RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Auteur
RSG
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
30 okt. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Kompas 28 Maart 2024 28.03.2024 23:52
Ds. Jaco Oosthuizen, 'n berader, verduidelik hoe tieners die verskil kan uitken tussen Hollywood-verhoudings en gewone verhoudings. Hy gesels die rooi vlae wat tieners moet raaksien, en hoe ‘n verhouding jou toekoms positief kan beïnvloed as jy dit reg hanteer.
Kompas 27 Maart 2024 27.03.2024 24:01
Arehan Brand hoor by leerders wat die groeipyne was in die eerste kwartaal van die skooljaar, hoe hulle akademiese doelwitte vorder, en of hulle op koers is daarmee.
Kompas 26 Maart 2024 26.03.2024 25:21
Kontakvrye week, ‘n geleentheid om ‘n blaaskans te vat van universiteit, of die ideale kans om voor te berei vir die volgende semester? Hoe belangrik is dit om werksondervinding op te doen terwyl jy studeer? Amoné Schoombie praat met dosente oor hulle aanbevelings vir studente tydens hierdie kontakvrye week. Hulle deel ook hulle kennis oor die belangrikheid van internskappe tydens jou jare op univ...
Kompas 25 Maart 2024 25.03.2024 26:32
'n Selfverdedigingsinstrukteur gee wenke oor hoe om veiliger te wees, en hoe ouers vir hulle kinders veiligheidsbeginsels kan leer.
Kompas 22 Maart 2024 22.03.2024 25:43
Chrislynn Sias gesels met twee jong digters, Logan Adams en Cameron van Wyk, oor wat digkuns vir hulle beteken.
Kompas 21 Maart 2024 21.03.2024 24:22
Mart-Leen Oosthuizen praat met Amanada Fourie oor Club21, ‘n skool vir kinders met Downsindroom. Sy vertel hoe die skool die leerders bevorder en die tegnieke wat sy gebruik.
Kompas 20 Maart 2024 20.03.2024 18:17
Arehan Brand vind meer uit oor uitbranding in die werkplek, die impak daarvan op geestesgesondheid, en waarom dit belangrik is om daaroor te praat.
Kompas 19 Maart 2024 19.03.2024 24:22
Tieners en selfbeeld: Hoe kan ouers hulle tieners hiermee help? Watter hulpbronne is daar? Hoe kan swak akademiese prestasie tieners se selfbeeld aantas?
Kompas 18 Maart 2024 18.03.2024 26:01
Dieetkundige Nicki de Villiers praat oor gewigsverlies, en wat die beste manier is om aanvullers te gebruik.
Kompas 15 Maart 2024 15.03.2024 24:36
Hoekom is dit belangrik om te spaar? Waar kan ek my spaargeld belê?
Kompas 14 Maart 2024 14.03.2024 24:32
Tieners en selfbeeld - Hoe kan ouers weet as daar fout is? Hoe kan hulle hulle tieners help?
Kompas 13 Maart 2024 13.03.2024 25:42
Arehan Brand kry raad oor hoe om tipiese loopbaan- en beroepsuitdagings te oorkom. Hy vind ook uit hoe leerders by e-leer kan baat.
Kompas 12 Maart 2024 12.03.2024 28:58
Hoe goed kyk studente na hulle gesondheid? Is hulle bewus van die impak wat sosiale media op hulle geestesgesondheid het? Watter strekoefeninge kan jy doen na ‘n lang dag se sit agter die rekenaar? Amoné Schoombie praat hieroor met ‘n kliniese sielkundige, 'n biokinetikus en 'n dieetkundige.
Kompas 11 Maart 2024 11.03.2024 24:45
‘n Dieetkundige verduidelik wat ‘n gesonde dieet behels, hoe om jou kafeïen- en suikeriname te verminder, en hoe om groente deel te maak van jou daaglikse spyskaart.
Kompas 8 Maart 2024 08.03.2024 24:20
Dis Wêreld Vrouedag! Chrislynn Sias gesels met Edna Ellman en Cathleen Manuel, wat die weg baan vir die jonger geslag in hulle onderskeie velde.
Kompas 7 Maart 2024 07.03.2024 25:07
Mart-Leen Oosthuizen gesels met twee sjefs oor die opleiding van sjefs, die verskeie werksgeleenthede wat daar is, en wat die opleiding alles behels.
Kompas 6 Maart 2024 06.03.2024 25:34
Arehan Brand verken die nomadiese-leefstyl, en vind dan uit of dit moontlik is om te reis en terselfdertyd ‘n inkomste te verdien. Hy gesels met Sonja van Niekerk, van Four Kids and a Bus, oor haar, haar man en hulle vier kinders se drie jaar lange reis, terwyl beide ouers gewerk het en die kinders skoolgegaan het.
Kompas 4 Maart 2024 04.03.2024 23:57
Die danser, DfeatSA, vertel sy lewensverhaal. Dans het toevallig op sy pad gekom, en al het hy in die geheim gehoop dat hy 'n loopbaan daaruit sou kon maak, kon hy nooit raai dat hierdie droom n realiteit sou word nie. Sy talent, geloof en harde werk het hom uit moeilike omstandighede gelig, en vandag leef hy sy drome uit.
Kompas 1 Maart 2024 01.03.2024 23:05
Chrislynn Sias gesels met Enrico Hartzenberg oor sy eerste kortfilm, Sister Dinges. Euodia Samson vertel meer oor haar selfhelpgids, Know Thyself.
Kompas 29 Februarie 2024 29.02.2024 23:48
Anri van Jaarsveld praat oor die ondersteuningsnetwerke wat tieners kan bou voor hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy vertel hoe tieners kan verseker dat die romantiese verhouding nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.
Kompas 28 Februarie 2024 28.02.2024 22:16
Arehan Brand gesels met jongmense oor hoe om die impak van tegnologie en ander steurnisse op hulle akademie en werk te veminder. Hy vind ook uit hoe oud en jonk elke dag iets nuut kan leer.
Kompas 27 Februarie 2024 27.02.2024 23:39
Anri van Jaarsveld gesels oor tienerverhoudings. Sy kyk na die ondersteuningsraamwerke wat tieners vir hulleself kan bou voordat hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy verduidelik hoe tieners kan verseker dat romantiese verhoudings nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.
Kompas 26 Februarie 2024 26.02.2024 25:17
Om 'n teaterproduksie op die planke te sit, is nie kinderspeletjies nie. Dit kos fyn beplaning en harde werk. Die persoon wat verantwoordelik is om die visie van die regisseur lewe te gee, is die verhoogbestuurder wat die tegniese span lei. Ons loer agter die skerms van 'n teaterproduksie, en leer wat die werk van 'n verhoogbestuurder behels.
Kompas 23 Februarie 2024 23.02.2024 24:47
Chrislynn Sias gesels met Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die kommissie se intensiewe stembriefopvoeding-veldtog in die aanloop tot die verkiesing.
Kompas 22 Februarie 2024 22.02.2024 24:33
Ds. Jaco Oosthuizen kyk in die maand van liefde na tienerverhoudings. Hy gesels oor die rooi vlae en ander belangrike dinge wat tieners moet raaksien wanneer hulle in verhoudings tree. Hy vertel oor hoe sosiale media verhoudings altyd laat goed lyk, en waarna tieners regtig moet kyk.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds