RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Kan kommersialisering biodiversiteit beskerm? 08.04.2024 7:53
Joernalis Elise Tempelhoff praat oor voorgestelde wetgewing oor die biodiversiteitsekonomie. Sy bevraagteken dat kommersialisering biodiversiteit kan beskerm.
Tsjetsjnië vat vinnige (en stadige) musiek vas 08.04.2024 1:50
Tsjetsjnië het ‘n nuwe wet wat bepaal dat musiek se tempo tussen 80 en 116 slae per minuut móét wees. Musikante het tot 1 Junie om hulle musiek te verwerk om aan die nuwe bepaling te voldoen, anders mag dit nie in openbare ruimtes uitgevoer word nie.
Die Baai se breë glimlag vir plesierskepe 05.04.2024 7:27
Eintlik moet die rooi mat ver uitgerol, en palmtakke geswaai word vir al die pasassiers wat met elke plesierboot die Baai binnekom. Sodra hulle voet aan wal sit, begin die ekonomiese wiele sterk draai in ’n streek wat dit baie nodig het. Dit skep sommer ’n karnavalgees, sê Alan Foggerty, ‘n Oos-Kaapse toeroperateur.
360 Speseryroete - Deel 29 05.04.2024 9:33
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sout.
Hoeveel bokke wil jy hê? 05.04.2024 1:41
‘n Italiaanse eiland het ’n oorbevolking van bokke, en gee mense nou die kans om hulle aan te neem. Jy kan aansoek doen om tot 50 bokke te vang, op ‘n boot te laai, en weg te neem van die eiland af.
Stilte is goed vir jou 04.04.2024 10:21
Johannes de Villiers praat oor die rol en voordele van stilte in jou lewe.
Rene se Afrikaans 04.04.2024 6:06
Haidee Muller-Isaacs gesels met Rene Arendse oor die Afrikaans-100-veldtog, en haar passie vir die taal. Rene het in Distrik Ses grootgeword waar haar pa 'n Afrikaans-onderwyser was.
Franse paartjie se Noag-sindroom 04.04.2024 1:18
‘n Franse paartjie is in die moeilikheid omdat hulle 159 katte en 7 honde aangehou het in ‘n 80 vierkante meter woonstel. Hulle lei aan Noag-sindroom, die opgaar van diere sonder om noodwendig die vermoë te hê om vir die diere te kan sorg.
Wat is sintetiese pynstillers? 03.04.2024 7:13
Prof. Helmuth Reuter verduidelik wat sintetiese pynstillers is, en wys op die gevare van hierdie middels. Brittanje het onlangs die vervaardiging van 15 van hierdie middels verbied.
Johan Breunissen: Van Robbeneiland tot sakeman 03.04.2024 6:20
Haidee Muller-Isaacs gesels met sakeman Johan Breunissen oor sy grootworddae op Robbeneiland, en sy pa vir wie hy groot bewondering gekoester het.
Basketbal in 'n fraksie van 'n sekonde 03.04.2024 2:42
Twee Ierse basketbalspanne moet die laaste 0,3 sekondes van hulle kwarteindwedstryd oor speel ná ‘n dispuut. Dit moet vandeesweek gebeur om te bepaal wie deurgaan na die halfeindstryd.
Die Oranje-Visriviertonnel 02.04.2024 8:06
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van die Oranje-Visriviertonnel. Op sy dag was dié 82,45 kilometer lange tonnel die langste van sy soort ter wêreld.
“Daarom spesifiek ‘n vissersmanskruis” 02.04.2024 6:00
‘n Beeldhouer en kunstenaar van Nelson Mandelabaai, Michael Barry, glo dat kuns wat op ’n spesifieke plek in ’n gemeenskap uitgestal of opgerig word, ’n deel van daardie plek se plaaslike geskiedenis moet vertel. Mariska Spoormaker het met hom by een sy kunswerke, die Vissersmanskruis, in Suideinde gesels.
Traumatiese ervarings van verbrokkelde liefdesverhoudings 02.04.2024 11:54
Dr. Berte van der Watt vertel dat die nagevolge van traumatiese ervarings van ontluikende volwassenes van 18 tot 25 jaar ná verbrokkelde liefdesverhoudings, soortgelyk is aan dié wat ná fisieke of seksuele aanranding gesien word.
'n Lêplek langs Marilyn Monroe 02.04.2024 1:40
‘n Man het die graf langs dié van Marilyn Monroe vir $195 000 gekoop. Hugh Hefner lê aan die ander kant langs haar.
Suikerbekkies se migrasieroete herstel 01.04.2024 11:25
Prof. Sjirk Geerts vertel van die Ingcungcu-projek wat suikerbekkies se migrasieroete tussen die Tafelberg Nasionale Park en die Bolandse berge herstel, met behulp van Kaapse Vlakte-skole en hulle tuine.
Die lewe op St. Helena 01.04.2024 7:27
Hoe leef ‘n mens met jou gesin op ‘n eiland wat soos ‘n sampioen 3 km uit die seebodem opstaan, en slegs 8 km by 16 km groot is en binne 7 km van seevlak af tot net oor die 800 m klim? Johan Rademan het met dr. Marjorie du Plessis op die vulkaniese eiland, St. Helena, gesels.
Warmbrak word komkommer ná klagte 01.04.2024 2:06
London se moltreinowerhede het ‘n komediant versoek om die plakkate vir sy vertoning, Hot Diggity Dog, se ontwerp te verander. Weens die verbod op advertensies vir gemorskos, is Ed Gamble versoek om ‘n foto van ‘n halwe worsie van die plakkaat te verwyder. Hy het dit met ‘n halwe komkommer vervang...
Dr. Jannas se beroemde "huisgaste" 28.03.2024 7:00
Dr. Jannas du Plessis, die algemene praktisyn op St. Helena-eiland, vertel van die beroemdes wat al in sy woning gebly het, soos Napoleon en kaptein Cook.
'n Klagte op Facebook word tronksake 28.03.2024 2:58
‘n Vrou in Nigerië het op Facebook gekla oor tamatiepuree. Dit het haar agter tralies laat beland. Sy het glo ‘n kubermisdaadwet oortree wat haar jare in die tronk kan hou.
Wynmaak en lyn natmaak 27.03.2024 10:09
Christelle van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe sy in Kanonkop se laboratorium beland het, en daarna junior wynmaker geword het. Ons hoor ook hoe die hengelgogga haar gebyt het.
Van skoonmaak to kaasmaak 27.03.2024 7:02
Haidee Muller-Isaacs gesels met Bruce Rowbotham oor hoe hy 'n kaasmaker geword het, hoewel sy pa desjare 'n hoenderboer was. Hy het eers lorries gelaai by die kaasfabriek waar hy allerhande werkies gedoen het, maar uiteindelik toe sy droom bewaarheid het om self kaas te maak. Hy sê jy moet eers kan skoonmaak voordat jy kan kaasmaak...
Motortoetsbaan in die Noord-Kaap 27.03.2024 3:41
Marnus Hattingh vertel vir Martelize Brink van ‘n geheime motortoetsbaan, ver van kameras en nuuskieriges in die hitte van die Noord-Kaap.
Denimsensuur in Noord-Korea 27.03.2024 2:08
’n BBC-tuinbouprogram is in Noord-Korea op TV uitgesaai, waar die aanbieder se broek net as ‘n dowwe kol te sien is. Denim word gesien as ‘n simbool van Amerikaanse imperialisme. Weens sensuur kon die tuinier se denim nie op TV gesien word nie.
Gariepdam en Oviston 26.03.2024 9:36
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gariepdam en Oviston.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds