

Hoekom wasem jou motor se voorruit op, en hoe kan jy die vinnigste ontslae raak daarvan – met warm of koue lug? Duiwe se neste is individueel en versprei, so hoe en hoekom vorm hulle swerms?

Hoe verklaar jy dit? 9 Junie 2024 09.06.2024

Hoekom is sekere voëls so kleurvol, alhoewel dit beweer word dat diere en voëls kleurblind is? Mense verwys na paddas as giftig, maar hoe giftig? En watter paddas in Suid-Afrika is die giftigste?

Hoe verklaar jy dit? 2 Junie 2024 02.06.2024

Wat moet (of moenie) ‘n mens doen wanneer daar ‘n padda in jou huis verskyn. Mag jy hom voer? Hoe hanteer jy ‘n duisendpoot plaag? As gif nie werk nie, hoe stop iemand die aanslag?

Hoe verklaar jy dit? 26 Mei 2024 26.05.2024

Wat veroorsaak dat die brein 'n beeld skep van ‘n vliegtuig wat opwaarts beweeg wanneer dit opstyg? En, dr. Dave Pepler deel sy beste tuinmaakwenke met ons.

Słuchaj podcastu Hoe verklaar jy dit? w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS