RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Om Nederland plat te stap 15.08.2025 7:44
Hoekom sal ‘n Suid-Afrikaner wat Suid-Afrika se berge, dale en duineveld gereeld stap, oor die 400 kilometer in Nederland van alle plekke wil gaan stap? Die Pieterpad, wat van die noode na die suide in die oostelike deel van Nederland strek, het haar geroep, sê Esti Stewart van St. Francisbaai.
360 Speseryroete - Deel 94 15.08.2025 6:43
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor gremolata, wat geregte tot ’n ander vlak kan verhef.
Nuwe parasiet vernoem na SA prof 15.08.2025 4:26
Prof. Louis du Preez sê dis ‘n voorreg om ‘n naam met ‘n parasiet te deel. Die parasiet, Latergator louisdupreezi, is ontdek in die oë van alligators in Amerika.
Pokémon veroorsaak kosmors 15.08.2025 1:07
In Japan is ’n Pokémonkaart-promosie saam met kitskosetes kortgeknip nadat mense die kos gekoop het om die gesogte kaarte in die hande te kry, maar dit dan net so in straat gelos het.
Vrywilligers speel rol in geskiedskrywing 14.08.2025 7:27
Vrywilligers speel toenemend ‘n rol in geskiedskrywing en die optekening daarvan in Suid-Afrika se dorpe en stede. Mense word aangemoedig deur Jaco Maritz van die Durbanville Erfenisstigting om aan te sluit by organisasies in hulle omgewing om kundigheid beskikbaar te stel. Johan Rademan het by Jaco gaan uitving hoe hulle te werk gaan.
Wildteel vir 'n beter Kalahari 14.08.2025 7:42
Roy Barlow vertel vir Martelize Brink van ‘n teelprogram om genetika van tradisionele Kalahari-spesies te verbeter. Dit sluit die springbokram met die wêreldrekordlengte horings in, wat onlangs vir ‘n rekord R3,45 miljoen gekoop is.
Jonk 14 Augustus 2025 14.08.2025 11:25
Neuroloog dr. Etienne van der Walt praat oor die rol van slaap in gesondheid.
Spoedvark se spaarvark geskud 14.08.2025 1:11
In Switserland bepaal jou vermoë om te kan betaal, hoeveel jou verkeerskaartjie sal wees. ‘n Onlangse spoedboete van $110 000 is nog ver van die rekord van $290 000!
Pastoor Dennis se lewensverhaal 13.08.2025 8:54
Pastoor Dennis Francis vertel sy lewensverhaal aan Haidee Muller-Isaacs. Hy noem dit: Van Klip tot Siersteen. Dis ook die titel van sy outobiografie.
Wêreldrekordspringbok 13.08.2025 13:17
Japie van Niekerk vertel van die spog Springbokram met wêreldrekordlengte horings, wat hy vir ‘n rekordbedrag van R3,45 miljoen gekoop het.
Werkskultuur in koffiewinkels 13.08.2025 1:23
Starbucks in Suid-Korea het nou amptelik nuwe reëls. Tablette en skootrekenaars is welkom, maar mense mag nie meer hulle rekenaars, drukkers en afskortings bring om werkshokkies in die koffiewinkel op te stel nie.
Êrens oorsee 12 Augustus 2025 12.08.2025 9:05
Robbie Robberts vertel van die lewe in Iowa in die VSA. Hy sê tussen die mielies is daar werk vir mense wat wil werk.
Wat is 'n brilpartytjie? 12.08.2025 7:26
Adele Camarena vertel vir Haidee Muller-Isaacs van brilpartytjies, waar jy meer kan leer oor watter bril by jou persoonlikheid, oë en gelaats- en haarkleur pas.
Die stand van SA se klein hawens 12.08.2025 8:56
Dawie Botha praat oor die instandhouding van Suid-Afrika se kleiner hawens wat agterweë bly.
Werk jy by die werk? 12.08.2025 1:43
In China is daar plekke soos Pretend to Work waar werklose mense plek in ‘n kantoor huur, sodat dit lyk of hulle werk het!
Witkruisvleivalk-bewaring kry hupstoot 11.08.2025 9:08
Grant Forbes vertel vir Martelize Brink van Renosterveld in die Overberg wat aangekoop is om die bedreigde Witkruisvleivalk se bewaring ‘n hupstoot gee.
Ken jy só n vrou? 11.08.2025 5:44
Dit is nou tyd om 'n waarderende kollig op die vroue te laat skyn, wat onder die radar 'n positiewe impak of 'n postiewe verandering in hul gemeenskappe bring. Dis wat die Kouga-munisipaliteit doen met hulle StrongHer-veldtog. Die burgemeester, Hattingh Bornman, sê die veldtog is geïnspireer deur ’n soortgelyke een in Birmingham, Alabama, in die VSA.
Hoe het julle ontmoet? 11 Augustus 2025 11.08.2025 9:07
Dot Gerhold vertel vir Martelize Brink hoe sy na vier huwelike geweet het wat sy nié soek nie. Toe het sy vir Mike deur ‘n romantiese afspraakwebblad ontmoet.
Renjaer vier sy sleutelbeen af! 11.08.2025 0:54
’n Nascar-renjaer wat sy oorwinning gevier het, het van sy kar se dak afgeval en sy sleutelbeen gebreek.
Suid-Afrika se misterieuse bedgraf 08.08.2025 7:03
Die afgelope tyd het dit weer op sosiale media gegons oor Suid-Afrika se mees misterieuse bed, naamlik die dubbelbed koperkatel wat in die veld langs die N9 tussen Aberdeen en Graaff-Reinet staan. Die mense verwys na die bedgraf op die Aberdeen-pad, en die stories hieroor is meer as die hare op n hond se rug. Maar weet enigiemand wat die ware verhaal agter die katel is? Mariska Spoormaker het onde...
360 Speseryroete - Deel 93 08.08.2025 5:01
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suksesvolle vroue met speseryondernemings.
Klim berge vir 'n beurs 08.08.2025 0:59
In Suid- Korea is daar beurse by ‘n universiteit vir bergklim. Daar is 70 van die beurse beskikbaar, en ‘n student moet in die res van die jaar ses berge klim om die volle bedrag te ontvang.
SA se oudste wyn 07.08.2025 10:05
Jean Naude vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Suid-Afrika se oudste wyn, en hoe dit tans vereer word. Napoleon het glo ‘n bottel ‘n dag van hierdie Muscat-wyn van Groot Constantia gedrink.
Charlene Saal help met bekostigbare behuising 07.08.2025 6:25
Charlene Saal help die mense van Bellville-Suid om bekostigbare huise te kry. Sy werk vir 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle leer van hulle regte. Sy vertel sy is ’n pastoorskind, en haar ouers het altyd met behoeftiges gedeel. Sy het haar ouers se barmhartigheid geërf.
Jonk 7 Augustus 2025 07.08.2025 8:22
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die TikTok-gier, fibre maxxing, en sy sê Suid-Afrikaners kry juis te min vesel in.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS