RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Forfatter

RSG

Kategori

Business

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

5. jul 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android 5 mill.+ nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Rand en sent: Skole se addisionele fondsinsameling 05.07.2026

5 Julie 2026: Met die regering se onderwysbegroting wat jaarliks besnoei word, en duisende openbare skole wat finansieel sukkel, het addisionele fondsinsameling ‘n belangrike deel van skole se volhoubaarheidsmodel geword. Tog is daar duisende skole wat geen fondsinsamelings doen nie. Jody Hendricks praat hieroor met Riaan van der Berg van FEDSAS.

Rand en sent: Die uitdagings vir SA se ekonomie 28.06.2026

28 Junie 2026: Dr. Roelof Botha, ’n ekonoom, praat oor die uitdagings vir Suid-Afrika se ekonomie, en oor sy seun, Roelof Botha jnr, wat op 16 Junie vanjaar op die SpaceX-raad aangestel is.

Rand en sent: Aftrede 21.06.2026

21 Junie 2026: Aftrede is die einde van jou aktiewe werkslewe. Jody Hendricks praat met ‘n kenner oor die faktore wat jy moet oorweeg voordat jy besluit of aftrede die regte keuse vir jou is.

Rand en sent: Regering slaan toe op ongedokumenteerde werkers 14.06.2026

14 Junie 2026: President Cyril Ramaphosa sê daar sal 10 000 nuwe arbeidsinspekteurs aangestel word om werkgewers te ondersoek, en te verseker dat slegs gedokumenteerde werknemers in hulle diens is. Jody Hendricks praat hieroo met ‘n arbeidskenner.

Rand en sent: Beskerm jouself finansieel teen natuurrampe 07.06.2026

7 Junie 2026: Swaar reën het weer groot gedeeltes van die Wes- en Oos-Kaap getref, terwyl baie gebiede nog herstel van die stormsterk reën en wind wat van die gebiede in Mei getref het. Jody Hendricks praat met finansiële raadgewer Yolanda Botha oor hoe jy jouself finansieel kan beskerm indien ‘n natuurramp jou huishouding sou tref.

Rand en sent: Die gebruik van KI deur finansiële adviseurs 31.05.2026

31 Mei 2026: Jody Hendricks praat met Duane Nienaber oor die gebruik van kunsmatige inteligensie deur finansiële adviseurs, en hoe dit jou geldsake kan beinvloed.

Rand en sent: Stygende brandstofpryse 24.05.2026

24 Mei 2026: Jody Hendricks praat met ekonoom Hassan Essop oor die impak van stygende brandstofprys op die ekonomie.

Rand en sent 17 Mei 2026 17.05.2026

Jody Hendricks praat met Steven Peterson oor die Wysingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes. Wat staan werkgewers te doen indien ‘n werknemer aan diens beseer word?

Rand en sent 10 Mei 2026 10.05.2026

Jody Hendricks kyk na die finansiële aspekte waarmee ma’s sukkel in die tawwe ekonomiese tye.

Rand en sent 3 Mei 2026 03.05.2026

Baie Suid-Afrikaners sukkel om met die stygende lewenskoste by te bly. ‘n Salaris is eenvoudig nie meer genoeg nie. Jody Hendricks praat met ‘n finansiële adviseur oor hoe om jou inkomste te diversifiseer.

Rand en sent 26 April 2026 26.04.2026

Die Reserwebank sê hy het nog inligting nodig om te bepaal hoe die oorlog in die Midde-Ooste die land se ekonomiese groeivooruitsigte sal raak. Die Suid-Afrikanse ekonomie sukkel sedert die konflik begin het, en dit is veral landsburgers wat sukkel om kop bo water te hou. Jody Hendricks hoor hoe jy jou finanies beter kan bestuur in tawwe ekonomiese tye.

Rand en sent 19 April 2026 19.04.2026

Die Wes-Kaap se minister van finansies, Deidre Baartman, sê hulle teiken is om die provinsie se ekonomie tot R1 triljoen te groei teen 2035. Sy verduidelik hoe sy die provinsie se finansies bestuur.

Rand en sent 12 April 2026 12.04.2026

Daar is baie faktore wat entrepreneurs in gedagte moet hou, soos die saamstel van ’n sakeplan, marknavorsing, die registrasie van die onderneming en wat die belastingimplikasies is. Jody Hendricks praat met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Weskaap, oor die slaggate waarvoor nuwe entrepreneurs op die uitkyk moet wees.

Rand en sent 5 April 2026 05.04.2026

Weet jy hoe die waarde van jou eiendom bepaal word, en hoe dit die vlak van jou erfbelasting beïnvloed? Jody Hendricks praat oor waardasies van eiendom en die belasting wat jy daarop betaal.

Rand en sent 29 Maart 2026 29.03.2026

Die skerp styging in die olieprys sal deurwerk na die Suid-Afrikaanse ekonomie, hoofsaaklik deur die negatiewe impak van ’n skerp styging in die brandstofprys. Jody Hendricks praat met ekonoom Christie Viljoen oor die ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika as die brandstof se prysstyging meer as inflasie is.

Rand en sent 22 Maart 2026 22.03.2026

Die konflik in die Midde-Ooste het nie net ‘n direkte invloed op die lande in daardie streek nie, maar het ook grootskaalse implikasies vir wêreldwye voedselveiligheid. Die voortdurende konflik en geopolitieke spanning beïnvloed verskeie aspekte van landbou, ook hier aan die suidpunt van Afrika. Jody Hendricks praat met Jannie Strydom, bestuurshoof van AGRI Wes-Kaap, oor die ekonomiese gevolge vir...

Rand en sent 15 Maart 2026 15.03.2026

Die skerp styging in die olieprys ná die afgelope tyd se aanvalle deur die VSA en Israel op Iran, en Iran se daaropvolgende aanvalle op teikens in verskeie lande in die Midde-Ooste, sal deurwerk na die Suid-Afrikaanse ekonomie. Jody Hendricks praat met ekonoom Johan Els oor die ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika as gevolg van die konflik.

Rand en sent 8 Maart 2026 08.03.2026

Die 2026-nasionale begroting word beskou as positief vir die ekonomie, met verwagtinge van verdere rentekoersverlagings en belastingverligting, wat kleinsakeondernemings (KSO's) kan ondersteun. KSO's met 'n omset van tot R20 miljoen kan kwalifiseer vir verminderde inkomstebelastingkoerse, terwyl mikro-ondernemings met 'n omset van R1 miljoen of minder van omsetbelasting gebruik kan maak. Jody Hend...

Rand en sent 1 Maart 2026 01.03.2026

Die tweepot-aftreestelsel is ‘n hervorming wat lede toelaat om gedeeltelike onttrekkings uit hulle aftreefondse te maak voor aftrede, terwyl ‘n gedeelte behou word wat slegs by aftrede beskikbaar is. Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds verduidelik hoe dit hulle lede raak.

Rand en sent 22 Februarie 2026 22.02.2026

Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) het ‘n selfdiens-webstelsel en toep bekendgestel om sy lede toegang gee tot en opdatering van hulle inligting, asook om pensioen- of ander verwante voordele en eise op te spoor. Omelia Hartzenberg vertel van die nuwe selfdiensportaal.

Rand en sent 15 Februarie 2026 15.02.2026

Die jaarlikse verhoging in pensioene by die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) bestaan uit vier elemente, soos uiteengesit in die GEPF se verhogingsbeleid. Omelia Hartzenberg van die GEPF verduidelik hoe pensioenverhogings bepaal word.

Rand en sent 8 Februarie 2026 08.02.2026

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) verduidelik wanneer iemand kwalifiseer vir ’n gadepensioen.

Rand en sent 1 Februarie 2026 01.02.2026

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die verandering van die egskeidingsreël vir GEPF-lede.

Rand en sent 25 Januarie 2026 25.01.2026

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die opdatering van persoonlike inligting en nominasievorms.

Rand en sent 18 Januarie 2026 18.01.2026

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor kinder-pensioenuitbetalings en die geskiktheid en voordeeltydperk hiervan.

Hør på podkasten Rand en sent i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.