RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Aftrede op Mauritius 15.05.2023 11:03
Dani van Vuuren vertel vir Martelize Brink wat Mauritius as ‘n opsie vir aftrede alles behels. Die opsie is beskikbaar vir mense oor 50.
Die snyblombedryf 12.05.2023 15:38
Cornelis Human gee vir Martelize Brink ’n blik op die snyblombedryf. en vertel hoe jy jou blomme die langste kan laat hou.
Prins Albert se eerste Jazzfees 12.05.2023 8:12
Haidee Muller-Isaacs het jou verlede jaar vertel van Journey to Jazz, Prins Albert se heel eerste Jazzfees wat in Mei vanjaar sou plaasvind. En in weerwil van reuse uitdagings en 'n geskarrel om befondsing te kry, het die Jazzfees uiteindelik verlede naweek plaasgevind. Haidee was weer daar, en is aangenaam verras. Ingrid Wolfaardt, hoof van die Prins Albert Gemeenskap Trust, het 'n droom gehad en...
'n Lewe met bipolêre gemoedsteurnis 11.05.2023 17:33
Martia Heunis vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met bipolêre gemoedsteurnis, en deel episodes uit haar wipwa-rit met die siekte.
Danielle se honde 11.05.2023 6:15
Suid-Afrikaners is lief vir hulle diere. Dis dikwels die selfopgelegde taak van sommige om te help met die versorging van ander se troeteldiere. Danielle van Rooyen is een van daai mense. Dis sedert 2010 dat sy verseker dat die honde in die Bophelong township in die Vaaldriehoek ingeënt word en kos kry. Dis deesdae vir haar ‘n voltydse werk met gereelde fondsinsamelingprojekte.
Die werk van 'n veiligheidsbeampte in die filmbedryf 11.05.2023 12:11
Justin Witbooi gesels met Martelize Brink oor sy werk as ‘n veiligheidsbeampte in die filmbedryf. Hy werk onder andere op die stelle van Fear Factor en Survivor.
Sylvaine Strike - aktrise, skrywer en regisseur 10.05.2023 13:59
Sylvaine Strike gesels oor haar loopbaan as aktrise, skrywer en teaterregisseur. Sy Vertel hoe sy tot Franse ridder geslaan is, en breek die nuus dat sy Damon Galgut se, The Promise, waarmee hy die Bookerprys gewen het, verhoog toe bring.
SA Oorplantingsatlete skitter met goud en silwer 10.05.2023 8:54
Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Perth, Australië, gehou is, het die Suid-Afrikaanse span nege gouemedaljes, 21 silwer en elf bronsmedaljes teruggebring. Maar die medaljes is glad nie so belangrik nie as wat dit is om elke dag voluit en met dankbaarheid te leef, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy met dr. Heilie Uys, spankaptein, gesels het. Maar eers vertel Heilie ‘n bietjie meer...
Suid-Afrikaanse handgerolde sigare 10.05.2023 11:07
Annerie Snyman vertel vir Martelize Brink die storie van Suid-Afrikaanse handgerolde sigare.
KwaZulu-Natal se geboue 09.05.2023 11:06
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van KwaZulu-Natal se geboue, soos Pornet se gebou op die Bluff waarvandaan hulle die hawe se skeepsverkeer bestuur.
Ivor se dans met depressie 09.05.2023 10:55
Haidee Muller-Isaacs gesels met jeugprediker en skrywer Ivor Swartz oor hoe hy leer dans het met depressie én hoekom hy hom veral oor jong depressielyers ontferm.
Ambagte wat bestand is teen GPT 09.05.2023 10:41
Elsie Harmse praat oor die mensgedrewe ambagte wat bestand is teen GPT-tegnologie.
Saalperdskou in Bloemfontein 08.05.2023 12:45
Koekie de Villiers vertel van die grootste opelug saalperdskou ter wêreld wat verlede week in Bloemfontein plaasgevind het.
Dié argitek tel orals bakstene op 08.05.2023 8:22
Die Baaienaar en argitek, Bardie Badenhorst, is só dankbaar vir sy verlossing van sosiale media, want nou het hy emmers vol tyd om nuwe belangstellings te vind én uit te leef. Een hiervan is om wegsmyt-bakstene te versamel en dit weer ‘n goeie doel te gee. Mariska Spoormaker het met Bardy langs sy hoop van meer as 700 bakstene gesels.
Nuwe medisinale sampioenspesie ontdek 08.05.2023 7:58
Breyten van der Merwe vertel vir Martelize Brink van ’n nuwe medisinale sampioenspesie wat hy identifiseer het. Hericium ophelieae is endemies tot die Knysnabos en kom spesifiek voor op die Kaapse Beukeboom, die Waterboom, die Ysterhoutboom en Stinkhoutboom.
Die Britse kroonjuwele 05.05.2023 15:08
Stefan Doveton-Moore vertel vir Martelize Brink van die Britse kroonjuwele wat tydens Koning Charles III se kroning te sien sal wees.
Wat is beter? ‘n Gasstoof of 'n elektriese stoof? 05.05.2023 7:05
Craig Venter van Defy praat die voor- en nadele van ‘n gasstoof tenoor 'n elektriese stoof.
Tygerberg-kinderkoor kraai koning 05.05.2023 10:08
Die Tygerberg-kinderkoor het pas koning gekraai in die afdeling vir kinderkore by die Hull Internasionale Koorkompetisie in Brittanje. Dit beteken dat hulle outomaties toegang kry tot die Wêreldkoorspele in 2024 in Nieu-Seeland, en dus in die kampioenskapsafdeling kan meeding sonder om eers te kwalifiseer. Haidee Muller-Isaacs gesels met koordirigent Karina Erasmus en 'n paar koorlede oor hierdie...
Ondersteuning met 'n histerektomie 04.05.2023 14:32
Melanie Verwoerd deel met Martelize Brink haar histerektomie-ervaring, en vertel van die tekort aan ondersteuning vir vroue wat daardeur gaan.
Frik “Visrivier Canyon” sê hoekom hy dié keer tuisbly 04.05.2023 10:21
In sy sewentig jaar het Frik Olwage die Visrivier-Canyon se 90 km-staproete al meer as 60 keer suksesvol aangepak, en ook baie stappers deur dié wêreld geneem. Noudat die Visrivier op sy droogste is in 14 jaar, en Frik besluit het om nie die roete voor die volgende goeie reëns te gaan stap nie, het Mariska Spoormaker met hom gaan praat.
Die werk van brandbestryders 04.05.2023 9:36
Piet du Plessis vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan in brandbestryding, die gespesialiseerde opleiding wat brandbestyders kry, en die impak wat klimaatsverandering op hulle werk het.
Eloise Webb se rugbypad 03.05.2023 10:35
Eloise Webb gesels oor haar pad tot in die Vroue Springbok- en Springboksewesspan. Dié heelagter het ook provinsiale kleure in netbal en krieket.
Gewone vs digitale klavier 03.05.2023 7:41
Gawie Wolmarans gesels oor die voordele van ’n gewone klavier teenoor digitale klaviere. Johan Rademan pols Gawie ook oor daai beginnersmusiek wat selfs bure teen die mure kan uitdryf. Wie ekn dan nie Chopsticks of Für Elize van Beethoven nie?
Wisseldiëte met veganisme 03.05.2023 15:27
Mari-Louis Guy vertel vir Martelize Brink van wisseldiëte met veganisme. Sy deel ‘n paar idees en praat oor die neiging om te sorg dat almal om ‘n tafel se kos dieselfde lyk, hetsy dit vleis of ‘n alternatief is.
Hoe bou mens op sand? 02.05.2023 9:33
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe geboue en paaie op sand gebou word, asook die uitdaging van sand se beweging by hawemondings.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS