RSG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

News

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

15 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Monitor 25 September 2025 25.09.2025

Kwaai kritiek teen president Donald Trump oor die onwetenskaplike verband wat hy trek tussen 'n pynmiddel en outisme. Moenie daai swerm bye in jou tuin uitrook of bespuit nie - 'n byevanger verduidelik. 'n Legendariese 93-jarige koerantman in die Karoo maak sy besigheid se deure toe.

Monitor 24 September 2025 24.09.2025

‘n Selfoonrekord verbind die adjunk-kommisaris van polisie, Shadrach Sibiya, met die moordbeskuldigde Vusimusi "Cat" Matlala. Boere is bekommerd oor die uitbreiding van die Vaalputs kernafval-fasiliteit in die Noord-Kaap. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes ontdek 'n besondere dinosourus-fossiel in die Gohbi-woestyn.

Monitor 23 September 2025 23.09.2025

Elf lande erken nou 'n Palestynse staat, maar kan dit vrede in Gasa bewerkstellig? Internasionale Gebaretaaldag word vandag gevier. Ons praat met sanger Danie Botha wat verkondig dat die wegraping vandag en môre plaasvind.

Monitor 22 September 2025 22.09.2025

Vrystaat Landbou vra opnuut dat die polisie aparte misdaadstatistiek oor plaasaanvalle en -moorde moet aanteken. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, deel haar toekomsplanne vir die Goudstad. Brittanje en Kanada erken die bestaan van 'n Palestynse staat.

Monitor 19 September 2025 19.09.2025

Watertoevoer is steeds nie herstel nie in Coronationville en Westbury in Johannesburg. OUTA vra die hooggeregshof om die invordering van uitstaande e-tolskuld finaal te beëindig. Vusumuzi "Kat" Matlala se invloed op wetstoepassingsagentskappe is in die kollig by die Madlanga-kommissie.

Monitor 18 September 2025 18.09.2025

Die geskorste Minister van Polisie word betrek by 'n Gautengse misdaadsindikaat. Ons praat met 'n politieke ontleder oor gister se plofbare getuienis voor die Madlanga-kommissie. Navorsing wys dat die Regering van Nasionale Eenheid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.heid se beloftes min vordering toon. Die Openbare...

Monitor 17 September 2025 17.09.2025

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel begin vandag te midde van intense belangstelling. Solidariteit verklaar 'n geskil met die regering oor werksverliese. die minister van Landbou, John Steenhuisen, se voormalige stafhoof, Roman Cabanac, eis dat hy weer in sy voormalige posisie aangestel word.

Monitor 16 September 2025 16.09.2025

Ons praat met 'n voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor die voortslepende massaskietery op die Kaapse Vlakte. 'n Kenner ontleed die ANC se diensleweringsomkeerplan. Inflasieverwagtinge is op sy laagste vlak ooit, maar beteken dit 'n rentekoersverlaging?

Monitor 15 September 2025 15.09.2025

Bendegeweld eis talle lewens op verskillende plekke in Kaapstad. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco-park. Die Oos-Kaap word tot orde geroep oor kinderwanvoeding.

Monitor 12 September 2025 12.09.2025

Woedende inwoners in Gauteng stel ’n ultimatum as watertoevoer nie binne 'n week herstel is nie. Verpligte inenting vir leerlinge is onder die vergrootglas. Mans mag nou hulle vroue se van gebruik.

Monitor 11 September 2025 11.09.2025

Inwoners van Coronationville en Westbury eis antwoorde van Johannesburg se burgemeester oor die voortslepende waterkrisis. Die Kraaifontein Gemeenskapspolisiëringsforum sê moord is aan die toeneem in dié Kaapse woonbuurt. Die EFF wil hê drankadvertensies moet verbied word.

Monitor 10 September 2025 10.09.2025

Die meeste klagtes aan die Menseregte-kommissie handel oor munisipaliteite se swak dienslewering. Pa's se alkoholmisbruik benadeel óók nuutgeborenes se groei en ontwikkeling. ‘n Geringe styging in Suid-Afrika se ekonomiese groei.

Monitor 9 September 2025 09.09.2025

Veiligheidsmaatreëls by howe in die Wes-Kaap gaan verskerp word ná talle skietvoorvalle. Lieutenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi sal die eerste getuie voor die Madlanga-kommissie wees. Die Afrikaanse Taalraad sê al hoe minder mense praat Afrikaans. Die Trump-administrasie skort befondsing aan programme op wat teenstrydig is met die Amerika Eerste-standpunt.

Monitor 8 September 2025 08.09.2025

Die sluipmoord op Bouwer van Niekerk is 'n aanslag op fluitjieblasers en korrupsievegters. Die Amerikaanse Minister van Gesondheid se omstrede mediese uitsprake ontlok al hoe meer kritiek. Hoe raak dit die mediese wetenskap in Suid-Afrika? Visstropery bedreig 'n Wêrelderfenisgebied in die noorde van KwaZulu-Natal.

Monitor 5 September 2025 05.09.2025

Die DA vra die Tesourie om dringend 'n finansiële herstelplan vir die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes op te stel. Debtbusters sê verbruikers steun toenemend op skuld om te oorleef. Is 'n leierskapskrisis by die Nasionale Vervolgingsgesag op hande?

Monitor 4 September 2025 04.09.2025

Landbou-organisasies veroordeel president Ramaphosa se heldeverering van grondvergrype in Zimbabwe. Politieke partye ontevrede oor die stadige pas waarteen die Parlement se ad hoc-komitee funksioneer. Simboliseer die eenheid van die presidente van China, Rusland en Noord-Korea 'n nuwe wêreldorde?

Monitor 3 September 2025 03.09.2025

Die parlement win 'n regsmening in oor of die ontbinde SA Toerismeraad heraangestel moet word. 'n Dringende ondersoek gevra na vuurwapengeweld op die Kaapse Vlakte. 16 Organisasies is as vriende van die hof toegelaat in 'n saak oor die dekriminalisering van sekswerk. Ons vind uit hoe die Madlanga-kommissie met voorbereidings vorder vir sy eerste sitting.

Monitor 2 September 2025 02.09.2025

Byna 6 000 afleggings in twee dae bekendgemaak. Kommer oor hoe professioneel bankbedrog deesdae gepleeg word. Die Vroue-Bokafrigter, Swys de Briun, praat oor hulle Wêreldbekersukses en spankeuses teen Frankryk.

Monitor 1 September 2025 01.09.2025

Die SAKP verwerp 'n versoek dat hy as 'n sosialistiese party in die munisipale verkiesing moet staan. 'n Aktivis, Mark Heywood, sê die regering faal in sy plig om honger kinders te ondersteun. Kommer oor 'n toename in gevalle van bors- en servikale kanker in die noorde van Durban. Ons fokus op 'n inisiatief om vroue te leer om vuurwapens veilig te gebruik.

Monitor 29 Augustus 2025 29.08.2025

Nersa se fout met die berekening van Eskom se inkomste oor die volgende twee jaar, moet in die hof betwis word, sê 'n energieontleder. 'n Boek oor die vermiste Joshlin Smith ontlok sterk reaksie. Ons praat oor 'n eienaardige komeet wat deur ons sonnestelsel beweeg.

Monitor 28 Augustus 2025 28.08.2025

Die Wes-Kaapse regering nader die hof om die geweld tussen strydende taxiverenigings in Kaapstad, te stop. Fedsas sê al hoe meer ouers sukkel om skoolgeld te betaal. Inwoners van Coronationville en Westbury in Johannesburg eis ingryping van die regering in die voortslepende waterkrisis. SASSA gaan verpligte biometriese toetse instel vir alle nuwe aansoekers van toelae.

Monitor 27 Augustus 2025 27.08.2025

Nog geen nuwe begindatum is vasgestel vir die Madlanga-kommissie nie. Intussen is die direkteur verantwoordelik hiervoor die trekpas gegee. Die ineenstorting van die Polisiediens belemmer die stryd teen bendegeweld. Die Amerikaanse president, Donald Trump, wil soldate in Chicago ontplooi.

Monitor 26 Augustus 2025 26.08.2025

Die polisie ondersoek die skietdood van 'n vermeende bendeleier buite die Mitchell’s Plain-landdroshof op die Kaapse Vlakte. Inwoners van Parys in die Vrystaat is warm onder die kraag oor onbetroubare watervoorsiening. Kommer oor toenemende voorvalle van geweld op skoolgronde. 'n Studie wys daar is steeds 'n tekort aan vroue in die direksies van maatskappye.

Monitor 25 Augustus 2025 25.08.2025

Die ANC se steun daal tot onder 30%. Fluitjieblasers word aangemoedig om na vore te kom. Die brandseisoen bereik 'n hoogtepunt in verskeie provinsies.

Monitor 22 Augustus 2025 22.08.2025

Daar is te min plek in sommige Wes-Kaapse skole vir voornemende Graad 8-leerlinge. Die Minister van Toerisme is onder skoot oor haar besluit om SA Toerisme se direksie te ontbind. ’n Versoek aan Suid-Afrikaners om aan 'n vyfdag nasionale tydperk van rou en medelye deel te neem. Ons fokus op die Springbokke se plan vir hulle tweede toets teen die Wallabies.

Luister naar de podcast Monitor in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds