RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Bettie se engelpoppies 09.02.2023 11:37
Haidee Muller-Isaacs kuier by Bettie Roelofse op Rawsonville. Sy was op haar dag een van Worcester se top kleuterskoolonnies. Deesdae maak sy die mooiste engelpoppies.
MAAN Creative animasie-ateljee 09.02.2023 9:37
Johan Scheepers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van MAAN Creative animasie-ateljee. Hulle het in 2022 ‘n Internasionale Emmytoekenning ontvang.
Natasha van der Merwe kuier in die ateljee 08.02.2023 13:01
Natasha van der Merwe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar loopbaan in musiekblyspele, op die kassie en deesdae as sanger.
Slagter Jan van Belville 08.02.2023 11:11
Hy is alombekend as een van die vriendelikste slagters in Bellville. Hy gesels met ieder en elk wat by die slaghuis instap asof hulle ou vriende is . Dis Jan Cilliers. Hy vertel vir Haidee dat hy as jongman eers in die korporatiewe wêreld gewerk het. Toe hy desjare begin sake doen het in sy klein biltongwinkeltjie, het hy net mooi niks van vleis geweet nie.
Plaaslik vervaardigde satelliet vir landboudoeleindes 08.02.2023 12:56
David du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Dragonfly Aerospace se EOS SAT-1 plaaslik vervaardigde satelliet vir landboudoeleindes, wat deur SpaceX die ruimte in geneem is.
Die brûe op die N2 in Tsitsikamma 07.02.2023 12:14
Fanie van Aardt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die konstruksie van die brûe op die N2-snelweg in die Tsitsikamma-omgewing.
Laat Ruben jou vertel van aanvaarding en vasbyt 07.02.2023 10:52
Uit Despatch kom die lieflike verhaal van Ruben Ross, ‘n matriekleerling van die Hoërskool Despatch. As ongebore baba het hy ‘n beroerte in sy ma se maag gehad, wat tot gevolg gehad het dat Ruben fisieke uitdagings in sy lewe moes oorkom. Vandag is hy onder meer ‘n kampioen diksusgooier. Ruben se ma, Cindy, het vir Mariska Spoormaker vertel wat gebeur het.
Toep om kinders se aktiwiteite te koördineer 07.02.2023 9:31
Anneke Greyvensteyn vertel van die Coparent-toepassing, wat veral ouers in gebroke huishoudings kan help om saam in vrede hulle kinders se aktiwiteite te koördineer.
Warriors of Wildlife red wilde diere in Oekraïne 06.02.2023 12:49
Lionel de Lange vertel vir Martelize Brink hoe hy al sedert 2014 leeus, bere, wolwe en ander groot katspesies uit Oekraïne red.
Dr. Carl Albrecht – kankernavorser 06.02.2023 9:18
Daar word baie in Suid-Afrika gedoen t.o.v. kankernavorsing en kankerbewustheid. Dr. Carl Albrecht het dekades lank gewerk as kankernavorser. Ná sy jare as dosent by die Universiteit Stellenbosh, is hy aangestel as die eerste navorsingshoof van die Kankervereniging van Suid-Afrika. Hy het veral gefokus op die hoof omgewingsfaktore wat aanleiding gegee het tot die vehoogde risiko vir kanker, en hoe...
Antieke motors toer deur Wes-Kaap 06.02.2023 7:20
Phillip Kuschke vertel vir Martelize Brink van die antieke motor-toer deur die Wes-Kaap.
Hoe werk 3D-druk in die boubedryf? 03.02.2023 11:22
Eugene Marais vertel vir Martelize Brink hoe 3D-druk in die boubedryf werk.
Thinus Fick, die kitaarbouer 03.02.2023 11:56
Haidee Muller-Isaacs gesels met Thinus Fick, wat 'n loopbaan as ingenieur verruil het vir kitaarbou. Dis 'n absolute passie en selfs al dink 'n mens nie so nie, gebruik hy tog sy ingenieursagtergrond in dit wat hy nou doen.
Armdruk as sport 03.02.2023 9:56
Elizma en Jaco Botma vertel vir Martelize Brink van armdruk as sport.
Terug op Tafelberg 02.02.2023 12:01
Dawie Bester vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy die eerste jaar van sy lewe op Tafelberg gewoon het, en op 79 die eerste keer weer terug was op die berg.
Die vrou wat in die verlede bly rondkrap 02.02.2023 10:31
Al jare lank verlustig die lesers van Die Burger Oos-Kaap hulle aan die kort brokkies nuus van verlede in die rubriek, 50 jaar gelede, wat uit die destydse Oosterlig gehaal word. Die vrou wat al die jare die ou nuus uit die Oosterlig-argiewe opdiep, is die Baaienaar Willemien Green. Mariska Spoormaker het oor haar skouer gaan loer.
Die waarde van wyntoerisme 02.02.2023 9:15
Maryna Calow praat oor die waarde van wyntoerisme op die verjaarsdag van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
Kliniese sielkundige en mondfluitjiespeler 01.02.2023 13:22
Louis Awerbuck vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink dat hy nie net ‘n kliniese sielkundige is nie, maar ook ‘n musikant wat saam met Gert Vlok Nel en Die Wasgoedlyn optree met sy mondfluitjies.
Prof. Fanie bestudeer plante se chemie 01.02.2023 9:05
Om te funksioneer en te oorleef, produseer plante 'n wye verskeidenheid chemiese verbindings wat nie in ander organismes voorkom nie. Plante beskerm hulleself chemies teen herbivore, patogene en mededinging van ander plante deur gifstowwe te produseer en chemikalieë wat sleg smaak of ruik. Professor Fanie van Heerden is van die SA Chemiese Instituut. Jacqui January het met haar gesels by hulle jaa...
Skaars Akhal-teke perde gered uit Oekraïne 01.02.2023 6:40
Cobus Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van skaars Akhal-teke perde in die Paarl, wat uit Oekraïne gered is.
Louis de Waal en die Tafelberg-sweefspoor 31.01.2023 10:42
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die werk van Louis de Waal, wat die Tafelberg-sweefspoor insluit.
Ewan Strydom en die veertigs 31.01.2023 11:45
Haidee Muller-Isaacs gesels met TV-aanbieder en radio-omroeper Ewan Strydom oor 40 word, sy dae as fiksheidsafrigter en model, en hoe hy dit regkry om so plat om die aarde te bly in weerwil van die kollig wat hom bly opsoek.
Kaptein Steph vlieg vir die Dakar 31.01.2023 11:04
Kaptein Steph Scheepers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar ervaring as helikoptervlieënier wat ondersteuning bied tydens die Dakartydren. Sy vertel wat dit en haar vliegwerk in Saoedi-Arabië behels.
"Rolstoele" vir diere 30.01.2023 12:29
Judy Jooste vertel vir Martelize Brink hoe sy gestremde diere help om weer maklik te beweeg.
Nederlands is Kenan se Tantetaal 30.01.2023 9:20
Afrikaans is sy Moedertaal, maar hy het verlief geraak op Nederlands en dit sy Tantetaal genoem. Toe skryf hy ‘n gedig oor sy Tantetaal, verewig dit in ‘n kortfilm, skryf dit in vir ‘n kompetisie en tree anderkant as wenner uit. Dít is die verhaal van Kenan Davids, derdejaar onderwystudent aan Nelson Mandela Uninversiteit in Gqeberha. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoe klink die gedig.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS