RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

6 lis 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,7+ iOS niedługo

Odcinki

Hoe werk dit ondergronds by myne? 22.08.2023

Willem Olivier vertel vir Martelize Brink van die ondergrondse werk by die myne.

Diana Ferrus-huldigingsgeleentheid 22.08.2023

Johan Rademan vertel vir Martelize Brink waarna jy kan uitsien in die regstreekse huldigingsgeleentheid ter viering van Diana Ferrus se 70e verjaarsdag.

Nicela Naude sprankel in weerwil van uitdagings 22.08.2023

Haidee Muller-Isaacs het voorheen by die pragtige Nicela Naude gaan kuier toe sy vier jaar oud was. Nicela ly aan 'n baie seldsame siekte, wat die een kant van haar lyfie affekteer en misvorm. In weerwil van nege operasies en vele mediese prosedures, is sy deesdae 'n sprankelende, positiewe en baie intelligente meisie van nege jaar oud. Sy weet presies wat sy uit die lewe wil hê, en sal dit sonder...

Miljoene vir 'n uitgebrande Ferrari betaal! 22.08.2023

‘n Uitgebrande dop van ‘n 1954 Ferrari is vir $2-miljoen verkoop!

Jacolien en die tentpegging-wêreldbeker 21.08.2023

Jacolien Brits praat oor haar deelname aan die Tentpegging Wêreldbeker, wat vandeesweek op George plaasvind. Dié Protearuiter was deel van die span wat in 2018 die Vroue Wêreldbeker gewen het.

Zenobia Klopper se ma en haar kortfilms 21.08.2023

Zenobia Kloppers het met haar eerste kortfilm, Rieldans, in Frankryk pryse losgeslaan. Haar tweede kortfilm, Helmhart, verskyn vandeesweek op die silwerskerm. Johan Rademan het met Zenobia gesels oor haar ma se invloed in beide films.

Creation in die Hemel-en-Aardevallei 21.08.2023

Dr. Winifred Bowman en Carolyn Martin vertel vir Martelize Brink van Creation in die Hemel-en-Aardevallei, wat aangewys is as die vierde beste wynplaas ter wêreld om te besoek.

Word betaal om te slaap 21.08.2023

Slaapstromers verdien tot $15 000 per sessie sodat mense aanlyn kan kyk hoe hulle slaap.

Net 10 oor van krities bedreigde Vaquita-tornyn 18.08.2023

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die Vaquita-tornyne wat op die rand van uitwissing is, en wat gedoen word om die wêreld se kleinste tornyn te red. Daar is slegs 10 oor in die natuur.

Watter soort dak is die beste? 18.08.2023

Gawie Viljoen vertel vir Martelize Brink van die verskillende soorte dakke en dakbedekkings.

'n Orrel uit Urk 18.08.2023

Drie skepe het vergaan, maar ‘n orrel van ‘n Urkse-vissersfamilie uit Nederland, het in Suid-Afrika bly staan nadat dit ook amper vergaan het. Die orrel is nou in die Gereformeerde kerk in Hermanus. Johan Rademan die storie in Amsterdam by die Van der Breggens uitgevis.

Barbie Botox 18.08.2023

TikTok is gaande oor Barbie Botox. Botox word in die spiere gespuit wat jou kop moet ophou. Dit laat die skouers kleiner en fyner lyk, en die nek langer en slanker vertoon.

Regte vrylopende hoenders 17.08.2023

Suzanne Smit vertel vir Martelize Brink hoe sy haar hoenderboerdery begin het. Deesdae kan jy haar regte vrylopende hoenderprodukte kry by haar winkel, The Country Chic.

Kelvin se Breederivier 17.08.2023

By die River Goose-kampeerplek langs die Breederivier in Bonnievale, vertel Kelvin Phillips vir Haidee Muller-Isaacs van die oorstromings wat daar was, en die kwynende voëlspesies. Sy bekende rivierbootjie waarmee hy gereeld op die rivier vaar en mense van die omgewing en die voëlspesies vertel, het darem nie skade gely nie, maar die trappe wat na die bootjie lei, het in die slag gebly. Haidee kon...

Die belangrikheid van primêre tandesorg 17.08.2023

Mondhigiënis Karin Viljoen praat oor primêre tandesorg, wat reeds voor geboorte begin.

Juriediens met vier woelige kinders 17.08.2023

‘n Vrou in Amerika het vir juriediens opgedaag met ‘n kleuterdogter en ‘n 18 maande oue drieling. Sy is eers twee en ‘n half uur later verskoon van juriediens.

Izelle Venter se mediawêreld 16.08.2023

Izelle Venter vertel vir Martelize Brink van haar belewenis van die mediawêreld - van haar tydskrifdae as hoofredakteur van Huisgenoot tot die stigting van die Via-kanaal op DSTV.

Blikkies vol stories 16.08.2023

Jacqui January gesels met twee susters wat glad nie skaam is om te sê dat hulle trots op hulle Noord-Kaapse afkoms is nie. Hulle vertel van hulle reise en die stories van plattelandse vroue wat in hulle boeke opgeteken is.

Dronk toeriste slaap in Eiffeltoring 16.08.2023

Twee dronk Amerikaanse toeriste het in die Eiffeltoring geslaap, en moes deur ’n spesialis-brandweereenheid gered word.

Mynbou in Noordwes 15.08.2023

Willem Olivier vertel vir Martelize Brink van sy mynbouervaring in Noordwes.

Langenhoven se spreuke 15.08.2023

Dr. Willem Botha praat oor CJ Langenhoven se spreuke, en deel ‘n paar van die wyshede.

Ouma Hanna se boerseep 15.08.2023

Haidee Muller-Isaacs kuier by Alida Taljaard se tuisfabriek waar sy haar ma, Hanna, se boerseep-nalatenskap voortsit.

Persoonlike tweedehandse-klerekopers 15.08.2023

In Amerika is daar digitale persoonlike aankopers wat namens hulle kliënte tweedehandse klere gaan soek.

Bobbejane se rol in fynbosverspreiding 14.08.2023

Fanus Ferreira praat oor bobbejane se rol in die verspreiding van fynbos.

Kleinboere se uitdagings 14.08.2023

Johan Rademan het met die voormalige adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder, tydens ‘n besoek aan Friesland in Nederland gepraat oor kleinboere se uitdagings in Europa en Suid-Afrika.

Słuchaj podcastu Driesestig w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS