Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na

Auteur

Kosmos 94.1

Categorie

Uncategorized

Website van de podcast

www.kosmos.com.na

Nieuwste aflevering

17 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

DA eis gedetailleerde statistiek oor misdade teen vroue en kinders 05.10.2026

Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa 'n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend 'n befondsde plan om forensiese agterstande in te haal en hulpbronne te identifiseer. L...

Stadspolisie waarsku teen dobbel in die publiek 05.10.2026

Die Windhoek Stadspolisie sê hy gaan strenger optree teen openbare dobbelary en waarsku dat dobbelsteen-speletjies of kaarte in die openbaar 'n onmiddellike boete van 500 Namibiese dollar beteken. Stadspolisiesersant Nqobizwe Shipanga sê dat openbare dobbelary verbode is kragtens die 1930 Straat- en Verkeersregulasies. In 'n onderhoud met Future Media News het Shipanga gesê dat beamptes aktiwiteit...

08:00 Nuus 05.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Rugby: Bok-vroue klop Spanje in laaste W15 Global Series-toer-wedstryd 05.10.2026

Die Springbok-vroue het hulle W15 Global Series-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Teen rustyd in Sevilla was Suid-Afrika met 10-0 voor. Na drie drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers in uiters warm weerstoestande, het die span hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor die Spanjaarde behaal. Franzel September, wat die hoofafrigter-pligte met Laurian...

AU gereed om Afrika-kredietgraderingsagentskap bekend te stel 05.10.2026

Die Afrika-unie is gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die agentskap se uitvoerende hoof, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-Namibiese dollar, met minder as vyf-persent van di...

Maandag, 5 Oktober 2026 05.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Van kommersiële mango- tot waatlemoenverwerkingsaanlegte in Kavango-Oos en Zambezi: Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering planne om local nóg lekkerder te maak, vorder fluks.

Krieket Namibië sien uit na 2027 Krieketwêreldbeker-toernooi 05.10.2026

Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller, sê dat dit 'n bepalende oomblik vir die land sal wees om van die wêreld se voorste krieketlande op plaaslike bodem in 2027 te sien speel. Terwyl Namibië voorberei om volgende jaar die openingswedstryde van die IKR Krieketwêreldbeker vir mans aan te bied, beskryf Muller die geleentheid as 'n droom wat vir 'n klein krieketland waar word.

Handelsafvaardiging van Zimbabwe besoek Windhoek van 7 tot 9 Oktober 05.10.2026

'n Handelsafvaardiging van Zimbabwe sal Windhoek van 7 tot 9 Oktober besoek, met ZimTrade wat poog om Zimbabwiese uitvoere na die Namibiese mark uit te brei. Besighede uit die landbou, onderwys, ingenieurswese, verbruikersgoedere, veevoer, tuinbou en logistiek-sektore gaan aan die verdagering bywoon. Namibië voer drinkgoed, sout en bevrore vis uit na Zimbabwe terwyl Zimbabwe elektrisiteit, farmase...

07:00 Hoofnuus 05.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

ANC wil verlore ondersteuning voor plaaslike-regeringsverkiesing inhaal 05.10.2026

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslike-regeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 tot 45,59-persent in 2021 gedaal. Mbalula het ook vertroue uitgespreek in hul saak teen die...

Varkprodusente onder intense druk weens BKS-uitbreking 05.10.2026

Die voorsitter van die Varkprodusentevereniging van Namibië, Gideon Goosen, waarsku dat varkprodusente breekpunt bereik... namate die verbod op vee-slagtings asook bewegingsbeperkings kritieke oorbevolking van vee op plase veroorsaak. Goose sê die gevolglike oorbevolking van hokke stoot daaglikse voerkostes pop, dryf voerkoste op terwyl varkvleispryse tot driejaar-laagtepunte daal.

06:00 Nuus 05.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA regering veroordeel moord op 14-jarige Mamelodi-tweeling 05.10.2026

Die regering veroordeel die moord op 14-jarige tweelingbroers in Mamelodi-Wes in Tshwane. Die tweeling se ma het haar seuns Vrydag dood in hul huis aangetref toe sy van die werk af kom. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en ondersoeke duur voort. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, bepleit die spoedige inhegtenisneming van die skuldiges en vra in...

CoW finaliseer kragverbindings in informele nedersettings 05.10.2026

Stad Windhoek het fisiese elektriese verbindings vir informele nedersettingshuishoudings voltooi en is tans besig om kliënte se rekeninge te finaliseer om die oorblywende huishoudings van krag te voorsien. Stadswoordvoerder Celie Kapolo sê krag sal progressief aangeskakel word soos rekeninge oopmaak, dus kan geen vaste voltooiingsdatum gegee word nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Gedagte vir die dag met Johan Els 5 Oktober 2026 05.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Die nuus om 13:00 04.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

BKS: Veeheining in Suide sal byna N$50 miljoen kos 04.10.2026

Die Namibiese regering benodig onmiddellik sowat N$190 miljoen vir die bekamping van die bek-en-klouseeruitbreking in die land. Dit sluit N$47 miljoen in vir ‘n nuwe siektebeheerheining van sowat 290 kilometer tussen Ariamsvlei, Karasburg en Ai-Ais. Namibië se internasionale vleishandel is tot stilstand geruk nadat die uitbreking tot die opskorting van die land se bek-en-klou-vrye status gelei het...

Die nuus om 12:00 04.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Suid-Afrika oor 'n maand by stembus 04.10.2026

Dit is vandag presies 'n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November en politieke partye is steds besig met landswye verkiesingsveldtogte. Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed, met meer as 29-miljoen kiesers wat geregistreer is. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die kiesersrol is die grootste nóg in 'n plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê dit is deels te danke aan 'n verhoogde...

Die nuus om 11:00 04.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SWISS WorldCargo staak Namibiese uitvoere 04.10.2026

Die land se luguitvoere het 'n groot terugslag gehad, met SWISS WorldCargo wat alle uitvoervrag vanaf Windhoek tot verdere kennisgewing opgeskort het. Dit bring effektief 'n einde aan Edelweiss se lugvragversendings na Europa. Die maatskappy sê die stap volg op 'n deurlopende hersiening van nakomingsvereistes. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se bestuurder vir besigheidsontwikkeling, het met Kosmos...

Die nuus om 10:00 04.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Sport: Bafana slyp tande vir Egipte 04.10.2026

Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika vanaand teen Egipte in 'n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon. Nuwe gesigte soos Shandre Campbell, Fawaaz Basadien, Thabang Matuludi e...

Die nuus om 09:00 04.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Motoriste 24 uur in verkeersvisier 04.10.2026

Daar sal geen wegkomkans vir oortreders wees nie, het Nekundi gewaarsku:

Luister naar de podcast Kosmos 94.1 in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds