RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 52 27.11.2026 14:45
Xander installeer ‘n alarm in Lek My Roomys om hom teen toekomstige inbrake te waarsku. Jorrie is woedend omdat Shaun met Lienkie flankeer, en hy gee hom ‘n finale waarskwing.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 51 26.11.2026 14:48
Xander vertel vir Klara hy vermoed dat hy onder sabotasie deurgeloop het, en het ook ook ‘n gesprek met Marnus wat probeer om later die beherende aandeel in sy se roomysplek te kry.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 50 25.11.2026 14:29
Die assessore ondersoek die inbraak by Lek My Roomys, en Neels wonder of Xander genoeg versekering uitgeneem het. Dan vra hy vir Klara ‘n onverwagte vraag by God’s Window.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 49 24.11.2026 13:46
Ná die inbraak by Lek My Roomys daag die polisie op en arresteer twee booswigte. Xander moet ook polisiestasie toe gaan, en Marnus besluit om in te gryp.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 48 23.11.2026 14:50
Mawiet wil ‘n plakkaat oorkant die pad opsit om meer reklame aan Die Boskombuis te gee, maar dan is daar ‘n onverwagse wending wat haar die skok van haar lewe gee.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 47 20.11.2026 14:47
Xander en Marnus het ‘n groot uitval omdat Marnus so laag met sy vliegtuig oor Lek My Roomys gevlieg het. Mense kon seergekry het. Xander wil ‘n klag teen hom lê.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 46 19.11.2026 12:59
Jorrie het genoeg van Shaun se vlerkslepery by Lienkie gehad, en konfronteer hom. Elzebet is verheug want dit lyk of Die Boskombuis uiteindelik begin werk.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 45 18.11.2026 14:57
Jorrie is ontsteld wanneer daar blomme by Lienkie afgelewer word. Dan merk hy van wie af dit kom! Elzebet stel steeds belang om een van Marnus se erwe in die aftree-oord te koop.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 44 17.11.2026 14:46
Marnus spot Xander oor sy blou oog, en dit vererger die spanning tussen hulle. Hy herhaal dat hy eendag die hele kloof sal besit en dat niks hom sal keer nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 43 16.11.2026 14:48
Lek My Roomys, Xander se roomysplek met die fabriek agter, open. Daar is egter allerhande dramatiese onderstomings.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 42 13.11.2026 14:45
Shaun het skokkende nuus oor Sybil, wat Klara nog meer ontstel. Lienkie is omgekrap omdat Marnus haar sketse opgeskeur het, en wil bedank.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 41 12.11.2026 14:44
Klara keer terug Schoemanskloof toe. Sy is bitter ontsteld oor wat gebeur het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 40 11.11.2026 14:46
Klara kom voor ‘n doodloopstraat te staan wanneer sy haar herkoms probeer bepaal. Xander het ontstellende nuus vir haar oor sy soektog na haar herkoms.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 39 10.11.2026 14:47
Sybil erken teenoor Klara dat sy nog verlief is op Xander, en dat Klara nie reg is vir hom nie. Marnus trap Neels uit omdat hy Elzebet probeer beïnvloed oor die verkoop van haar grond en die aankoop van ‘n erf in sy aftreelandgoed.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 38 09.11.2026 14:45
Klara is bekommerd dat Xander moontlik die aand by Sybil deurgebring het, en stel ondersoek in. Jorrie laat weet vir Klara dat hy slegte nuus oor die vulstasie het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 37 06.11.2026 14:45
Klara ontmoet ‘n oudvriendin van Xander, die ekstroverte en eksentrieke losbol, Sybil, en besef dat sy Xander onderskat het en eintlik nie behoorlik ken nie... veral wanneer sy vriendin se tong losraak.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 36 05.11.2026 14:46
Xander en Klara kom in Johannesburg aan, en sy begin agterkom hoeveel jakkalsstreke hy werklik het. Marnus neem Elzebet in ‘n lugballon op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 35 04.11.2026 14:46
Xander besluit om Klara Johannesburg toe te neem sodat hulle haar herkoms kan ondersoek. Hy wil haar graag aan een van sy eksmeisies voorstel.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 34 03.11.2026 14:47
Marnus verander van persoonlikheid en terroriseer Lienkie skielik. Wanneer sy na haar kontrak kyk, besef sy sy het haar vasgeteken, en dat sy hom nooit werklik geken het nie. Haar senuwees gaan op hol.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 33 02.11.2026 14:46
Shaun is terug, en besluit om Elzebet se aanbod te aanvaar en Die Boskombuis te herontwerp en daar te werk. Daar is egter iewers ‘n speek in die wiel...
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 32 30.10.2026 14:44
Xander en Neels gaan mekaar omtrent te lyf met Klara tussenin. Sy besluit om hulle albei van haar grond te verwilder. Sy besef ook dat sy onverwags ‘n gevoel vir albei die manne het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 31 29.10.2026 14:42
Marnus is baie geduldiger met Elzebet as wat hy met Lienkie was, maar selfs Elzebet besef daar is ‘n ander kant aan Marnus wat hulle nie eintlik ken nie - ‘n ongenaakbare kant.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 30 28.10.2026 14:44
Lienkie lê haar sketse aan Marnus voor, maar ontdek ‘n baie harder man as wat sy tot dusver ontmoet het. Sy houding teenoor haar pogings verander handomkeer.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 29 27.10.2026 14:46
Marnus probeer Elzebet oortuig om die mooiste erf op sy landgoed te koop. Hy besef dat hy Elzebet sal moer leer hoe om ‘n sakeplan op te stel, anders vou Die Boskombuis weer. Hy lei haar op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 28 26.10.2026 14:47
Jorrie waarsku vir Lienkie dat die eienaar van die vulstasie haar moontlik wil dagvaar. Klara hoor weer die hipnotiserende musiek uit die kloof, en sy besluit om te gaan kyk presies waar dit vandaan kom.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.