Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
17 okt. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Motoriste 24 uur in verkeersvisier 04.10.2026 0:24
Motoriste wat tussen Swakopmund en Usakos reis, kan binnekort 24 uur per dag gemonitor word namate Namibië sy padveiligheidsmaatreëls verskerp. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het die plan aangekondig tydens die opening van die opgradering van die 146 kilometer lange pad, ‘n belegging van 552 miljoen Namibiese dollar. ’n Noodreaksie- en voorvalbestuursentrum van 60 miljoen dolla...
Die nuus om 08:00 04.10.2026 4:01
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
BKS versprei, regering beplan inenting 04.10.2026 0:14
Zaamwani sê die DVS gaan vee in die Karasburg-bek-en-klouseer-inperkingsone begin inent namate die regering sy pogings verskerp om die uitbreking te bekamp. Inenting sal aan die buitegrense van die aangewese inperkingsone begin en na die episentrum van die uitbreking beweeg.
BKS versprei, regering beplan inenting 04.10.2026 0:30
Namibië het 79 gevalle van bek-en-klouseer op 11 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik bevestig, terwyl owerhede hul pogings verskerp om die uitbreking te bekamp. Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdagaand gesê laboratoriumtoetse het die virus as bek-en-klouseer-serotipe SAT 1 geïdentifiseer, dieselfde as die wat in Suid-Afrika en Botswana amok saai. Teen Vrydag is 531 monsters vir toets...
Die nuus om 07:00 04.10.2026 3:12
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Strenger wetgewing nodig teen geslagsgeweld 04.10.2026 0:22
Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte vra 'n veelvlakkige benadering tot Suid-Afrika se toenemende krisis met geslagsgeweld en vrouemoord. Die oproep volg op 'n ondersoek om inligting in te win, waarby die regering, burgerlike samelewing en ander belanghebbendes betrokke was. Die kommissie se spesiale rapporteur, Solomon Ayele Dersso, sê slegs wetstoepassing en veiligheidsmaatreëls is nie...
Die nuus om 13:00 03.10.2026 0:27
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
BKS: Bly kalm en fokus op dit wat jy kan beheer, vra NLU 03.10.2026 0:38
Hy doen verder 'n beroep op lede om te fokus op dit wat tans binne hul beheer is.
BKS: Bly kalm en fokus op dit wat jy kan beheer, vra NLU 03.10.2026 0:36
Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om kalm te bly en amptelike riglyne te volg terwyl die owerhede voortgaan met pogings om bek-en-klouseer te bekamp. Die siekte bly beperk tot vyf plase in die Karasburg-distrik. Die NLU se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter, sê lede moet by beheermaatreëls hou en toesien dat hulle op geverifieerde inligting staatmaak terwyl die situasie gemonit...
Die nuus om 12:00 03.10.2026 3:07
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nust vries toelatings vir studies in mediese laboratoriumwetenskappe 03.10.2026 0:38
Nust het die toelatings vir 2027 vir sy baccalaureusgraad in mediese laboratoriumwetenskappe gevries om 'n ernstige praktiese opleidingsknelpunt op te los. Onderwysminister Sanet Steenkamp het aan die parlement gesê dat 'n rekordinname in 2025 die kliniese plasingskapasiteit oorweldig het, wat ander studente sonder die vereiste praktiese opleiding gestrand gelaat het.
Die nuus om 11:00 03.10.2026 3:16
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Legendariese musikant Babsy Mlangeni sterf 03.10.2026 0:21
Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood as 'n groot verlies bestempel, met sy musiek wat deel was van ge...
Die nuus om 10:00 03.10.2026 2:51
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Eiseb neem amptelik ACC-leisels oor 03.10.2026 0:30
Bryan Eiseb, die pas aangestelde direkteur van die Teenkorrupsiekommissie, sê hy werk daaraan om 'n geïntegreerde sentrum vir samewerking tussen verskeie instellings te vestig. Volgens Eiseb sal die sentrum met alle openbare instellings, insluitend die polisie en die tenderraad, saamwerk om voort te bou op Namibië se onlangse vordering met die aanspreek van tekortkominge in beheermaatreëls teen fi...
Die nuus om 09:00 03.10.2026 3:21
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die nuus om 08:00 03.10.2026 3:43
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Erongo soek N$230m vir ekstra klaskamers 03.10.2026 0:37
Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, sê die streek benodig 230 miljoen Namibiese dollar om ekstra klaskamers te bou en middagpelotonskofte uit te skakel, wat meer as 4 000 leerders raak. Met 4 000 meer graad een en -agt aansoekers wat tans ongeplaas is in Walvisbaai, Swakopmund en Karibib, sê Goagoses dat die staatsbefondsing van 80 miljoen Namibiese dollar onvoldoende is. Sy het vennote i...
Die nuus om 07:00 03.10.2026 3:36
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Copps 94.1: Man saai amok by lykwaak 03.10.2026 1:06
Die Copps 94.1-span het ‘n rowwe Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met huismoles en ongelukke op nat paaie wat hulle besig gehou het. En dan was daar ‘n bisarre voorval van ‘n man wat amok by ‘n lykwaak gemaak het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
Op'ie Kantlyn, 2 Oktober 2026 02.10.2026 3:05
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 2 Oktober 2026 02.10.2026 4:49
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 02.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Tennis: Vroue kry selfde Een-duisend toernooi prysgeld as mans 02.10.2026 0:18
Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende jaar die aantal toernooie waaraan die...
Geen geld vir nuwe voorwaardelike basiese inkomstetoelae nie 02.10.2026 0:40
Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes ontvang, nie daarvoor in...
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds