Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na

Auteur

Kosmos 94.1

Categorie

Uncategorized

Website van de podcast

www.kosmos.com.na

Nieuwste aflevering

17 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Die hoofnuus om 17:00 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Mudge prys vinnige reaksie op BKS-uitbreking 02.10.2026

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier die uitbreking veroorsaak het, met streng straww...

Hoër petrolprys sal verbruikers knou 02.10.2026

Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Die 16:00 nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Menslike denke moet behou word in tyd van KI 02.10.2026

Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.

SA soek goedkoper openbare vervoer, minder misdaad 02.10.2026

Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere roetes vir beide bus-...

Samewerking nodig om veldbrande te bekamp 02.10.2026

Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede vra boere, dorpsmense en gemee...

Die 15:00 nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Mislukte teregstelling 'uiterste vorm van wreedheid' 02.10.2026

Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel word. Woordvoerder Justin Mazzola het aan Reuters gesê dis die tweede kee...

KI op slimfone 'kan SME's hupstoot gee' 02.10.2026

Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digi...

Die 14:00 nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die hoofnuus om 13:00 02.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Petrol styg met N$1.50, dieselpryse bly onveranderd 02.10.2026

Die minister van myne en energie, Modestus Amutse, het ‘n styging in brandstof pryse aangekondig – petrol styg met een-Namibiese dollar en 50 sent op Woensdag, 7 Oktober. Die prys van beide grade diesel bly onveranderd. ‘n Liter petrol sal dan 26 dollar en 28 sent kos. Diesel 50ppm sal onveranderd bly op 27 dollar en 86 sent per liter, terwyl diesel 10ppm op 27 dollar en 96 sent per liter sal bly.

George van der Merwe gesels oor El Niño-klimaatverskynsel 02.10.2026

Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature, weens druk wat in die atmosfeer verander:

Akkerbouraad werk aan gewasversekeringsprogram vir Namibiese boere 02.10.2026

Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel word. Dit is om te verseker dat boere...

12:00 Nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Riversdal-sonkragaanleg in Wes-Kaap in gebruik geneem 02.10.2026

Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor 'n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met 'n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die projek sal afhanklikheid van Eskom verm...

Ballotti: Skoolhoofde moet verantwoording doen vir openbare en private fondse 02.10.2026

Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos die Namport-fonds vir maatsk...

NNN prys One Economy Foundation vir sy jeug-bemagtiging 02.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike vaardig...

Ramaphosa sê onderwysers en skole moet GBV help beveg 02.10.2026

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê opvoeders en die breër onderwysgemeenskap moet meer doen in die geveg teen geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa sê skole het 'n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Ekurhuleni. Hy sê skole moenie seksuele teistering, mishandeling of uitbuiting d...

11:00 Nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Kobus Laubscher prys Namibië se vinnige BKS-reaksie 02.10.2026

Die landboukundige Kobus Laubscher sê die feit dat vervoer- en handel-inperkings so vinnig aangekondig is, wys hoe ernstig die regering die bek-en-klouseer-uitbreking opneem. Laubscher het Namibiese owerhede geprys vir hul vinnige reaksie en veral melding gemaak van deursigtige kommunikasie en die onmiddellike isolasie van die //Kharas-streek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon dat...

City Power herstel 45% van sentrale-Johannesburg krag 02.10.2026

City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur 'n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur 'n alternatiewe roete voorsien word. Isaac Mangena van City Power sê daar is nog geen beve...

10:00 Nuus 02.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Nuwe brandstofpryse vandag aangekondig 02.10.2026

Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag genoem het dat petrolpryse in die buurland met tot s...

Luister naar de podcast Kosmos 94.1 in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds