RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

16 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Jonk: Weerstandsoefening 08.10.2026

Biokinetikus Conrad Litch praat oor die voordele van weerstandsoefening vir ouer volwassenes.

Deon Meiring by die Woordfees 07.10.2026

Deon Meiring gesels oor Glaskas se 20 jaar-mylpaal, en sy solomusiekloopbaan.

Die Woordfees se feesdigter 07.10.2026

Tom Dreyer vertel wat die werk van ‘n feesdigter behels, en hoe hy in sy IT-beroep beland het.

Isabella Niehaus by die Woordfees 07.10.2026

Kosghoeroe Isabella Niehaus vertel hoe sy in die kosbedryf beland het. Sy sê dis wat gebeur as jy nie weet hoe om nee sê nie.

Lucinda Rosa Bosch by die Woordfees 07.10.2026

Lucinda Rosa Bosch gesels oor die verskillende kunsvorme wat sy beoefen. Buiten musiek skryf en sing is daar onder andere ook pensketse en keramiek.

Dorpsgeheime: LNR-gedenktuin 07.10.2026

Dr. Zelda Bijzet vertel van die gedenktuin by LNR Infruitec-Nietvoorbij op Stellenbosch. Daar is ‘n boom wat van ‘n steggie gekweek is van ‘n 2 400 jaar oue olyfboom in Getsemane!

Schalk Joubert oor Anton Goosen 06.10.2026

Schalk Joubert vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Anton Goosen se invloed op musiek, en die verskeie produksies by die Woordfees waarby hy betrokke is.

Êrens oorsee: Santiago, Chili 06.10.2026

Hennie en Rosa Faul vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan van hulle lewe in Santiago in Chili waar hulle sewe jaar lank gewoon het.

Die eerste plate in Afrikaans 06.10.2026

Dr. Schalk van der Merwe vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die eerste plate in Afrikaans, en ’n geskiedenis-gesprekreeks by die Woordfees waar hy betrokke is.

Lelanie van der Berg by die Woordfees 06.10.2026

Lelanie van der Berg gesels oor grootword op Genadendal, haar pad tot op die wêreldverhoë, en haar produksie by die Woordfees.

Straatmyl-legende Sydney Maree 06.10.2026

Sydney Maree gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor sy atletiekloopbaan, sy wêreldrekord in die 1 500 m wat langer as 40 jaar gestaan het, en straatmyle. Francois Fouché vertel van die Dagbreek-straatmyl.

Albert Frost by die Woordfees 05.10.2026

Albert Frost vertel dat hy tromme gespeel het voor hy kitaar toe geskuif het.

Stellenbosch Universiteit se skaapplaas 05.10.2026

John Morris vertel van Stellenbosch Universiteit se Mariendahl-proefplaas, waar hulle ook kommersieël met skape boer.

Wetenskapwonder: Woordvorms 05.10.2026

Felix Spies praat oor die konsep dat ‘n woord ‘n vorm kan hê.

Dean Balie en Bianca Flanders by die Woordfees 05.10.2026

Dean Balie en Bianca Flanders vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan hoe hulle as ‘n paartjie bymekaar gekom het, en van hulle produksie, Prima, by die Woordfees.

Noord-Kaapse stories oor kultuur en tradisies 02.10.2026

Die Upingtonse skrywer, Anzil Kulsen, gesels oor aspirantskrywers van die Noord-Kaap, wie se stories nou ontgin word. Haidee Muller-Isaacs het ook gaan hoor hoe van die skrywers oor dié gulde geleentheid voel.

Soet Tand se vye 02.10.2026

Janelle en Ian de Kock gesels met Martelize Brink oor vye kook. By Soet Tand werk hulle met groenvye, ryp vye en swartvye.

Museum van walglike kos 02.10.2026

In Hong Kong is daar tans ’n opwip-weergawe van Swede se Museum vir Walglike Kos. Dis duidelik dat kultuur ‘n invloed het op watter kos mense dink walglik is.

Irene Snell-Carroll vereer 01.10.2026

Irene Snell-Carroll, Age-in-Action se direkteur vir die Wes-Kaap, is onlangs deur Nation Builder vereer deur hulle Proteas of Mzanzi-projek.

Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 2) 01.10.2026

Dr. Lana Bouwer vertel vir Martelize Brink van maniere om die vagussenuwee te stimuleer, en toestande waar dit kan help.

Staat help met vlerksleep 01.10.2026

Singapoer het ’n nuwe vlerksleepwebblad vir staatsamptenare tussen die ouderdomme van 21 en 35. Dit word gedoen om te help om die land se geboortesyfer te verhoog.

Soetmelksvlei se erfenis 30.09.2026

Adele Johnson staan aan die hoof van Soetmelksvlei, en deel hulle erfenis uit 1897 se uitbeelding van die plaas wat eers as Donkerhoek bekend gestaan het in die Franschhoekvallei. Johan Rademan het met haar in die Jonkershuis oor die handvaardighede en gedeelde erfenis gesels.

Grafversorging 30.09.2026

Tanya Klopper vertel vir Martelize Brink hoe sy en ‘n vriendin grafte skoonmaak en onderhou. Hulle maak ‘n verskil, een graf op 'n slag.

Dorpsgeheime: Bothaville se motormuseum 30.09.2026

Freek de Kock vertel vir Martelize Brink van Bothaville se Nissan en Datsun Erfenismuseum met meer as 200 voertuie.

Waarvoor jaag jy? 30.09.2026

In die VSA is verskeie mense in die nuus oor jaag, of dit nou is vir ontbyt, of omdat hulle nie langer kon knyp nie.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS