RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

6 lis 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,7+ iOS niedługo

Odcinki

Minitza se kuns word juwele 29.06.2023

Minitza van der Waldt vertel vir Martelize Brink hoe haar kuns juwele word, en hoe Amerikaners op dié juwele uit Afrika reageer. Sy verteenwoordig Suid- Afrika in Augustus by ‘n handelskou in New York.

Aanhouer wen, of nie... 29.06.2023

Ignatius Vlok vertel van ‘n 56-jarige Chinese miljoenêr wat vir die 27ste keer ‘n universiteitstoelatingseksamen geskryf het... hy was weer onsuksesvol.

Jane de Wet gesels oor haar loopbaan 28.06.2023

Jane de Wet vertel vir Martelize Brink hoe sy sonder ‘n dramagraad moes sukkel om ‘n agent te kry. Dié 27-jarige aktrise speel gereeld rolle waar sy sowat 10 jaar jonger is.

Prof. Nina Schumann se nuwe uitdagings 28.06.2023

Op 15 ’n wonderkind, en op 50 met drie lewensingrypende siektetoestande gediagnoseer. Hoe hanteer prof. Nina Schumann, ‘n internasionale konsertpianis, dié uitdagings. Johan Rademan het haar by die Konserwatorium op Stellenbosch besoek.

Boegoeberg se dam 27.06.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Boegoeberg se dam, wat eintlik ‘n keerwal is. Hy praat ook oor vloedlyne en hoe belangrik dit is.

Hoe om oudword te geniet 27.06.2023

Om ouer te word, in elke fase van jou lewe, bring genot en uitdagings. Jacqui January kuier by ’n aftreeoord, waar sy met ‘n paar vroue gesels oor afskaal op alle vlakke, en hoe om die lewe te geniet. Sy het ook by ‘n navorser gaan hoor van die riglyne waarmee sy seniors bemagtig in die oudwordproses.

Volhoubaarheid in die restaurantbedryf 27.06.2023

Bea Malherbe praat oor volhoubaarheid in die restaurantbedryf. Sy is die hoofsjef by Fyn, wat aangewys is as die wêreld se beste volhoubare restaurant.

Diere wat hulleself bevrug 26.06.2023

Prof. Hannes van Wyk vertel vir Martelize Brink van partenogenese, waar diere hulleself bevrug. Daar is onlangs berig oor die krokodil in aanhouding wat haarself bevrug het.

Sjefskool vir jongmense op die spektrum 26.06.2023

Cheryl Terblanche vertel vir Martelize Brink hoe Spectrum Chefs Academy ‘n uitvloeisel is van tuisonderrig vir haar seun Shay, wat op die outismespektrum is. Shay is vandag ‘n opgeleide sjef en gee klas vir ander wat ook op die spektrum is.

Die Baai se “wonderwerk”-honde 26.06.2023

Drie jaar gelede het Ernst en Wandie Deyzel se twee honde uit hulle hoog ommuurde erf in Gqeberha verdwyn. Nou, na drie jaar, het die wonderwerk gebeur – albei honde is gevind en terug by die Deyzels. Dit danksy onder meer 'n besoeker uit Gauteng en ’n Baaise verkeersbeampte met 'n groot hart vir diere. Mariska Spoormaker het by die honde en hulle mensema, Wandie, gaan kuier.

Die waarde van terapeutiese massering 23.06.2023

Ronald Nondzaba gesels oor terapeutiese massering, die waarde van voordurende opleiding en die behoefte om jou aanslag vir elke individu aan te pas.

Wat is beter - Diesel- of elektriese motors? 23.06.2023

Motorjoernalis Marnus Hattingh vertel vir Martelize Brink wat beter is – motors met dieselenjins of nuwe opsies soos hibriede of elektriese voertuie.

Tony se bergklimlewe 23.06.2023

Tony Lourens is al vir langer as 40 jaar ‘n ywerige bergklimmer. Hy het verskeie bergklim- en stapgidse geskryf, en is redakteur van die gratis e-tydskrif, MountainSA. Johan Rademan het met hom gesels.

Die verband tussen depressie en demensie 22.06.2023

Joernalis Willemien Brümmer gesels met Martelize Brink oor haar ervaring met depressie en demensie. Sy deel van die insigte waartoe sy gekom het. Prof. Piet Oosthuizen, ‘n psigiater, gesels saam.

Die onbesonge helde van die hotel 22.06.2023

Die waskamer-vroue van 'n hotel word die onbesonge helde genoem. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake staan in 'n hotel se waskamer, en daar ontmoet sy drie baie besonderse vroue. Een van hulle is al langer by die hotel as die nuwe eienaar. Daar het sy gehoor hoe Cynthia Bona sake met 'n ysterhand regeer.

Narkotika Anoniem en die dwelmkrisis is SA 22.06.2023

André M. praat oor die dwelmkrisis in Suid-Afrika, deel sy persoonlike ervaring en vertel van die werk wat Narkotika Anoniem doen.

Mila Guy gesels oor akteurskap en getroude lewe 21.06.2023

Mila Guy gesels oor haar loopbaan as aktrise, hoe Bennie Fourie ouers gevra het in Nieu-Seeland, en hulle nesskop in Kaapstad.

Annelie Botes wonder of sy nog wil skryf 21.06.2023

Nadat sy deur diep gesondheidswaters gegaan het, is Annelie Botes, die skrywer van trefferboeke soos Raaiselkind, ThulaThula en Katvis, onseker of sy weer 'n boek gaan skryf. Mariska Spoormaker het Annelie by haar huis in die Baai gaan besoek nadat sy uit die Aurora-rehabilitasiesentrum ontslaan is.

Alternatief vir loodpatroonpunte 21.06.2023

Lizanne Nel praat oor die impak van loodpatroonpunte op mens en dier. Sy vertel ook van alternatiewe punte wat beskikbaar is en deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging verkies word.

Upington se rosyntjieaanleg 20.06.2023

Frans Ferreira vertel vir Martelize Brink van die rosyntjieaanleg op Upington wat die agtste grootste ter wêreld is.

Hennie en Katie plus vyf 20.06.2023

Hennie van Loggerenberg is 'n sjef, illustreerder en fotograaf. Hy en sy vrou, Katie, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hulle vyf kinders, nie een biologies nie, maar nietemin hulle s'n. Twee van die kroos is aangeneem en drie is voogkinders. Hulle vertel van hulle liefde vir hierdie vyfstuks, die uitdagings en tuisonderrig.

Kuns oor die konsep van tyd 20.06.2023

Anico Mostert gesels oor kuns wat die konsep van tyd weergee. Dis ‘n gereelde tema in haar werk, en van haar kuns is te sien in ’n uitstalling, Endless Night.

Op 77 wil Piere net ruimte toe 19.06.2023

Hierdie kan nou te buitensporig klink om waar te wees, maar dit is so: die 77-jarige Piere le Roux, ‘n boorling van die Baai, hou homself topfiks, want hy glo dat sy droom om ruimte toe te gaan, aanstaande jaar bewaarheid sal word. Hy het in 2016 al R5-miljoen rand vir sy ruimtekaartjie betaal. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.

Bederf jouself met goeie skeerseep 19.06.2023

Andrew Saunderson en Henk Roux vertel vir Martelize Brink van tradisionele nat skeer. Henk het ’n skeerseepversameling van bykans elke skeerseep wat in Suid-Afrika gemaak word. Seepmaker Andrew vertel van die skeerseep wat hy op kleinskaal by Kiapanande maak.

EK ’N JY van Koringberg 16.06.2023

EK ’N JY kuier by Martelize Brink op Jeugdag. Dié organisasie op Koringberg bied verskeie sportsoorte vir die jeug aan. Linda van Rooi, Peter Faroa, Mariana Diedericks, Nikeesha Cloete, André Naude en Griffin van Rooi vertel van hulle betrokkenheid by skaak, netbal, raakrugby en straatkrieket.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS