RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Die bedrywige Hendrik Hofmeyr 06.01.2026 9:37
Hendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bedrywigste kontemporêre komponiste, wat al meer as 240 werke geskep het. Terrance April het met hom gesels.
Michael Garbett van Vrystaat Kunstefees 06.01.2026 14:29
Christelle Webb-Joubert gesels met Michael Garbett, die feesdirekteur van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.
Hannalie Taute: Mother Monster Stitch 06.01.2026 11:28
Kurator Karolien van Zyl vertel van Hannalie Taute se uitstalling, MOTHER. MONSTER. STITCH.
Maynardville Opelugfees 2026 06.01.2026 6:49
Die uitvoerende vervaardiger van die Maynardville Opelugfees, Jaco van Rensburg, vertel vir Christelle Webb-Joubert waarna gehore kan uitsien.
Louis Heyneman groet Kaapstad Filharmonies 30.12.2025 29:30
Louis Heyneman tree na 25 jaar uit as bestuurshoof artistieke direkteur by die Kaapstad Filharmoniese Orkes. Christelle Webb-Joubert gesels met hom oor sy loopbaan, hoogtepunte en die pad vorentoe.
Johny Klein oor oorklanking 23.12.2025 16:00
Oorklanking is nie ’n vreemde ding in Suid-Afrika nie. Dit is so oud soos die begin van televisie in die land. Dit het later op die agtergrond geskuif, veral vanweë onderskrifte. Deesdae het oorklanking weer sy glorie teruggekry, en is baie gewild. Terrance April gesels met Johny Klein, oorklankingsregisseur, oor hierdie kunsvorm.
Oppiwater 2026-feesprogram 23.12.2025 11:36
Frans Swart, feesdirekteur van die Oppiwater-kunstefees, gesels oor die program wat onlangs bekend gestel is vir die fees wat van 9 tot 14 April 2026 plaasvind.
Raai, raai, riepa! by Breytenbachgalery 16.12.2025 6:18
Anne-Ghrett Erasmus Coetzee is die kurator by die Breytenbachgalery. Sy vertel van die speelse uitstalling, Raai, raai, riepa!
Die Neutekraker by Montecasino 16.12.2025 10:32
Die Neutekraker is een van die gunstelingballette tydens die feesgety. Cape Ballet Africa voer dit op by die Teatro by Montecasino tot 28 Desember 2025. Terrance April gesels met Marcel Meyer, die kostuumontwerper, en Mia Coomber wat die rol van die sneeukoningin dans.
Gauteng Kitaarkwartet 16.12.2025 4:38
Die Gauteng Kitaarkwartet is die enigste professionele kitaarkwartet in Suid-Afrika. Hulle program sluit 'n hele reeks werke uit verskillende musiekperiodes in. Terrance April het met Nathalie Roue gesels na afloop van een van hulle konserte.
MOANA JR. in Kaapstad op die planke 09.12.2025 5:08
MOANA is ‘n bekende Disney-rolprent, wat nou op die verhoog te sien is. Amanda Bothma is ‘n konsultant vir die produksie, en vertel meer.
ALICE IN WONDERLAND by Kaapstad Stadsballet 09.12.2025 8:13
Kaapstad Stadsballet vier vanjaar hulle 92ste bestaansjaar. Om die geleentheid te gedenk het hulle die Britse choreograaf, Gerard Charles, genader om ALICE IN WONDERLAND vir hulle aan te bied.
Jonathan Pienaar ( 1962 - 2025) & Matt Stern ( 1971 - 2025) 09.12.2025 23:49
Daar word hulde gebring aan die akteur en skrywer, Jonathan Pienaar, wat op 10 November 2025 oorlede is, asook aan die akteur en sanger, Matt Stern, wat op 26 November 2025 oorlede is.
STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER by AfriForumteater 09.12.2025 6:28
Regisseur Jennifer Myburgh vertel van die kinderteaterproduksie, STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER.
ROSE'D by La Motte Ateljee 09.12.2025 6:37
Nina Kruger, die kurator by La Motte Ateljee, vertel van hulle uitstalling, ROSE’D.
Joyce Carreira se lewe en kuns 02.12.2025 20:37
Christelle Webb-Joubert kuier by beeldhouer Joyce Carreira. Sy leer ken sy haar as mens en kunstenaar.
A Show About Nothing by Spier 02.12.2025 9:32
A SUMMER DREAM: A SHOW ABOUT NOTHING beloof om jou verbeelding aan te gryp. Liezel de Kock vertel van hierdie produksie wat plaasvind by die Spier-amfiteater.
Michael Fullard oor CATS 02.12.2025 5:10
Terrance April gesels met Michael Fullard wat te sien is in die musiekspel, CATS. Die speelvak begin in Kaapstad en verskuif dan na Johannesburg.
Mosselbaai se eerste kunsteweek 02.12.2025 6:21
Jak de Priester vertel van die eerste Punt in die wind-kunsteweek wat van 21 tot 27 Desember 2025 in Mosselbaai plaasvind.
John Robertse se kuns - Deel 2 25.11.2025 9:21
Christelle Webb-Joubert kuier verder saam met die kunstenaa,r John Robertse. Hy vertel waarop hy nog verf, buiten lepels.
Woordfees se feeskunstenaars 25.11.2025 13:10
Christelle Webb-Joubert het by die Woordfees deur die feeskunstenaars se uitstalling, Sonstraal, gestap, saam met medekurator Shona van der Merwe. Ben Stanwix en Xhanti Zwelendaba het 'n omgewing uit tekstuur, lig en ritme geskep.
Janice Honeyman se pantomieme, Pinocchio 25.11.2025 13:22
Terrance April gesels met die regisseur, Janice Honeyman, oor onder andere vanjaar se pantomieme, Pinocchio.
The Black Hole Symphony 25.11.2025 9:39
Die komponis en pianis, Yashneen Modi, vertel van The Black Hole Symphony, en hoe Universe on Stage musiek en wetenskap byeenbring.
Light in the darkness - Irene Mynhardt 18.11.2025 9:52
Irene Mynhardt wou nog altyd ’n kunstenaar wees. Sy gesels oor haar storie van hoop, en haar uitstalling, Light in the darkness.
Human Naudé-studiebeurskompetisie 18.11.2025 7:24
Pianis Charl du Plessis vertel vir Christelle Webb-Joubert van die Human Naudé-studiebeurskompetisie in Bloemfontein.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds