Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: christianityworks.co.za

Autor

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategoria

Religion

Strona podcastu

christianityworks.co.za

Ostatni odcinek

12 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Moenie Afgode van jou Drome Maak Nie 19.09.2026

Send us Fan Mail Jona 2:8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. Ons het almal drome. ‘n Huis, ‘n goeie loopbaan - die suksesverhaal wat ons stilletjies in ons gedagtes bou. En niks daarvan is verkeerd nie … totdat die droom ons begin besit. Totdat jou eie strewe na geluk stil-stil God se plek in jou lewe inneem. Lank, lank gelede het Jona ook sy eie planne g...

Wanneer Vertroue te Veel Kos 18.09.2026

Send us Fan Mail Maleagi 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die  Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.  Het jy al ooit op ‘n punt gekom waar dit net nie vir jou moontlik gevoel het om die regte ding...

Die Onsigbare Werk van God 17.09.2026

Send us Fan Mail Job 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.  Daar is seisoene in elkeen se lewe wanneer dit voel asof God ver weg is - nou praat ek nie van in teorie nie... maar van die wrede realiteit van die lewe. Jy hou aan om die regte dinge te doen. Jy bid, jy dien, jy druk deur - en tog val alles uitmekaar. Jy kan nie sy hand raaksien nie, jy kan nie sy teenwoordigheid...

Skuilplek en Rekenskap 16.09.2026

Send us Fan Mail Nahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in.  Chaos, oorloë, korrupsie en onreg. Dis die wêreld waarin ons leef. Hoeveel glo jy vandag nog in God se goedheid op ’n skaal van nul tot tien? In die laat 1940&apos...

Die Krag om God in Alles te Eer 15.09.2026

Send us Fan Mail 1 Samuel 12:24 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het. Voel jy soms asof dinge net nie wil uitwerk nie? Daardie tye toe jy gebid het, gehoorsaam was… en niks verander het nie. Wanneer ’n kompromie makliker lyk, stilte veiliger voel, en om moed op te gee aanloklik klink. Jou hart fluister: Waarom...

Deur Harde Grond Breek 14.09.2026

Send us Fan Mail Hosea 10:12 Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”  Wat doen jy wanneer jy agterkom dat jou hart begin hard word? Dit gebeur nie sommer oornag nie, maar so bietjie vir bietjie. Wat doen jy wanneer bitterheid jou hoop steel; wanneer gebed...

Die Krag van Kalmte 13.09.2026

Send us Fan Mail Jesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”  Ons leef in ’n wêreld wat heeltyd skree dat ons meer moet doen, harder moet probeer en dinge nóú moet uitsorteer . En ons val elke keer in daardie strik! Wanneer dinge skeefloop, wil ons dadelik oorgaan tot aksi...

‘n Geskenk vir Elke Seisoen 12.09.2026

Send us Fan Mail Prediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, &apo...

Die Outomaat-god 11.09.2026

Send us Fan Mail Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.  Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan? Charles Colson, destyd...

Die Leuens wat Ons vir Onsself Vertel 10.09.2026

Send us Fan Mail Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!  Waarom is ons sulke ‘experts’ as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘ dis hulle skuld.’ Ons skinder – wel, net omdat ons ‘ besorg’ is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘t...

Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God 09.09.2026

Send us Fan Mail Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe  Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid...

Wanneer Stilbly nie Goed is Nie 08.09.2026

Send us Fan Mail Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)  Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar...

Wanneer iemand anders se gemors jou verantwoordelikheid word 07.09.2026

Send us Fan Mail Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (20)  Wat is jou instinktiewe reaksie wanneer jy gekonfronteer word met die rou, morsige realiteite van iemand anders se lewe? Die vriend wie se huwelik besig is om uitmekaar te val. Die ouer wat in verslawing verval. Die kollega wie se bitterheid elke kamer waarin hy loop, vergiftig. Wanneer sy pyn joune begin...

Dink Groot 06.09.2026

Send us Fan Mail Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.  Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op di...

Pasteur se Ontdekking 05.09.2026

Send us Fan Mail Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20)  Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is ’n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie? Louis Past...

Sien Verder as Jouself 04.09.2026

Send us Fan Mail Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20)  Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En...

Die Hoflikheid van Luister 03.09.2026

Send us Fan Mail Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.  Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat...

September Nuusbrief 1 02.09.2026

Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September. Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17?  Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie."   Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoest...

Christus op Straatvlak 02.09.2026

Send us Fan Mail Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’’  So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja ! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die v...

Wat Vorm Jou? 01.09.2026

Send us Fan Mail Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.  Het jy al ooit voor ’n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? ’n Siekte. ’n Verlies. ’n Mislukking. Verraad. ’n Finansiële krisis. ’n Verh...

Hier is ek Here 31.08.2026

Send us Fan Mail Lukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20)  Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ign...

Hou Op om die Stomp Byl te Swaai 30.08.2026

Send us Fan Mail Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.  Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel. Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses...

Deur Christus se Oë 29.08.2026

Send us Fan Mail Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.  Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislu...

Jou Toekoms Hoef Nie soos jou Verlede te Lyk Nie 28.08.2026

Send us Fan Mail Jakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.  Wanneer jy bietjie stilstaan en dink, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by ’n besluit. ‘n Besluit wat ons geneem het, ‘n besluit wat ons probeer ontduik, of...

Christus is By die Hek 27.08.2026

Send us Fan Mail Deuteronomium 27:19 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’”  Wanneer dinge om ons te vinnig verander, voel dit soms of ons ou tradisies wegraak. Ek dink dis heeltemal natuurlik om dan bang te wees. Politici stry en mense kies kante. Intussen worstel gewone...

Słuchaj podcastu God se Woord VARS vir jou Vandag w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS