RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Auteur
RSG
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
30 okt. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Kompas 2 Mei 2024 02.05.2024 23:05
Hazel Janse van Rensburg gesels met Christiaan Hougaard, hoof van die musiekdepartement by Muizenberg Junior Skool, oor die waarde van musiekopvoedkunde.
Kompas 1 Mei 2034 01.05.2024 25:27
Musiekterapie is nie ‘n bekende beroep nie, tog bied dit ‘n unieke vorm van genesing. Barrie Ferreira vind uit wat die beroep behels by musiekterapeut, Anja Pollard. Hy neem ook deel aan ‘n musiekterapiesessie om self te beleef wat hierdie terapievorm so uniek maak.
Kompas 30 April 2024 30.04.2024 24:50
Hazel Janse van Rensburg praat met sagteware-ingenieur Tania Welsford oor hoekom daar ‘n geslagsgaping in die IT-veld is, en wat gedoen kan word om dit te verklein.
Kompas 29 April 2024 29.04.2024 22:43
Chloè van Rooyen vind meer uit van die gedragskode vir die verkiesings en wat verwag word van kiesers, politieke partye en onafhanklike kanidate.
Kompas 26 April 2024 26.04.2024 22:44
Hoe lyk die stand van Suid Afrika se demokrasie in Suid Afrika uit die oogpunt van jongmense? Neem jongmense nog deel aan die demokrasie, en hou emigrasie ‘n bedreiging in vir ons demokrasie? Barrie Ferreira bespreek hierdie kwessies met Hermann Pretorious, die hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge.
Kompas 25 April 2024 25.04.2024 21:56
Jou verhouding met jouself is veronderstel om jou grootste prioriteit te wees. Daar is ‘n fyn balans tussen selfsorg en selfsug. Hazel Janse van Rensburg gesels met inspirasievrou, Lynette Beer, oor hoe om hierdie tema te benader.
Kompas 24 April 2024 24.04.2024 23:24
Wat is te veel, te vinnig in ‘n verhouding? Barrie Ferreira besoek kliniese sielkundige Franchele Heiberg by haar praktyk om beter te verstaan wat in ‘n mens se brein gebeur wanneer jy verlief raak op iemand. Hy hoor ook by jongmense wat hulle dink waar om die streep te trek in ‘n nuwe verhouding.
Kompas 23 April 2024 23.04.2024 25:34
Jou verhouding met jou ouers kan ingewikkeld wees as ‘n tiener of jong volwassene. Hazel Janse van Rensburg gesels met haar ma, Eda Janse van Rensburg, en ouma, Hazel van Vuuren, oor hulle verhouding, en hoe verskillende generasies dit benader.
Kompas 22 April 2024 22.04.2024 19:23
Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskomissie praat oor spesiale stemme, en hoe en waar om te stem as jy in die buiteland is.
Kompas 19 April 2024 19.04.2024 23:24
Barrie Ferreira praat met Mareli Bothma, ‘n kenner op die gebied van Generasie Z, Milleniërs en Generasie Alpha om ‘n beter idee te kry van hoe ouer en jonger generasies mekaar beter kan verstaan en saamwerk in die werksplek. Hy vind ook uit wat is Suid Afrikaners se gunsteling emojis is wanneer hulle met hulle selfone kommunikeer.
Kompas 18 April 2024 18.04.2024 26:07
Estel de Beer, die hoof van die mandaatprogramme by RSG, gee raad aan Gen Z oor wat kan bly en wat liefs moet gly as dit kom by kommunikasie in die werkplek.
Kompas 17 April 2024 17.04.2024 22:38
Barrie Ferreira praat met Carla Pretorious, ‘n sosialemedia-regskenner, oor die gevolge wat jou kommunikasie op sosialemedia kan hê. Hy praat ook met Hannelie Otto en André Gouws, twee kommunikasiedosente, oor die belangrikheid van profesionele digitale kommunkasie tussen leerder/student en dosent/onderwyser.
Kompas 16 April 2024 16.04.2024 22:07
Hazel Janse van Rensburg gesels met twee leerders van Hoërskool Eldoraigne in Pretoria oor wat die woord, offense, vir hulle beteken. Word aanstoot gegee of geneem? Wat offend jongmense deesdae, en hoekom?
Kompas 15 April 2024 15.04.2024 26:03
Chloé van Rooyen vind meer uit van die Junior Suidoosterfees. 'n Paar bekendes vertel ons van hulle produksies by die fees en die leersessie wat hulle aanbied.
Kompas 12 April 2024 12.04.2024 24:46
Is liefde met die eerste oogopslag iets wat net in flieks gebeur, of gebeur dit in die werklike lewe ook? Barrie Ferreira hoor by 'n paar luisteraars wat hulle ervaring is. Hy vind ook uit hoe jy iemand kan uitneem sonder om die begroting te breek.
Kompas 11 April 2024 11.04.2024 23:53
Hazel Janse van Rensburg gesels met juffrou Solanti Hough van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria oor die graad 9-vakkeuseproses. Vind uit wat die reëls behels, en waarop jy jou keuses verkieslik moet baseer.
Kompas 10 April 2024 10.04.2024 22:51
Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms. Barrie Ferreira praat met Jannie Putter, 'n lewensafrigter en motiveringspreker, oor die impak wat jou die naaste familie en vriende op jou het.
Kompas 9 April 2024 09.04.2024 23:52
Hoe vind jy jou passie in ‘n see vol van opsies en menings? The Sound Of Music-aktrise Megan Spencer help jou om daardie vraag te beantwoord.
Kompas 8 April 2024 08.04.2024 24:43
Twee jazz-studente vertel hoekom hierdie genre só 'n groot plek in hulle harte het.
Kompas 5 April 2024 05.04.2024 22:34
Watter invloed het Chat GPT op skole en universiteite? Barrie Ferreira vind uit by 'n kommunikasie-dosent hoe die gebruik van hierdie tegnologie toegepas kan word in jou studies. Hy hoor ook wat jongmense doen vir pret oor ‘n naweek as jy op die platteland bly.
Kompas 4 April 2024 04.04.2024 22:36
Hazel Janse van Rensburg praat met dr. Antoinnette Dos Ramos Richter oor breinfunksie. Hoor hoe jy jou brein kan help om jou te help leer, veral tydens eksamentyd.
Kompas 3 April 2024 03.04.2024 22:08
Barrie Ferreira gesels met Kezia Coleman, ‘n opvoedkundige sielkundige, om leerders te help hoe om doelwitte vir hulleself te stel. Barrie praat ook met Wian van Rooyen wat agt onderskeidings en ‘n 96%-gemiddeld in Matriek gekry het, om te hoor hoe hy sy doelwitte gestel en bereik het.
Kompas 2 April 2024 02.04.2024 23:28
Hazel Janse van Rensburg gesels met die Guinness-wêreldrekordhouer in springtou, SD Heijns, oor hoe jy mikrogewoontes in jou daaglikse lewe kan inkorporeer om makrodoelwitte te bereik.
Kompas 1 April 2024 01.04.2024 23:09
Kompas kry 'n nuwe look, en Chloè van Rooyen gesels met die nuwe stemme wat van 1 April af agter die Kompas-mikrofoon inskuif.
Kompas 29 Maart 2024 29.03.2024 24:46
Chrislynn Sias gesels met 'n jong pastoor, Anslin Gysman, oor Paasfees, en 'n paar jongmense vertel wat hierdie tyd vir hulle beteken.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds