RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Education

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

25 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

15 Jan 14.01.2017

Een van 'n taal se grootste skatte is sy uitdrukkings en gesegdes. Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor wyle dr. Anton Prinsloo se bydrae om die taalskat op te teken, en voorbeelde uit een van sy boeke, Feite, flaters en fiksie, word bespreek.

8 Jan 07.01.2017

Een van die stigters van die GRA (Genootskap van Regte Afrikaners) was Gideon Malherbe. Hy was 'n gesiene boer, sakeman en wa-maker van die Paarl. Sy huis in die Paarl is vandag die Afrikaanse Taalmuseum. Magdaleen Krüger het onlangs vir die eerste keer in haar lewe die taalmuseum besoek, en sy neem jou saam deur die ou huis.

1 Jan 31.12.2016

'n Spesiale Nuwejaarsprogram oor Afrikaans se mooiste woorde.

18 Dec 17.12.2016

'n Besondere boek oor die bruin gemeenskap se bydrae tot Afrikaans is op Versoeningsdag bekendgestel. Ina Strydom het met die mederedakteurs, prof. Wannie Carstens en dr. Michael le Cordeur, oor ONS KOM VAN VER AF gepraat.

11 Dec 10.12.2016

'n Luisteraar vra waar kom “koeken kloe” (cooking clue) vandaan. En word vêr nou met 'n kappie of sonder 'n kappie geskryf?

4 Dec 03.12.2016

Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Dione Prinsloo, vertel vir Ina Strydom meer oor die Jan H. Maraisprys vir uitsonderlike prestasie in Afrikaans en ander projekte; en die werk van Afrikaans.com se veldtogwenners word voorgelees.

27 Nov 26.11.2016

Waar kom die werkwoord in 'n sin? En wat is die verskil in betekenis tussen skadeloos en skadelik?

20 Nov 19.11.2016

Die woord HET is een van die woorde wat die meeste in Afrikaans voorkom, maar dit het vele geheime. Prof. Jac Conradie van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom waarom HET 'n besondere plek in die taal inneem.

13 Nov 12.11.2016

Magdaleen Krüger kyk na die "wrap" en "rap" in kos en musiek.

6 Nov 05.11.2016

Die skeppende direkteur van die reklame-agentskap Blink Stefanus, Stefanus Nel, praat oor Afrikaans in die reklamebedryf.

30 Oct 29.10.2016

Wat beteken die 'heinde' in heinde en verre, en hoekom praat ons van katarakke as katarak se betekenis eintlik niks met oë te doen het nie.

23 Oct 23.10.2016

Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor maniere wat hulle bedink het om veral honneursstudente na die Departement Afrikaans te lok.

16 Oct 15.10.2016

Daar word gepraat oor die dubbelpunt en kappie, waar die woord BAKKIE vandaan kom en waar die uitdrukking PANTOFFELREGERING sy oorsprong het.

9 Oct 2016 08.10.2016

Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.

9 Oct 2016 08.10.2016

Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.

2 Oct 2016 01.10.2016

Karien Brits van die ATKV vertel meer oor 'n Moedertaalfees. Daar word ook gefokus op 'n omkeerstrategie vir die verbetering van onderwysgeleenthede vir gehoorgestremdes, en pogings om gebaretaal as amptelike taal verklaar te kry.

25 Sep 2016 24.09.2016

Prof. Hein Willemse vertel aan Ina Strydom hoe NP van Wyk Louw deur Adam Small se oë lyk.

18 Sep 2016 17.09.2016

Waar kom die benaming petrolkop en die uitdrukking gekonfyt wees in iets vandaan?

11 Sep 2016 10.09.2016

Ina Strydom praat met die taalpraktisyn Tom McLachlan oor 'n paar taalgoggas wat gereeld gesien en gehoor word.

4 Sep 2016 03.09.2016

Magdaleen Krüger kyk na die bemarking van Afrikaans as 'n handelsmerk.

28 Aug 2016 27.08.2016

Die woorde van die week is jok en kwaadgeld, en Gerhard van Huyssteen van Viva vertel van 'n werksessie oor Afrikaans-grammatika wat gehou is.

21 Aug 2016 20.08.2016

Babataal en Motherese word bespreek. Watter invloed het hierdie twee 'tale' op 'n kind se taalontwikkeling?

14 Aug 2016 13.08.2016

Prof. Ernst Kotze praat oor taal en geregtigheid in die hof; die Julie-wenners van Varsgebek word bekendgemaak en die oorsprong van domkrag word bespreek.

7 Aug 2016 06.08.2016

Wanneer verwys jy na persone en wanneer na mense? En waar kom die woord hovaardig vandaan?

31 Jul 2016 30.07.2016

Dr. Donovan Lawrence van die Department Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg praat oor die rol van die Afrikaans-onderwyser in die uitbou van 'n inklusiewe taalerfenis. Die woord van die week is harlaboerla.

Luister naar de podcast Taaldinge in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds