GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat. Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op D...

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.grootfm.co.za

Autor

GROOTfm 90.5

Kategoria

Uncategorized

Strona podcastu

www.grootfm.co.za

Ostatni odcinek

15 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

#OntbytMetDoepieEnNina - Franja Du Plessis vier 10 jaar in musiek! 28.09.2026

Die Du Plessis dogter wat haar eie naam in die musiek industrie gekerf het kom kuier om te gesels met Doepie en Charonike oor haar nuwe enkelsnit en ook 10 jaar in die industrie.

5-uur Klub Inspirasie - Maandag 28 September 2026 28.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met CAIN - My Victory's coming

#OntbytMetDoepieEnNina - Steven Kitshoff oor sy nuwe boek 28.09.2026

Steven Kitshoff, die formidabele voormalige Springbok-stut, word op en van die veld af hoog geag vir sy dissipline en vasberadenheid – asook vir sy nederigheid, eerlikheid en hartlikheid. Nou neem hy ons verder as die strawwe skrums en Wêreldbeker-trofeë om terug te blik op 'n rugbyleeftyd wat gekenmerk word deur 'n onwrikbare toewyding aan wat die beste vir die span is.

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 28 September 28.09.2026

Inspirasie deur Teodor van der Spuy

5-uur Klub Inspirasie - Vrydag 25 September 2026 25.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met John Waller - Crazy Faith

#GROOTtrauma | 23 September 23.09.2026

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Pierre Nel (in die plek van Dr Jaco) oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou vingers bevat geen spiere nie. >MIGRAINE AWARENESS WEEK: MIGRAINE IS NIE NET ’N HOOFPYN NIE >FANCONI-ANEMIE: Robin en Jolandie Lewis kom deel hull getuienis en leer ons meer. >Dr Jaco se wenk vir die week

Aktualiteit: Hoe gemaak met straatligte wat nie werk nie? 23.09.2026

Swak straatbeligting rondom skole skep nie net ’n sigbaarheidsprobleem nie, maar kan volgens AfriForum se Groot Pretoria-Oos-tak ook ’n ernstige veiligheidsrisiko vir leerders, ouers en onderwysers inhou. Die organisasie het bevind dat verskeie skole in onder meer Garsfontein, Wapadrand, Faerie Glen en Constantiapark met onvoldoende beligting sukkel, en het daarom ’n beroep op die gemeenskap en ow...

5-uur Klub Inspirasie - Woensdag 23 September 2026 23.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Akkoord ft Neil Buchner - Nuwe Drome

Marko Stavrou - The Gen Z Guy 22.09.2026

Annelie praat met Marko Stavrou, the Gen Z Guy, oor die social trend van Gen Z'rs wat wil hê dat Millenials moet aftree sodat hulle, hul werke kan kry

ABC van Ouerskap: S - Sosiale media 22.09.2026

Sosiale media is vandag deel van ons kinders se wêreld — soms lank voordat ons as ouers besef hoe groot die invloed daarvan is. Van foto’s en video’s wat ons oor ons kinders plaas, tot die ouderdom waarop hulle self toegang tot platforms kry: daar is heelwat om oor na te dink. Maar hoe beskerm ons ons kinders sonder om hulle heeltemal van die digitale wêreld af te sny? Sarina gesels met sosiale me...

#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond 22.09.2026

Ons gesels weer vanoggend met Josef du Plessis, Huislening Konsultant by BetterBond oor hoe werp voorbereiding vrugte af as dit kom by jou huislening.

5-uur Klub Inspirasie - Dinsdag 22 September 2026 22.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Jon Reddick - Don't fight alone

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 22 September 22.09.2026

Inspirasie deur Nina

#WeeksdaeVibesMetVenita - Krek Straat | 21 September  21.09.2026

Venita gesels met Francois Veviers oor Kerk Straat se nuwe enkelsnit ‘Engel’! Hy vertel ook meer oor hoe die idee ontstaan het dat hulle vir ‘n Karen Zoid CLASSIC, ‘n nuwe baadjie aantrek.

Snoete-goete: Jagluiperdsensus 21.09.2026

’n Jagluiperd in die wild is vir baie van ons ’n besonderse ervaring – maar daardie foto wat jy sommer met jou foon neem, kan veel meer beteken as net ’n mooi herinnering. Die Bedreigde Wildlewe Trust, saam met SANParke, begin nou met die 2026/27 Greater Kruger Cheetah Photographic Census, waar gewone wildkykers se foto’s kan help om individuele jagluiperds te identifiseer en uiteindelik beter te...

5-uur Klub Inspirasie - Maandag 21 September 2026 21.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Stephen Curtis Chapman - Be still

#OntbytMetDoepieEnNina - Jagboek (Laaste Week) 21.09.2026

Dis die laaste week om in te skryf vir die groot Jagboek Ultimate Hunt kompetisie. Gerhard en Carlo en ons meer kom vertel oor die APP en ook wat nuwe intekenare kan verwag in die toekoms van hulle diens

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie -21 September 21.09.2026

Inspirasie deur Teodor Van Der Spuy

Gister Se Grotes: Christo Beer, Jenna Volschenk & Kristin Naudé oor 'As Die Tuig Skawe' 100 jaar later 20.09.2026

Christo Beer, Jenna Volschenk & Kristin Naudé oor 'As Die Tuig Skawe' 100 jaar later.

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper "ou Dae" 18.09.2026

Brendan het kom kuier oor sy nuwe enkelsnit "Ou Dae". Dis 'n kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD's voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 18 September 18.09.2026

Inspirasie deur Janine Fourie vanoggend

#WeeksdaeVibesMetVenita - Sonder Onderbroeke | 17 September 17.09.2026

Venita gesels met die manne van Sonder Onderbroeke oor hulle nuutste enkelsnit - Sê My Hoe

#OntbytMetDoepieEnNina - Johan Botha van Solidatiteit 17.09.2026

Die Gautengse Onderwysdepartement het volgens Solidariteit erken dat hy nie meer sy statutêr verpligte subsidies aan skole kan betaal nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het daarom Woensdag, 16 September 2026, die parlement gevra om die departement onder administrasie te plaas. Ons gesels met Johan Botha om meer uit te vind.

5-uur Klub Inspirasie - Donderdag 17 September 2026 17.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Aaron Williams - Abide

#OntbytMetDoepieEnNina - Kultuur in die werksplek Deel 3 17.09.2026

Ons gesels verder met Marno Boshoff en sy span wat verantwoordelik is vir die Kultuur by King Price oor die belangrike rol wat leierskap speel as dit kom by jou maatskappy se kultuur.

Słuchaj podcastu GROOTfm 90.5 w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS