RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

12 nov. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,7+ iOS binnenkort

Afleveringen

Ismael se snoekdroom 27.09.2021

Ismael Louis verkoop snoek. Hy droom daarvan om sy eie skuit te besit, sodat hý die een is wat vars snoek uit die water kan trek. Haidee Muller-Isaacs het hom in die strate van die Bo-Kaap raakgeloop.

Toerisme-opleiding 27.09.2021

Dr. Linda-Louise Geldenhuys praat oor opleiding vir toerismesektor.

Veiligheid en sekerheid by wonings 27.09.2021

Herman Watney gesels met Martelize Brink oor veiligheid en sekerheid by wonings.

Die Richtersveld se erfenis 24.09.2021

Daar is baie geheimenisse en onverklaarbare verskynsels in die natuur. Dit het ons voorouers genoop om deur middel van storievertelling die natuurskatte en die kennis daarvan te onthou en behou. Jacqui January vertel die storie…

Kunstekaap vier 50 jaar 24.09.2021

Kunstekaap is 50 jaar oud. Martelizze Brink praat met rolspelers oor die teater se erfenis en wat dit al vir die wêreld gewys het.

Baaienaar vervaardig unieke skoot-musiekstrument 24.09.2021

Weet jy wat 'n handpan is? Nee, dit is nié ‘n pan waarin jy eiers bak nie, maar 'n unieke akoestiese musiekinstrument, ook minder bekend as n skoot-staaltrom. Die beste van dié handpan of staaltrom blyk te wees dat nie net enigiemand dit kan speel nie, maar dat die klanke ook ‘n kalmerende uitwerking het. Dave Parkin is die enigste persoon in Afrika wat dit vervaardig. Mariska Spoormaker het by sy...

Die belangrikheid van erfenisbewaring 24.09.2021

Maggi Loubser, programkoördineerder en senior lektor in tasbare erfenisbewaring by Tukkies, vertel wat kulturele erfenisbewaring behels en hoekom dit belangrik is.

Baaise leerders omskep vullishoop in parkie 23.09.2021

Jare lank is daar onwettig vullis gestort op ‘n oop stuk veld langs die Hillside Tegniese Hoërskool in die woonbuurt Windvogel in die Baai. Toe besluit die skool se leerlinge om dit op te ruim en te omskep in ‘n parkie. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe dit lyk, en daar vir Brenda Paulsen, ‘n onderwyseres van Hillside, raakgeloop.

Wynstryd tussen SA en Nieu-Seeland 23.09.2021

Emile Joubert gesels met Martelize Brink oor 'n Sauvignon Blanc-wynkompetisie tussen tien van Suid-Afrika en tien Nieu- Seelandse wyne om saam te val met die 100ste rugbywedstryd tussen die twee lande.

Geldgids - Episode 13 23.09.2021

HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Niek van den Berg en Riaan Lindeque van HGG se Welvaart-sake-eenheid lig ons toe oor spaarkunde. Hulle gee ook raad oor wat die beste benutting van 'n meevaller is. hggroep.co.za

Alldays 22.09.2021

Wilhelm Coetzee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Alldays en omgewing as 'n toerismebestemming.

Gershwin Cupido 22.09.2021

Gershwin Cupido het swaar grootgeword in die Hessequa-distrik as die kind van 'n plaaswerker/huishulp-ma. Hy het uitgestyg bo sy omstandighede. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy passies en sy werk onder die jeug op die platteland. Hy vertel ook dat sy vrees om Ingels te praat, darem nou al effe bedaar het.

Emosionele uitdagings van kinders tydens Covid 22.09.2021

Johannes Schickerling vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die emosionele uitdagings van kinders tydens die Covid-19-pandemie.

Grootbos Floreligium 22.09.2021

Chris Lochner vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Grootbos Floreligium, 'n versameling van botaniese sketse van plante wat in die Grootbos Privaat Natuurresevaat voorkom.

Landbou-opleiding 21.09.2021

Wynand Espach vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van landbou-opleiding met 'n Afrikafokus, en die internasionale toekennings wat hul e-leer-landbouplatform ontvang het.

Alzheimer se siekte 21.09.2021

Dr. Susan Coetzer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Alzheimer se siekte, en die vordering wat al gemaak is in die behandeling van dié siekte.

Atlete se skoene en hulle prestasie 21.09.2021

Voetkundige Stefan de Villiers praat oor watter impak skoene se sole op atlete se prestasie het.

Suster Barbara Damon 20.09.2021

Suster Barbara Damon is al sedert 1974 'n verpleegkundige. Sy het in 1998 besluit om haar tuiskliniek oop te maak sodat sy mense kan help wat bedags werk en die kliniek na-ure wil besoek. Gemeenskapsgesondheid was nog altyd vir haar ‘n prioriteit en passie. Haidee Muller-Isaacs het by haar tuiskliniek ingeloer om meer oor hierdie besondere mens uit te vind.

Lizelle de Wet 20.09.2021

Lizelle de Wet gesels met Martelize Brink oor haar werk as uitvoerende hoof van die Kaapstad se Vereniging vir Blindes, en die wat sy ontvang het toekenning vir die bevordering van geslagsgelykheid.

Suid-Kaap Oumotorklub Erfenistoer 20.09.2021

Mike Alexander vertel vir Martelize Brink van die Suid-Kaap Oumotorklub se negende Erfenistoer.

Dateer jou Chrome-webblaaier dadelik op 20.09.2021

Jan Vermeulen vertel vir Martelize Brink waarom mense gewaarsku word om die Chrome-webblaaier op te dateer voordat kuberkrakers toeslaan.

Bosbokkie ry fiets na sy redding 17.09.2021

In Februarie vanjaar het 'n Baaise fietsryer naby die universiteit 'n baba bosbokkie langs Marine-rylaan sien lê. Omdat die ma nêrens te sien was nie, het hy die bokkie opgetel, onder sy arm vasgehou en verder getrap om hom na veiligheid te bring. Ná sewe maande se rehabilitasie is die rammetjie, sir Mark, nou reg om in die natuur vrygelaat te word danksy die liefdevolle versorging van Marizanne K...

NFT-kriptokuns 17.09.2021

Charl Bezuidenhout vertel vir Martelize Brink van NFT-kriptokuns.

Paternoster slaan jou voete onder jou uit 17.09.2021

Van snoek en patat, tot kuns en asemrowende kusnatuurskoon - Dis wat die Weskus vissersdorpie Paternoster bied. Dit slaan behoorlik jou voete onder jou uit, sê die inkommers – soos die locals na die stadsjapies verwys.

Versoening in 'n maatskappy 17.09.2021

Izelda Swanepoel vertel hoe om versoening binne 'n maatskappy of onderneming te bevorder.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds