RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
360 Speseryroete - Deel 12 24.11.2023 10:18
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor neutmuskaat en foelie, twee speserye van dieselfde plant.
Tech-ghoeroe Arlene Steyl maak tegnologie toeganklik 24.11.2023 8:37
Haidee Muller-Isaacs gesels met die tech-ghoeroe, Arlene Steyl. Sy het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation-toekenning gewen, en in dieselfde jaar op die voorblad van Forbes Women Africa gepronk. En, natuurlik is haar huis tech-slim. Arlene vertel ook hoe dit deesdae gaan met die tech-universiteit waar studente leer om te programmeer sonder enige dosente of klasgeld, 'n eerste...
Blitsskare besteel 'n winkel 24.11.2023 1:58
‘n Blitsskare van 17 het $12 000 se skoene en klere uit ‘n winkel in Los Angeles weggedra.
The Sound of Music binnekort weer op planke 23.11.2023 10:47
Janelle Visagie en Rylan Lemmetuis vertel vir Martelize Brink van hul rolle in The Sound of Music, wat binnekort by Kunstekaap en Montecasino te sien is.
Baaise staproetes kry groenvlag-status 23.11.2023 8:36
Daar is al baie gesê dat Nelson Mandelabaai Suid-Afrika se natuurhoofstad is met sy lieflike strande en en natuurreservate. Nou het die Baai se groen kroon nog ‘n paar juwele bygekry, en dit is die internasionaal erkende groenvlag-status, wat aan 11 van die metropool se staproetes toegeken is. Clyde Scott, munisipale natuurbewaringsbeampte, het met Mariska Spoormaker hiervan vertel.
Wat behels die Kernwapenverdrag? 23.11.2023 11:20
Lydia Von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink wat die kernwapenverdrag behels waaruit Rusland onlangs onttrek het.
Groen mamba los in Nederlandse dorp 23.11.2023 2:09
‘n Nederlander se twee meterlang groen mamba-troetelslang is soek, en die dorp is gewaarsku om weg te bly as hulle die slang teëkom.
Inspirasie vir bo 40’s 22.11.2023 15:41
Marika Opperman gesels oor inspirasie vir mense ouers as 40, en hoe haar Instagram-sukses daarin lê om natuurlik te wees.
Wie gaan SA regeer? 22.11.2023 7:51
Hoe lyk die politieke speelveld van die toekoms? Johan Rademan het nie politiek nie, maar óór die politiek met die skrywer en News24-redakteur, Adriaan Basson, gesels na aanleiding van die boek, Who will rule South Africa?
Europese geld help dennebome uitroei 22.11.2023 6:54
Julian Snyders van die bewaringsorganisasie, Wild Restoration, het Europese befondsing gekry om 50 000 dennebome van 280 hektaar grond in die Greyton-omgewing te verwyder, om sodoende inheemse plante te beskerm.
Tweeling in twee baarmoeders? 22.11.2023 1:37
‘n Amerikaanse vrou, Kelsy Hatcher, verwag twee dogtertjies - elkeen in haar eie baarmoeder.
Ingenieurs se gedragskode 21.11.2023 12:03
Dawie Botha gesels met Martelize Brink in So is die land gebou oor ingenieurs se gedragskode en korrupsie in die bedryf.
Deon Davids van die Bokke 21.11.2023 8:45
Haidee Muller-Isaacs kuier in die Paarl by die Springbokspan se hulpafrigter, Deon Davids. Hy vertel vir haar van sy grootworddae op Bredasdorp, sy ervaring in Frankryk by die Wêreldbeker, en die rol wat Rassie Erasmus in sy loopbaan gespeel het.
Transgender Dag van Herinnering 21.11.2023 6:15
Alex Botha gesels met Martelize Brink oor die Transgender Dag van Herinnering en die behoefte aan statistiek oor geweld teen trans persone.
Wenner van 'n pot geld word 'n potspelwenner 21.11.2023 1:46
Neil Jones het met sy 2010 Lotto wengeld afgetree, ‘n profesionele graad potspeltafel gekoop en begin oefen. Op 59 het hy die Engelse span gehaal en ‘n brons medalje by die Europese Blackball Kampioenskappe verower.
Somergevare vir troeteldiere 20.11.2023 14:43
Veearts dr. Nico du Preez praat oor gevare vir troeteldiere in die somer, van bysteek tot oorinfeksie nadat hulle geswem het.
Maryke se belewenis van Ysland se aardbewings 20.11.2023 7:14
Maryke Musson deel uit Ysland haar ervaring van die duisende aardbewings, dorpsontruiming en die dreigende vulkaniese uitbarsting.
Beurs-studente se breër behoeftes ook in ag geneem 20.11.2023 9:21
Jy kan nie vir ’n jongmens net ’n studiebeurs gee, en dan glo alles sal goed gaan nie, want baie ander faktore speel ook ’n rol, sê professor Jean Greyling, departmentshoof van Rekenaarwetenskappe en Inligtingstelsels by die Nelson Mandela Universiteit. Hy praat uit ondervinding, want sy departement het al oor die R60 miljoen se beurse vir studente bewerkstellig. Mariska Spoormaker het met hom gep...
Europa se aktiefste vulkaan 20.11.2023 8:30
Prof. Freddie Roelofse vertel vir Martelize Brink van Etna, Europa se aktiefste vulkaan, asook die supervulkaan Campi Flegrei.
Plastiese sjirurgie bemoeilik sake met rybewys 20.11.2023 2:53
Denise Rocha, ‘n Brasiliaanse model, het al soveel plastiese sjirurgie gehad dat munisipale amptenare nie haar rybewys wou hernu nie. Sy moes ‘n tweede vorm van foto-ID gebruik om hulle te oortuig dat dit wel sy is, voor sy haar rybewys kon kry.
Yslanders staal hulle vir vulkaanuitbarsting 17.11.2023 9:31
Prof. Freddie Roelofse praat oor Ysland se dreigende vulkaanuitbarsting.
360 Speseryroete - Deel 11 17.11.2023 8:46
Dee Robinson vertel vir Martelize Brink in die DieSestig Speseryroete wat die verskil tussen kerrie en masala is en gee ‘n resep vir ‘n basiese kerriemengsel.
Laurie bemiddel tussen die blatjang en rissiesous 17.11.2023 9:18
Laurie Greyvenstein is 'n regskenner, entrepreneur, bemiddelaar en vredemaker. Jy kan nou ook blatjang- en rissiesousmaker daarby voeg. Haidee Muller-Isaacs het in sy kombuis gaan inloer. Laurie het ook onlangs 'n toekenning gewen vir sy werk as bemiddelaar.
Geseënde honde 17.11.2023 1:21
In Japan neem mense nou hul honde om ‘n seën te ontvang wat kinders gewoonlik op ouderdomme 3, 5 en 7 kry.
Paul Alberts deur FAK vereer 16.11.2023 9:25
Charmaine Alberts vertel vir Martelize Brink van fotograaf Paul Alberts, haar oorlede man, wat deur die FAK vereer gaan word vir sy bydrae tot die bevordering van Afrikaans. ‘n Uitstalling van sy foto’s van bekende skrywers, digters en akteurs word gehou.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS