RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Die katte is in Johannesburg! 20.01.2026 18:45
Die musiekspel, CATS, het gehore in die Kaap bekoor, en nou is dit Johannesburg se beurt om saam met die katte te kuier. Christelle Webb-Joubert praat met die musikale regisseur, Louis Zurnamer.
PROOI/PREY by Oppiwater 20.01.2026 9:26
Regisseur Johan van der Merwe gesels oor die produksie, PROOI/PREY, wat te sien is by 2026 se Oppiwater Kunstefees.
Joburg Ballet vier 25 jaar 20.01.2026 10:34
Joburg Ballet is vanjaar 25 jaar oud. Hulle gaan dit behoorlik vier met verskeie produksies en projekte. Terrance April gesels met Dane Hurst, die artistieke direkteur van die geselskap, Nicole Ferreira-Dill, assistentchoreograaf, en Savanaah Jacobson, senior danser, oor die jaar wat voorlê.
Diane de Beer - Deel 2 20.01.2026 9:38
Christelle Webb-Joubert kuier verder saam met die kunsjoernalis en resensent, Diane de Beer. Sy vertel hoe sy by Pretoria News beland het, en haar werk as resensent.
Adriaan Fuchs nou aan stuur van Kaapstad Filharmonies 13.01.2026 11:38
Adriaan Fuchs is sedert 1 Januarie die nuwe bestuurshoof en artistieke direkteur van die Kaapstad Filharmoniese Orkes. Terrance April het met hom gesels.
Terug na Louis Trichardt 13.01.2026 7:25
Regisseur Ilne Fourie vertel vir Christelle Webb-Joubert van die eenman-komedie, Terug na Louis Trichardt.
Diane de Beer - Deel 1 13.01.2026 9:57
Joernalis Diane de Beer is een van daardie mense wat sonder veel fanfare ‘n enorme bydrae tot die kunste gelewer het. Sy was van 1981 tot 2016 by Pretoria News, en het met haar pen die wêreld van die uitvoerende kunste aan lesers bekendgestel. In die eerste deel van die gesprek gesels sy oor haar naam, grootwordjare, studies en haar eerste werk.
KKNK vier drie dekades 13.01.2026 18:25
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat van 28 Maart tot 4 April 2026 in Outshoorn plaasvind, se feesprogram is verlede jaar bekendgestel. Christelle Webb-Joubert praat met die bestuurshoof en artistieke direkteur, Hugo Theart, oor die fees wat vanjaar 30 jaar oud is.
Kaapstad Stadsballet in 2026 06.01.2026 2:22
Franci van den Berg van Kaapstad Stadsballet vertel wat alles op hulle 2026-program is.
Die bedrywige Hendrik Hofmeyr 06.01.2026 9:37
Hendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bedrywigste kontemporêre komponiste, wat al meer as 240 werke geskep het. Terrance April het met hom gesels.
Michael Garbett van Vrystaat Kunstefees 06.01.2026 14:29
Christelle Webb-Joubert gesels met Michael Garbett, die feesdirekteur van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.
Hannalie Taute: Mother Monster Stitch 06.01.2026 11:28
Kurator Karolien van Zyl vertel van Hannalie Taute se uitstalling, MOTHER. MONSTER. STITCH.
Maynardville Opelugfees 2026 06.01.2026 6:49
Die uitvoerende vervaardiger van die Maynardville Opelugfees, Jaco van Rensburg, vertel vir Christelle Webb-Joubert waarna gehore kan uitsien.
Louis Heyneman groet Kaapstad Filharmonies 30.12.2025 29:30
Louis Heyneman tree na 25 jaar uit as bestuurshoof artistieke direkteur by die Kaapstad Filharmoniese Orkes. Christelle Webb-Joubert gesels met hom oor sy loopbaan, hoogtepunte en die pad vorentoe.
Johny Klein oor oorklanking 23.12.2025 16:00
Oorklanking is nie ’n vreemde ding in Suid-Afrika nie. Dit is so oud soos die begin van televisie in die land. Dit het later op die agtergrond geskuif, veral vanweë onderskrifte. Deesdae het oorklanking weer sy glorie teruggekry, en is baie gewild. Terrance April gesels met Johny Klein, oorklankingsregisseur, oor hierdie kunsvorm.
Oppiwater 2026-feesprogram 23.12.2025 11:36
Frans Swart, feesdirekteur van die Oppiwater-kunstefees, gesels oor die program wat onlangs bekend gestel is vir die fees wat van 9 tot 14 April 2026 plaasvind.
Raai, raai, riepa! by Breytenbachgalery 16.12.2025 6:18
Anne-Ghrett Erasmus Coetzee is die kurator by die Breytenbachgalery. Sy vertel van die speelse uitstalling, Raai, raai, riepa!
Die Neutekraker by Montecasino 16.12.2025 10:32
Die Neutekraker is een van die gunstelingballette tydens die feesgety. Cape Ballet Africa voer dit op by die Teatro by Montecasino tot 28 Desember 2025. Terrance April gesels met Marcel Meyer, die kostuumontwerper, en Mia Coomber wat die rol van die sneeukoningin dans.
Gauteng Kitaarkwartet 16.12.2025 4:38
Die Gauteng Kitaarkwartet is die enigste professionele kitaarkwartet in Suid-Afrika. Hulle program sluit 'n hele reeks werke uit verskillende musiekperiodes in. Terrance April het met Nathalie Roue gesels na afloop van een van hulle konserte.
MOANA JR. in Kaapstad op die planke 09.12.2025 5:08
MOANA is ‘n bekende Disney-rolprent, wat nou op die verhoog te sien is. Amanda Bothma is ‘n konsultant vir die produksie, en vertel meer.
ALICE IN WONDERLAND by Kaapstad Stadsballet 09.12.2025 8:13
Kaapstad Stadsballet vier vanjaar hulle 92ste bestaansjaar. Om die geleentheid te gedenk het hulle die Britse choreograaf, Gerard Charles, genader om ALICE IN WONDERLAND vir hulle aan te bied.
Jonathan Pienaar ( 1962 - 2025) & Matt Stern ( 1971 - 2025) 09.12.2025 23:49
Daar word hulde gebring aan die akteur en skrywer, Jonathan Pienaar, wat op 10 November 2025 oorlede is, asook aan die akteur en sanger, Matt Stern, wat op 26 November 2025 oorlede is.
STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER by AfriForumteater 09.12.2025 6:28
Regisseur Jennifer Myburgh vertel van die kinderteaterproduksie, STOUTE KABOUTER: DIE ‘FAKE’ KERSVADER.
ROSE'D by La Motte Ateljee 09.12.2025 6:37
Nina Kruger, die kurator by La Motte Ateljee, vertel van hulle uitstalling, ROSE’D.
Joyce Carreira se lewe en kuns 02.12.2025 20:37
Christelle Webb-Joubert kuier by beeldhouer Joyce Carreira. Sy leer ken sy haar as mens en kunstenaar.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.