RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Die gebed van 'n halfmens by KKNK 03.03.2026 7:17
Die dramaturg en regisseur, Nicola Hanekom, vertel van haar nuwe plekspesifieke stuk by die KKNK, Die gebed van ‘n halfmens.
Fluitis Cobus du Toit in SA 03.03.2026 10:08
Cobus du Toit is een van Suid-Afrika se voorste fluitspelers, wat hoofsaaklik in Amerika werk en woon. Hy is tans in die land te sien in 'n reeks konserte. Terrance April het met hom gesels.
Margit Meyer-Rodenbeck by KKNK 03.03.2026 6:29
Margit Meyer-Rodenbeck is te sien in OUMA EN DIE OU KOEIE en RONDOMTALIE by vanjaar se KKNK.
Christiaan Diedericks - Deel 2 24.02.2026 8:07
Christelle Webb-Joubert het vir Ilana Maree gevra om oor Christiaan Diedericks se kunsnalatenskap en sy druktegniek te gesels. Ilana is ‘n visuele kunsopvoeder by die kunssentrum, PJ Olivier, in Stellenbosch. Sy bied die praktiese vak, drukkuns, daar aan.
Maart-produksies by Afriforumteater 24.02.2026 6:08
Marnè Jooste, bemarking- en kommunikasiebeampte van die Afriforumteater, vertel wat alles in Maart te sien is by die teater.
Play Things 24.02.2026 6:56
Cailyb Prinsloo van Spark in the Dark verduidelik wat Play Things is, en wat gehore kan verwag.
Christiaan Diedericks - Deel 1 24.02.2026 12:46
Christiaan Diedericks, wat in 2025 oorlede is, se lewe en werk word gevier by die Breytenbach-galery op Wellington. Christelle Webb-Joubert het met sy vriendin, Aretha du Rand, gesels.
Johannesburg Filharmonies se eerste 2026-seisoen 24.02.2026 10:57
Dit is weer tyd vir die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se eerste konsertseisoen van die jaar. Terrance April gesels met Magdalena de Vries, perkussiespesialis oor die verskillende werke wat uitgevoer sal word.
F*k jou in my Spaceship 17.02.2026 7:53
Die Dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch se volgende produksie, Fok jou in my Spaceship, open einde Februarie. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur, André Gerber.
DIE ANDER DOGTER by KKNK 17.02.2026 21:23
Die toneelstuk, Die ander dogter, sou by 2025 se Woordfees debuteer, maar weens onvoorsiene omstandighede kon dit nie open nie. Die produksie debuteer wel by vanjaar se KKNK in Oudtshoorn. Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Naomi Morgan oor die boek waarop die stuk geskoei is, en wat sy uit Frans uit vertaal het.
Liewe Heksie Word Gescam by die KKNK 17.02.2026 6:50
Liewe Heksie Word Gescam is te sien by die KKNK. Margit Meyer-Rodenbeck wat die stuk geskryf het en die regie behartig, vertel meer.
THE FIREBIRD/DIE VUURVOËL 17.02.2026 10:43
THE FIREBIRD/DIE VUURVOËL is 'n klassieke ballet wat in 1911 geskep is, op musiek van Igor Stravinski. 'n Splinternuwe kontemporêre weergawe van die werk word in Kaapstad opgevoer. Een van die uitstaande kenmerke van die werk is die poppe wat gebruiik word. Terrance April gesels met Janni Younge oor die produksie.
Annie+Helen 10.02.2026 14:45
Die veelbekroonde ANNIE+HELEN is te sien in Pretoria. Christelle Webb-Joubert gesels met die dramaturg en regisseur, Hennie van Greunen, asook met Judi Hattingh, wat die rol van Helen vertolk.
Franschhoek Kamermusiekfees 2026 10.02.2026 11:16
Die artistieke direkteur van die Franschhoek Kamermusiekfees, Peter Martens, vertel van die tien konserte by vanjaar se fees, wat plaasvind van 12 tot 15 Februarie.
Mzansi Chamber Music Collective 2026 10.02.2026 8:08
Mzansi Chamber Music Collective is 'n organisasie wat kamermusiek bevorder, met die aanbied van talle konserte waar plaaslike kunstenaars kan optree. Terrance April gesels met Francois Combrinck oor die verskillende konserte in die eerste helfte van die jaar.
Vrou ens. 1.2 10.02.2026 5:49
Die aktrise Mandri Sutherland vertel van haar eenvrouvertoning, Vrou ens. 1.2
Louis Zurnamer se musiekwêreld 03.02.2026 17:19
Die musiekspel, CATS, is tans te sien by Montecasino in Johannesburg. Christelle Webb-Joubert praat met musiekregisseur Louis Zurnamer oor sy werk en lewe.
Kaapstad Opera in 2026 03.02.2026 9:14
Die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar, vertel wat hulle vir 2026 beplan.
Diane de Beer - Deel 4 03.02.2026 7:03
Christelle Webb-Joubert kuier vir die laaste keer saam met die kunsjoernalis en resensent, Diane de Beer. Diane vertel wat haar ontstel, en wat sy nog sou wou doen.
SA Internasionale Balletkompetisie 2026 03.02.2026 10:05
Die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie word vanjaar vir die 17de keer aangebied. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, bestuurshoof van Mzansi Ballet, wat ook die organiseerder is van dié ballethoogtepunt vir talle jong dansers.
Akrasia 27.01.2026 5:12
Skrywer en regisseur Kristen Fichard vertel vir Christelle Webb-Joubert van die tragi-komedie, Akrasia.
Diane de Beer - Deel 3 27.01.2026 11:55
In die derde deel van die gesprek met kunsjoernalis en resensent Diane de Beer, ptaat sy oor haar blog en haar man Dries de Beer.
Nobody Told Me by Theatre on the Square 27.01.2026 10:06
NOBODY TOLD ME, 'n nuwe drama deur Luc Albinski, open 28 Januarie 2026 by Theatre on the Square in Sandton. Terrance April het met Liezl de Kock gesels, wat die hoofrol in die verhoogwerk vertolk.
S. le Roux Marais - 130 jaar-konsert 27.01.2026 5:10
Die tenoor en organiseerder Coert Grobbelaar vertel van ‘n konsert ter ere van die komponis, S. le Roux Marais.
Dana Snyman se SEUN by Oppiwater 27.01.2026 11:25
Die Oppiwater Kunstefees vind plaas van 9 tot 14 April 2026. Daar is meer as 40 Afrikaanse teaterproduksies waaruit gaste kan kies, soos Dana Snyman se memoire, SEUN, wat verwerk is vir die verhoog. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur Nico Scheepers.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.